Leef

Bak uitlek wanneer daar koek gebak word, was nog altyd vir my ‘n groter genot as die koek wat gebak is.   Ek dink dis nogal in my lewe ook so, die reis is belangriker as die eindbestemming.  Wat is my eindbestemming?  In werk, seker aftrede?  In liefde, seker saam oud wees.  In geloof, seker die hemel.  Maar tot ek daar is wil ek die bak-uitlek oomblikke geniet, elkeen van hulle.

Oor net bietjie meer as 2 weke, gaan ek en G op ‘n roadtrip en ek tel soos ‘n kind die slapies af.  Op die stadium los ek al die beplanning aan hom oor, want hy weier dat ek help.  Dis nogal vrek frustrerend vir ‘n kontrole-frats soos ek, om terug te sit en iemand anders aan die stuur te los.  Whoosa, haal asem en vertrou dat die belangrikste goed wel gedoen en gepak gaan word, whoosa.  Lek die bak uit, geniet die reis.

Ons reisplan word ook in sy hande gelos, 6 dae in Botswana, 2 dae by Victoria-valle, Kersfees by familie in Zim en dan terug huis toe.  Ek was nog nooit in Botswana of Zimbabwe nie en sien uit om die nuwe kultuur en natuur te trotseer met my kamera en die man vir wie ek elke dag al hoe liewer word.  2 Weke saam, elke dag, net op mekaar aangewese vir geselskap, gaan ook maak of breek wees.  Whoosa, haal asem en weet dat alles uitwerk soos dit moet, whoosa.  Lek die bak, geniet die reis.

Goed wat ek nog graag in my lewe wil doen fokus meestal op my vrese.  Ek is vreeslik bang vir hoogtes, so ek dink om te bungee, sky-dive of om valskerm te spring sal daardie vrees oorkom.  Ek beter dit ook doen voordat ek so oud word, dat ‘n hart-aanval nie deel word van die hoogtevrees-oorkom pakket nie.

Dan sal ek graag die wêreld wil sien.  Nie die toeriste, mooi-broodjie gedeeltes nie, nee ek wil voel hoe mense regtig leef.  Indië, Tibet, die Ooste.  Ons het so 10 jaar terug vir ‘n week by my tannie-hulle in Nederland gekuier en dit was vir my asof ‘n ander wêreld aan my bekend gestel is.  Dis definitief anders om saam met mense te leef, as om in ‘n hotel te bly en heeltyd in restaurante te eet.  Maar om dit te kan doen, het ek tyd nodig en ‘n bietjie geld.

Vir nou, wil ek net eers weer myself word.  Hierdie nuwe persoon wat ek geforseer was om te word, beter leer ken.  Die man in my lewe beter leer ken.  Normaliseer.  Besluit oor ‘n toekoms.  Minder fokus op die eindbestemming en meer op die reis.

Leef, lek die bak uit, whoosa, haal asem.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=751225

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).th

You are

G – you are for me
The person with whom I had an immediate connection the moment we met – a connection so strong that I am drawn to you in a way I have never experienced before.
As this connection develops over time, I experience a love so deep, strong and complex, that I begin to doubt that I have ever truly loved anyone prior.
You understand and connect with me in every way and on every level, which brings a sense of peace, calmness and happiness when I am around you.
And when I am not around you, I am all that much more aware of the harshness of life, and how bonding with you in this way, is the most significant and satisfying thing I will experience in my lifetime.
I am also all that much more aware of the beauty in life, because I have been given a great gift and will always be thankful.

Oumas

Het die rol van ouma-wees verander?  My eie oumas onthou ek as net maar vaag bekende persone wat geen werklike rol in my kinderlewe gespeel het nie.  My Afrikaanse ouma (my ma se ma) is vroeg reeds oorlede en ek kan haar omtrent glad nei onthou nie.  My Hollandse ouma is eers so 10 jaar terug oorlede, maar sy het sedert my oupa se dood in 1980, weer in Nederland gebly.  Met die gevolg dat ons haar so een keer elke tweede jaar of so vir ‘n week gesien het.  Dit het natuurlik ook nie gehelp dat my ma en pa geskei was nie.  Ek onthou wel dat sy glad nie Engels kon praat nie, so die tv moes altyd op Afrikaanse kanale wees, sy het ook geglo dat tv sleg was vir kinders, so ons mag net nuus + een program per dag gekyk het, tydens haar kuiers.  Ons het so Siamese kat gehad op daai stadium (Musti) en soos katte nou maar is, het sy presies geweet dat my ouma haar nie kon verdra nie, so ons gewoonlik afsydige kat, het geskuur en geprrr vir ‘n vale teen ouma.

My eie kinders het ‘n total ander belewenis van hulle oumas gehad.  Omdat ons almal in Klerksdorp gebly het toe hulle heel klein was, het hulle baie gereeld altwee hulle oumas gesien.  Oumas het meer tyd en geduld gehad, so hulle band is baie heg.  Vandag nog steeds, al is hulle altwee getroud en het hulle eie dogtertjies.

En dan ek.  Ek kan nie wag dat die twee ‘n klein bietjie groter word nie.  Die oudste enetjie lag en gesels (we brabbel) al klaar en die jongste is ‘n klein soenertjie op 6 maande.  Hulle word so vining groot.  Het al klaar elkeen hulle eie persoonlikheid.  Z (nou 8.5 maande), leopard-crawl die hele plek vol, ek is seker did omdat haar lyfie te swaar is vir haar armpies.  M (nou 6 maande), rol te oulik om vanaf haar magie.  Sy is gebore met ‘n hele bos haartjies en het al die eerste haarsny gehad.  Ag did wonderlik hoe die klein mensies so diep-diep in mens se hart kom nes maak.  ‘n Heeltemal ander liefde as wat jy vir jou eie kinders het.

 

Jump

After the declaration of “We’re taking it slow”, we changed our relationship status on Vleisboek on Friday, after 3 short weeks and only 3 official dates (the 1st was only a meet-ride-breakfast turned into lunch/drinks, kinda thing)  Friday we went to see Kalahari-orkes and I stayed, to be returned home on Sunday night.  2 Days in the same clothes, the 3rd in clothes borrowed from his daughter, spent at the toy run, at the pub with his friends and later dinner.  Crazy, crazy, we finally parted ways this morning after a 62hour long date and even crazier, seeing each other again tonight.  For the 1st time I understand why a honeymoon is important, time spent together, getting to know one another, I also understand the honeymoon phase will at some stage be over, but I hope the love in his eyes will never fade away after the moon is replaced by bright sunlight shining into dark spots.

To see yourself through someone else’s eyes.  When he looks at me, I see something different than the image that reflects back at me in my mirror.  I see a person that is desirable and not only for the way I look, someone that is a better version of myself.  I truly hope I can live up to the version of me, he sees.  There is no such thing as perfection, I know he’s not, he knows I’m not.  And the fact that he likes my imperfections, truly astonishes me, more than he knows.

My arms are stiff this morning, from holding on to him when we did the toy run yesterday.  Strange how I said I would never get on the back of a bike again, but jumped on behind him, without hesitation.  Strange how he said we’re taking things slow and he jumped into a relationship, without hesitation.  Jumping seems to be our thing.

Spoke en stories

Ek glo nie in spoke nie, daarshy ek het dit gesê.  Ek raak ook nie sommer bang vir die stories nie, so ek kan hulle nie onthou nie.  Ek het gaan oplees oor wat nou eintlik in ‘n goeie spookstorie moet wees en op die volgende oulike artikel afgekom: http://www.witf.org/food-travel-central-pa/2013/10/conjuring-creepy-elements-a-recipe-for-the-perfect-ghost-story.php, maar vandag wil ek ‘n heel ander storie vertel:

Laat aand sit sy en staar na haar foon, sy het nou al 4 WhatsApp boodskappe gestuur en sy kan sien sy status is “online”, maar daar kom net niks terug nie.  Die onsekerheid vreet haar op.  Met wie anders is hy besig om te gesels en hoekom wil hy nie met haar praat nie.  Alles het dan so goed gegaan.  Die prentjies van trourokke en -koeke is uitgesny en geplak in haar scrapbook, die datum moet nog net gefinaliseer word.  Sal sy nog ‘n laaste boodskap stuur? Sy besluit om die hartjie, soentjie en slap emoji’s saam te stuur en hoop hy verstaan die onderliggende boodskap.  Vir nog ‘n half-uur staar sy en nog steeds geen antwoord.  Sy besluit om maar te gaan slaap.

Volgende oggend gryp sy met dik geslaapte oë en lomp vingers eerste ding na haar foon.  Sekerlik het hy nou al terug geantwoord?  Niks.  Sy stuur ‘n goeie môre-prentjie en kyk angstig uit vir ‘n teken dat hy dit wel gekry het.  Twee blou regmerkies beteken hy het dit gelees, sekerlik nou………  Sy gaan klim in die bad, foon nog steeds in die hand, laat amper die ding in die bad val.  Steeds niks.  Sy raak besig met gesig-opplak, aantrek, honde voer, broodjies pak.  Steeds niks.  Sy gryp haar rekenaar en klim in die kar.  By die werk gekom gaan kyk sy gou na sy vuisboek status.  Ja-nee hy het darem iets op sy muur geskryf, net niks vir haar nie.  Deur die besige dag kyk sy gereeld op haar foon.  Steeds niks.  Vannaand gaan sy huis toe, maak aandete vir 1, kyk tv.  Steeds niks.  Die vrae maal rond in haar kop, hulle het dan so goed oor die weg gekom, vir mekaar ‘n paar stoute fotos gestuur en als, wat gaan aan?

Vir die volgende drie dae, kyk sy gereeld na haar foon terwyl die hoop al hoe yler word.  Die prentjies van die koek sal maar net ‘n prentjie bly, sy sal die afspraak by die rokmaker moet kanselleer.  En daai geld wat sy vir hom gestuur het, sodat hy sy vliegkaartjie kan koop, kan sy nou maar ook afskryf.  Hulle sal nooit ontmoet nie.

The act of suddenly ceasing all communication with someone the subject is dating, but no longer wishes to date. This is done in hopes that the ghostee will just “get the hint” and leave the subject alone, as opposed to the subject simply telling them he/she is no longer interested. Ghosting is not specific to a certain gender and is closely related to the subject’s maturity and communication skills. Many attempt to justify ghosting as a way to cease dating the ghostee without hurting their feelings, but it in fact proves the subject is thinking more of themselves, as ghosting often creates more confusion for the ghostee than if the subject kindly stated how he/she feels.
ghosting

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

What a difference a day makes

Today, in the early hours of this morning, the man that I can see forever with, told me he loved me.  And the feeling is reciprocated.  Yes, I know we said we wouldn’t jump.  Yes, I know it’s still early days.  Yes, my stomach is still turning because it is all so new and fresh.  But I’m so happy, I want to sing, dance, make cartwheels, howl at the moon and smell the flowers, ALL AT ONCE.  And this, after I told him a little bit about my sordid past.  Wow.  I didn’t know someone like this existed.  No he isn’t perfect, but neither am I.  So it started with me blowing him away by telling him I want to visit him in Lephalale, which is 318km away from where I am.  It took some planning, but yesterday at 15h30 I left the office and started the journey.  I arrived about 3.5 hours later (after getting a speeding fine, haha), he met me at the gate, told me him and his colleagues were having a drink and asked if I want to join them.  When we walked in, all his friends knew who I was because he obviously told them.  That touched my heart more than any words could ever have achieved.  Telling people who is important in his life, about me, means something.  We had a few drinks and then had dinner.  Afterwards we took a walk through the grounds, saw a few buck and kissed under the stars.  By this time it was already past 12, hence “today”

In just over 4 months, the only communication with the X was via e-mail.  And then very formal one liners discussing the car that is still in my name, but that he pays for.  When he resigned his previous job, he had to get a new cellphone and I didn’t have his number.  For me this was better as I couldn’t look at WhatsApp profile pics of the X and new GF, without crying.  Then earlier today, I get a call, “Hallo, could you please get a new settlement letter for the Amarok, as the previous letter has expired”  And I thought it was the dealership that bought the car, phoning me.  Just as I was about to ask for an e-mail address, the man on the other end continued talking and I realised it was the X, simply because he called me “baby” by accident.  Through this incident, I have finally realised that I’m truly over the X.  I’ve buried the photos, read the declaration, forgiven him, but today was the day that I finally could let go.  Not forget, just let go and let be.

Today is a good day, a very good day, a smiley face good day.

 

Stem in my kop

Die date was great en die eerste soen was asembenewend lekker. Ons het weer soos laas ure en ure omgepraat. Daar is regtig die keer ‘n konneksie.

Nou siende dat ek nogal gereeld my dinkwerk in die bad doen, lê ek vanoggend en dink: Ek moet seker met hom praat oor die afgelope 9 maande se shenanigans? Nou wat sal ek sê? En dan is hy nog Engels ook, so ek beter my gedagtes agter mekaar kry. Ek dink dit sal iets wees soos:

You know I’ve now been divorced for 9 months? And it has certainly been a time of growth for me, but being single for the 1st time in my life was also challenging. I told the 1st guy I dated that I don’t do sex without love and he bolted, the next convinced me that we were both adults, but ran shortly after the act was completed. From there on in I basically decided not to ever get my heart involved. For the longest time I used sex (and by implication men) to get a relationship, keep a relationship, as a power tool and as a way to prove to myself that I’m still desirable. I used the sex test to determine if a guy is good enough for a relationship but if they let themselves be seduced, I immediately lost all respect and not long and it would be over. With you it’s different, I actually want to wait. I know already that this is going to be long term and I don’t want you to love me, because we’re having sex. I want you to have sex with me because you love me. And that it wouldn’t matter if it’s good or bad (good would be a bonus) we’ll continue to have sex because we love each other. So until we know that we love each other unconditionally, no sex.

Ek dink dis wat ek wil sê en hoe. Nou moet hy net hier uitkom sodat die draaie in my maag kan bedaar. Wag, hy’s hier

Bersie in die somer

Wtf gaan aan met die weer?  Ek sit hier en bibber met ‘n kombers om my skouers, omdat ek weer vergeet het om ‘n baadjie saam te bring werk toe.  Dit voel soos winter hier in Gauteng.  Eish.

En waddefok soek ek in elk geval half sewe op ‘n Vrydag nog by die werk?  Toe maar ek weet ook nie.  Die rekenaar se tolletjie draai en draai en dit lyk nie eintlik of iets vreeslik aan die gebeur is nie.

Op ‘n vroliker noot, date 2 met G gebeur vannaand, so jippee ek kan nie wag om hom te sien nie.  Hy werk mos 318km weg van hier die hele week.  Nou moet ek myself net soos ‘n soet dogtertjie prober gedra, met vlinders in die maag en al.  Did mos veronderstel om die man te wees wat die jagwerk doen.   Ek dink ek is ‘n undercover man.  Hy het dit mos nou heel duidelik gestel dat soen nog nie gaan gebeur nie.  Eish weer

Soen – o daai lieflike gevoel wat mens kry waar jou tone omkrul, jou oë vanself toegaan en jy weggevoer word na plekke waar voëltjies sing, sagte musiek speel en tyd stilstaan.  Nou ek weet nie wat ander mense doen om te “oefen” vir die eerste keer nie, maar my plan was die bad se krane.  Klim terug op jou stoel, die bad se krane.  Ek het mos op ‘n myndorp grootgeword, so die baddens het nog daai ou tipe (gewone) krane ingehad, nie vandag se fênsie mixer gedoentes nie.  So dan het ek my oë toegemaak en my lippe so om die kraan gevou en my tong net so half-en-half in die spuit-gedeelte ingesteek, dan my lippe soos ‘n vis-bek getuit en beweeg.

Ek onthou nog my eerste mens-soen.  Mickey was die kêrel se naam en hy was ‘n jaar ouer as ek, ‘n hunk wat my knieë lam gemaak het.  Ek was in standerd 6, gevlegselde hare en groot oë en Mickey het my saamgevra na ‘n skoolsokkie toe.  Op ‘n stadium het ons uitgestap om te gaan koeldrank koop en hy trek my toe so tussen 2 mure in.  Sy mond kom nader na myne en ek kan die afwagting in my kop voel bruis.  Dit voel asof alles in slow-motion gebeur.  My oë gaan toe en ek wag vir die eerste French-kiss van my lewe.  Sy lippe raak aan myne……. En toe trek hy weg, vat my hand en stap nonchalant verder tot by die snoepie.  Hy het duidelik nie goed genoeg op die badkrane geoefen nie.

Lag

Ons is darem maar ‘n snaakse nasie, die oomblik as iets gebeur, en beter nog as dit ‘n ramp is, dan kom die meme’s en die videos en die grappies uit.  Dan lag ons weer.

Die ou enetjie doen nou weer die rondte.

 

Uuurrrrghhh

Ja-nee so kyk almal op hulle neuse, ek meeste van almal en meer gereeld ook.  Die weeklikse opdrag oor Superpowers, het my mos oor rationalisering laat skryf.

Recap – Vriend sê hy wens hy kan deur die beginstadium van ‘n verhouding kom en aanbeweeg na die “comfortable mildly hating each other” – stadium.  Eers het ek my gat afgelag oor die stadium se naam, hom mooi vertel dat hy die verkeerde vrou in ‘n verhouding het as hulle mekaar haat en hom promptly met die “Verhoudings is soos ‘n projek”-ding geklap.

En nou?  Nou is ek in die begin-stadium en ek dink die tor het afgeklim gevrek.  Ek voel heeltyd so semi-naar, hol kol op my maag.  Kyk elke fokken 10 minute op my foon of hy ‘n boodskap gestuur het.  Oor-analiseer die boodskappe wanneer hulle deurkom.  Wonder of hy van my hou, al het hy so gesê.  2nd-guess myself, bang ek sê te veel, te vining.  Fokkit.  En dan probeer ek so tussen-in werk gedoen kry, maar elke nou en dan vang ek myself, ken in die hand, die vertes in staar.  Fokkit ek het die skoot hoog deur.

Laaste keer toe ek so gevoel het, was met X.  Gewonder hoe dit sou voel om sy hand vas te hou, gewonder of hy darem kan soen, gewonder hoe goed dit in die bed sou gaan, gewonder, gewonder.  En nou wonder ek al die goed weer.  Want sien G het van die begin af gesê hy glo daarin om nie te spring in ‘n verhouding in nie, ons moet mekaar eers goed leer ken (en sy definisie is 2 – 3 maande se ken, myne 2 – 3 dates) en dan besluit of ons dit verder wil vat.  En ek respekteer dit, rerig ek doen.  Maar ek is die fokken ongeduldigste mens op aarde, ‘n voorbeeld:

Ek het vir 10 jaar in Woodmead gewerk en elke dag die N1 moes ry, op daai stadium so windgat afslaandak-kar gery.  Ek hou nie van verkeer nie (ongefokkenduldig), so whenever daar te veel geparkeerde karre op die pad was, is dit ek, wat net so mirrel-cyril van die taxi’s op die grond langs die pad gery het.  (Dalk het een van julle my daar gesien?  My die middel-vinger gewys of getoet?  Glo my ek het BAIE daarvan gehad en my fokkol niks daaraan gesteur nie)

Dit help ook nie dat hy 318km (google-maps is ook my vriend) van my af is, en ons mekaar net naweke kan sien nie.  Ek wil sy oë sien wanneer hy met my praat, ek wil hom sien.  En al wil hy net vir die volgende ruk hande vashou, is dit ok, ek wil dit face-to-face doen.  Fokkit

Selle vriend, hierbo na verwys, sê dis ‘n goeie teken dat G dit stadig wil vat.  Dit wys hy wil dit reg doen, dit wys hy het respek vir my, dit wys hy wil langtermyn hê en nie korttermyn rol-in-die-sak nie.  En ek weet hy wil seker maak, voor hy seerkry.  Ek is bly daaroor, ek wil nie weer ooit ooit my hart gebreek kry nie.  Maar fokkit, kan die butterflies nou assefokkenblief my maag verlaat?  En kan my tor uit die dood opstaan en weer op sy tol kom klim?  My baas gaan my fire as ek verder agter raak met my werk.

Wag, wag, daar message G my nou (uiteindelik), sal julle op hoogte hou.