Oorle

Iemand wat ek al baie lank ken is laas Saterdag oorlede en word Vrydag begrawe.  Hartseer…Ja baie, maar dis nie die doodgaan wat so hartseer is nie.

Sy het vir my gewerk op ‘n stadium en ‘n beter en meer pligsgetroue werker kon jy nerens kry nie.  Nie die vinnigste nie, maar die deeglikste.  En toe tree sy af.  Jare lank uitgesien na die dag wat sy nie meer nodig het om in te gaan kantoor toe nie, nie meer nodig om laat te werk omdat sy stadiger as die ander is en nooit eers daaran kon dink om halwe werk te doen nie.  En binne ‘n maand word sy met kanker gediagnoseer.  Hoe sad.  ‘n Hele lewe lank geleef vir die werk en toe sy uiteindelik kon rus, toe vat die siekte haar.

Dit het my laat nadink.  Is dit regtig die moeite werd om so baie en so hard te werk, miskien is dit tyd om minder te worry oor die werk en meer die lewe te geniet, elke dag voluit te leef en nie te wag to ek aftree nie.  Maar die geld?  Waar gaan dit vandaan kom?  Ek wil nie op ander mense vertrou en verwag dat hulle vir my moet sorg nie, nie my man (wel x) of my kinders nie.  En die Vader weet daar’s nêrens ‘n lekker erfporsie wat wag nie.

Maar dalk, dalk is dit tyd om net vir genoeg te werk, nie so baie aan te vat en so perfeksionisties te wees nie.  En huis toe te gaan wanneer ek moet, nie ure en dae oortyd te werk nie.  Dalk is dit tyd?

Advertisements

Self

My ma het my vanoggend voor 6 wakker gebel, met sommer ‘n stupid rede: Ek het die datum verkeerd gehad op ‘n facebook post.  En ek het my vererg, vreeslik vererg.  Sommer ook gedink dat sy vreeslik selfsugtig is.  Ook iets waarvan ek my eks beskuldig.  En toe gedink….

Is ons nie maar almal so nie, ek inkluis.  Dink altyd eerste aan die ek?  En is dit nie die dood van enige verhouding nie.  Waar jou ek belangriker is as enigeiemand anders.

Ek het al so baie gesê ek wil 1ste wees in iemand se lewe, maar vandag moet ek myself afvra of ek iemand anders 1ste kan sit in myne.  Regtig?

Waar begin mens?  By liefde? By verstaan?  By tyd? By ….

Ek weet nie, wat ek wel weet is dat jy bereid moet wees om die minste te wees, om iemand anders se punt in te sien, om jou eie goeters minder belangrik te ag.  Maar wat as daai persoon net vat en vat.  Gaan jy jouself verloor?  En as ek myself verloor wat bly dan oor?

Ek en die x probeer weer.  Die keer voel dit reg, voel dit goed.  Voel dit asof dit dalk kan werk.  Maar ek is bang, bang vir oorgee, bang vir opgee, bang vir die verlede en bang vir die toekoms.  So nou vat ons elke dag, net daai dag.  Ek besluit elke oggend dat ek vandag die beste van dit gaan maak.  Gelukkig gaan wees, hom sal liefhê en dit sal wys.  En is dit nie al wat enigeiemand kan doen nie, elke dag besluit….

https://bryanreeves.com/choose-her-everyday-or-leave-her/

 

Hartseer

So 2 maande terug het ek eendag begin soek na die woorde van die liedjie wat in my kop gemaal het en heeltyd op die radio gespeel het.  Dit was seker nog te nuut want ek kon nêrens die lirieke kry nie.  En toe het ek maar gemaak soos toe ek nog op skool was en oor en oor na die liedjie geluister terwyl ek die woorde neerskryf.  Die liedjie maal nog steeds in my kop

Hartseer

Waar is jy, waar is jy, waar is jy, ek kan jou nie sien nie
Hier is ek, hier is ek, hier is ek, maar jy verdien nie
wat ek gee, wat ek sê. Wil net neem, wil net hê
Wonder jy, wonder jy, wonder jy, hoekom ek stil is
Antwoord my, antwoord my, antwoord my, as dit jou wil is
om te red wat daar is. Jy sal my eendag mis
Soms is jy hartseer, want jou hart is seer
Soms is jy raadop, want jou raad is op
Maar jou hart moet leer dat die pyn en die dinge wat met hom gebeur
Wat dit alles in jou sal stop, as ek net kan leer
dat ek net moet vergeet van jou, net moet vergeet van jou
Wil jy nie, wil jy nie, wil jy nie eers meer prober nie
Voordat jy, voordat jy, voordat jy nie ‘n kans gee nie
wat ons het, wat ons het gebeur net een keer nie
Hierdie keer o net hierdie keer
Soms is jy hartseer, want jou hart is seer
Soms is jy raadop, want jou raad is op
Maar jou hart moet leer dat die pyn en die dinge wat met hom gebeur
Wat dit alles in jou sal stop, as ek net kan leer
dat ek net moet vergeet van jou, net moet vergeet van jou

 

Opgee

Die negatiewe konotasies aan die woord opgee, tou opgee, moed opgee, net opgee.  Maar vandag lees ek toevallig ‘n stukkie in engels, She let go en hoe baie waar is dit nie.  Partykeer moet ons laat gaan (opgee) sodat ons kan vorentoe beweeg.  Hoe moeilik dit ook al is.

My man (wel al is ons geskei sal hy vir altyd my man en nie my eks wees), M, is terug in die land en ek moet myself net keer om in die kar te spring en hom te gaan sien.  Ek weet dit kan nooit werk nie.  En nooit is ‘n baie lang tyd.  Ons lewens en wat ons vir onsself wil hê verskil net soveel, maar dit beteken nie dat ons nie lief is vir mekaar nie.

Dalk vir altyd.  Hoe weet ek, hoe weet hy?  Dat ons die keer die regte besluit gemaak het om op te hou probeer.  Maklik – ek weet nie.  Maar dalk is dit tyd om op te gee, te laat gaan.  Die liefde wat ons vir mekaar voel tyd weg van mekaar af te gee.