Superpower or Superflaw?

Oftewel Superkrag of superfout – jy besluit

Hierdie week se lê-jou eier het my nogal laat dink:  Wat doen ek beter as meeste?Ekke het vier superkragte (foute)

Gebruik daai fok-woord elke dag:  Dit gaan saam met sê dit soos dit is.  Reguit was nog nooit vir my ‘n problem nie, en wie-ookal besluit het fok is ‘n vloekwoord, het duidelik nie geweet waarvan hy praat nie.  Dis dan so lekker woord wat vir alles gebruik kan word.  (Ek gebruik darem nooit “Fok jou” nie, maar my rekenaar hoor gedurig Fok!!! wanneer hy dink vir ure en dan blou skerms vir my gooi.)

Die woord “fok” – Dis ‘n wonderbaarlike woord wat deur sy klank alleen dinge soos pyn, plesier, liefde en haat beskryf. Die woord “fok” kan ook in ‘n klomp grammatikale kontekste gebruik word soos:

1. Groete: Hoe de fok gaan dit met jou?
2. Opdrag: Kyk fokken voor jou!
3. Opgee: Ag nee, fokkit!
4. Moeilikheid: Nou’s ons gefok!
5. Aggressie: Fok jou!
6. Afguns: Fok my!
7. Verwarring: Wat de fok…?
8. Sukkel: Ek fokken verstaan dit nie?
9. Wanhoop: Fokkit tog…
10. Admirasie: Dis befok?
11. Misnoë: Wat de fok gaan hier aan?
12. Verlore: Waar de fok is ons?
13. Ongeloof: OngeFokkenlooflik!
14. Retaliasie: Jou fokken gat man!
15. Ontkenning: Ek weet van fokkol…!
16. Pyn: Eina Fok!
17. Onsimpatiek: Wie gee ‘n fok om?
18. Suspisie: Wie de fok is jy?
19. Paniek: Maak dat julle fokken wegkom!
20. Aanwysings: Fok weg!
21. Teenstand: Not ‘n fok!
22. Ontkenning: Daar’s nie ‘n fokken manier nie…!!!

Hoop jy het ‘n FOKKEN lekker dag!!!

(Dankie Gauteng Tarantulas)

Nou die snaakste wat ek hom al gebruik het was eendag in ‘n vergadering met ‘n paar Pommies wat een-of-ander stelsel aan ons probeer verkoop het.  Vra hulle vir my: “And what is this company’s policy regarding change management?” en my hooggeleerde antwoord, “We use FIFO here”, ja sê hulle, hulle ken FIFO, First-in, First-out.  Nee sê ekke, Fit in or fuck off.  Ampertjies van hulle stoele af geval, shame.

Rasionalisering: Nou ja ek kan omtrent enige-iets vir myself en vir ander uitklaar en gebruik gereeld die woorde: “is soos”.  Net nourie dag kla een van my vriende oor die begin-stadium van ‘n verhouding, daai stadium waar jy nou al klaar besluit het hier is potensiaal en dan moet julle nou deur daai reëls-neerlê stadium kom.  Nou my vergelyking is dat ‘n verhouding is soos ‘n projek:

Project stages

  1. Identifiseer potensiële maats.  In ‘n projek evalueer jy verskillende verskaffers, in ‘n verhouding, vuisboek-stalk jy, date ‘n paar en besluit dan op een (hopelik)
  2. Beplan.  In ‘n projek doen jy al die neerskryf van presies wat jy wil hê en kry ‘n projek-plan bymekaar.  In ‘n verhouding is hierdie waar julle mekaar se geite en grille leer ken, die reëls neerlê en beplan vir ‘n toekoms (of nie)
  3. Uitvoer.  In ‘n projek is hierdie waar die laat aande gewerk word om die plan in iets te omskep.  In ‘n verhouding is hierdie die saambly of trou gedeelte.
  4. Sluit.  In ‘n projek is hierdie die afsluiting waar ‘n partytjie gehou word, maar in ‘n verhouding is dit die end van die prent, gewoonlik gepaardgaande met trane.

Ek kan hierdie met omtrent enige-iets doen, veral as dit by nie-tasbare goeters kom, soos gevoelens dan kan ek dit maklik omskakel in iets wat vir my sin maak.

Respek: Ekke het ‘n groot problem met die een.  Ek behandel alle mense dieselfde, so of jy nou die CEO of die skoonmaker is, ek behandel jou presies dieselfde, jy kry nie respek as gevolg van jou posisie nie.  Ek “sien” nie titels nie en daai ouens wat dink hulle gaan my impress met fênsie jobtitles of karre of wat ook al, kry dit nooit reg nie.  Dis natuurlik glad nie goed vir kantoor-politiek nie, sorg ook vir gereelde kopstamp met base wanneer ons nie saamstem oor iets nie.  Maar dit werk goed vir mense wat aan my rapporteer.  Hulle weet dat hulle nie ‘n baas het nie, maar ‘n persoon wat saam met hulle werk en hulle belange op die hart dra.  Almal weet ook dat mans soek respek en vrouens liefde, so in my persoonlike lewe sukkel ek daarmee om my man te respekteer, veral wanneer hy foute maak.

Uitstel (Procrastination): Nou ja die laaste van my supermagte beteken dat ek alles altyd uitstel tot op die laaste nippertjie, soos om hierdie blog te pos.  Ek werk blykbaar beter onder druk, maar dit is ook ‘n oorsaak van spanning in myself en met ander mense.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

 

 

15 thoughts on “Superpower or Superflaw?

  1. Dit is jou blog en jou lewe. Dit is so dat mens in “pragtige” Afrikaans meer venynig kan wees indien sogenaamde kras woorde gebruik word. Ek het nogal geglimlag oor jou fifo. By ons werk sal jy dalk in die moeilikheid wees daaroor – nie oor die taalgebruik maar oor die sogenaamde gesindheid wat dit weerspieel. In die weermag het ek die f woord oordadig gebruik en dit is soos jy noem, dit kan omtrent in enige grammatikale konteks gebruik word. Maar dit was ook in die weermag dat ek besef het ek verleer Afrikaans. My bywoorde en byvoeglike naamwoorde raak te f een-dimensioneel. En daar het ek daar het ek die 6de letter van die alfabet vir my minder belangrik geraak. Maar dit is ek niks f*out met jou taal nie

    Liked by 2 people

  2. Lekker gelees, FOK vlooi ook baie gemaklik oor my lippe, wens dit was anders maar dis nou hoe dit is….
    Lekker lag ek vir jou project life cycle – ek het juis die jaar projekbestuur gedoen – oulik uiteengesit.
    Mag jy n befokte naweek he!

    Liked by 1 person

  3. Pingback: Uuurrrrghhh | Wegkruipertjie

Leave a reply to ekmyselff Cancel reply