Power

So sit ek en my beste vriend en praat, laat-aand en ‘n hele paar drankies verder.  En ons besluit dat die rede waarom hy nie gelukkig is met sy meisie nie, is omdat hy nog altyd eerder die girls gesoek het wat nie heeltemal vir hom gesoek het nie.  Die drug-addict, die lesbeen en die half malletjie.  En nou het hy ‘n meisie wat smoorverlief is op hom, maar hy voel net nie dieselfde as oor die voriges nie.

Nog ‘n paar drankies verder kom ek met hierdie briljante (wel ek dink so) uitlating:  “Jy weet ek dink dit gaan alles oor power in die verhouding en jy (en ek) hou van die uitdaging as die ander party meer power as ons het”  Kyk nou maar vir my, in my 1ste huwelik het ek geweet J is liewer vir my as wat ek ooit vir hom was, en ek het dit gehaat en verskriklik misbruik.  En toe trou ek met X en hy was altyd so klein bietjie minder lief vir my as ek vir hom.  En siedaar, towerstaf, daar wil ek nie meer rondkyk nie, daar wil ek dan nou beter raak.  Maar net totdat hy dit begin misbruik het, wel eintlik totdat ek agtergekom het dat hy doen.  Toe is dit net nie meer reg nie.

En nou het ek my eie power en ek mis dit om nie te weet watse kak gaan nou volgende aangejaag word nie.  Ek mis dit kwaai

Glo jy nog?

Hierdie is nie ‘n geloofsvraag nie, ‘n ou op fb pos vandag die vraag: “Glo jy in liefde met die eerste oogopslag?”  En ek moes hard hieroor dink.  Toe ek jonger was, het ek definitief geglo in daai warm gevoel wat jy in jou maag kry wanneer jy iemand ontmoet en die sparks spat.  Later het ek besef dat meeste mense reg is, en dit “lust at 1st sight” is en nie liefde nie.  Volgens my is liefde ‘n keuse wat jy elke dag maak om saam met ‘n persoon te wees en gelukkig te wees.

Die vraag het my nogals laat wonder, glo ek nog aan liefde?  Na al die dinge wat met my gebeur het en wat ekself ook laat gebeur het, glo ek nog?  Ek weet ek is lief vir my kinders, kleinkinders en honde, my vriende en selfs die mense by die werk.  Maar glo ek daar buite is vir elke mens iemand wat hom/haar aanvul en wat sal doodgaan vir daai ander persoon?  Ek wens ek kan net weer myself wees sonder warpaint of pretensies, sonder om te maak of ek ok is.  Net weer met iemand te kan praat oor alles en niks of net saam die stilte te kan waardeer.

Of bly mense bymekaar uit gewoonte of vrees vir die onbekende.  Jy weet daai “Better the devil you know…”  Ek weet nie of ek meer glo nie en as ek dan glo, hoe gemaak om daai persoon te ontmoet?  Ek is mos hopeloos te oud vir jolplekke en stap nie alleen in ‘n bar in nie.  Ek was ook vrek lanklaas in ‘n kerk en gaan nie opteken om iemand te ontmoet nie.  So wat nou?  Singles websites?  Het dit ook al probeer vir ‘n rukkie, maar dit voel net na so baie moeite.  Ek moet dan nou my ou storie elke keer oor en oor vertel en daar is soveel kansvatters daarbuite.

Ek is nie lus nie.  Nie lus vir ‘n nuwe man se kak nie.  Nie lus om myself bloot te stel nie.  Ek sal in elk geval nooit weer my hele hart vir iemand kan gee nie.  Nie as dit beteken dat daar eers ‘n moontlikheid is om weer deur hierdie pyn te gaan nie.

So wat?  Bly enkel, friends with benefits of soek?  Ek weet nie.  Ek weet nie of mens iets kan soek waarin jy nie meer glo nie.

 

 

Weggooigoed

Partykeer is ek rerig bly ek bly nie in Parys of een van die ander Europese lande waar hulle sommer banke en goeters op die sypaadjie neersit wanneer hulle dit nie meer wil hê nie.  Ek is definitief ‘n undercover hoarder en sou iets bruikbaars in elke ding kon sien, dit huis toe dra en mooi restoureer.  En dan natuurlik sou ek nooit my DIY projek kon laat gaan nie.  Dink net….’n hele huis vol ander mense se weggooigoed.

Gisteraand sien ek weer die boemels voor die local Pep lê en slaap, kartonbokse en 1 dun komberse oor hulle getrek, en ek wonder wie se weggooigoed hulle is.  Is daar dan nerens vir hulle ‘n plekkie wat hulle huis noem nie?  Wat is hulle storie wat hulle op een van die koudste aande hierdie jaar genoodsaak het om op ‘n sypaadjie te slaap.

En ek voel ook soos ‘n weggooigoed vandag.  Hety gister besef dat jy my nooit rerig lief kon hê nie.  Anders sou jy mos nie my so maklik net kon weggooi nie.  Ek voel gebruik en leeg soos ‘n weggooi kartonboks wat klaar sy nut gehad het en nou wag vir die aslorrie om hom te kom haal.  Of sal iemand anders die nut in die ou boks kon raaksien.  Miskien met mooi geskenkpapier oortrek en ietsie in hom bere.  Tyd sal leer of weggooigoed weer nuttig kan word.

Niemand

Daar is niemand op die hele aarbol vir wie ek kan vertel hoeveel ek jou mis nie, net vir jou.  Maar as ek dit doen weet ek ons sal net weer op die rondomtalie klim en afgesmyt word, so nou doen ek dit maar hier:

Ek mis jou

Radioland speel ‘n liedjie wat my aan ons laat dink

Die honde kort aandag, meer as wat ek kan gee

Ek hoor iemand se lag wat soos joune klink

Ek lees ‘n grappie wat jy sou waardeer

En ek mis jou….

 

Ek mis jou meer as warmte in die winter

Ek mis jou meer as slaap na ‘n bitter lang dag

Ek mis jou meer as vriende om saam mee te kuier

Ek mis jou meer en meer elke dag

Rondomtalie Rollercoaster Ride

Iemand sê die naweek vir my: “Jy weet, selfs die perdjies wat so onskuldig lyk, kan jou afgooi”

Perdjie

Nou hierdie perdjies is mos mooi stewig vas en spring ook darem nie te ernstig op en af nie.  Eintlik mos nou gemaak vir kinders onder 10.  En toe dink ek hoe sou dit dan nou moontlik wees om afgegooi te word.  Miskien as die ruiter nie stilsit nie, miskien daai om-en-om gedraaiery, miskien as iemand anders jou afstamp?

Of miskien as jy self afklim.  Besluit genoeg is genoeg van die ride en iets anders gaan soek wat beter is.

Ek het afgeklim.

 

Shout out to the X

Hi babes

 

I would much rather have this conversation face to face, but maybe in writing down stuff, clarity will come through better.  So here goes.  About the excursion with E on Sunday:  the idea came from me, and I had 2 goals in mind, 1 to prove to myself that I’m not a slut and can maintain a friendship even when a little drunk, no 2 – I didn’t want to do what you tell me to do, I want to make up my own mind.  Today I realise that I would have been just as pissed off as you are now, if you did something like that.  So in retrospect it was a stupid move.

 

And now I’m digging in my heals about breaking off the friendship with E, why?, not because I really want to maintain the friendship, but because I feel like I’m giving up myself even more if I do.

 

So what do I mean by “giving up myself”?  During the almost 6 years of our marriage, it felt like I became less and less with each passing year.  You fell in love with this strong independent woman and in the end I was a pathetic person begging you to come home and be my husband.  I feel that any relationship should be give and take, but ours felt to me like I was doing all the giving and very little taking.  I want to give you a few examples:

  • The restaurant – You spent all your time there when we just got married, we hardly saw each other.  You expected me to go there every night after work, where I would see very little of you, I had to handle the admin and I had to pay out my savings to rescue the place.
  • P (business) – So after working for SB for a while, you decided to go on this new adventure where you expected me to “fund” not only your expenses (some months), as well as your social habits.
  • The drinking heavily became more and more over the years.  Before we got married, I asked you to choose between the drinking and me, you chose me verbally, but your actions proved the drinking won.  The reasons for the drinking changed from time to time, but the drinking itself remained.  In the end you became an aggressive drunk who verbally abused me every time and who I’m sure would’ve become physically abusive, had we not gotten the divorce
  • The bisexuality – This hit me to the ground, I was flat, I felt worthless and even today my eyes still become teary when I think about it.  I had to suppress all of those emotions and decide to continue our marriage
  • Respect – For you this is a big thing, you expect people (including my kids) to respect you no matter what.  I believe (and have taught them this too) that respect is earned.  That means I don’t respect people for their positions, their money and what they spend on me or for what they say.  I respect people based on their actions, their actions towards others.
  • Now – You expect me to give up my job, my house, my time with the kids and grandkids to move to Kenya

 

There are many more examples, but let’s stick to these.  At this stage you don’t perceive the “giving up myself” to be an issue, only the friendship with E, whilst in my mind the friendship is nothing, the principle is everything.

 

I want to propose the following to try to resolve this:

  1. I immediately end the friendship with E
  2. We go see a counsellor together, this person will help you to see that this is a problem and will help me to find a way to overcome the problem

 

In order to move forward, we need to do both of the above, or none and go our separate ways

 

Please let me know what you think

Hou vas

My midlife crisis(lees Harley) en ek het Sondag neergeslet, nie baie gracefully nie en tot die vermaak van almal wat in die shopping centre was op daai stadium.  Hoekom?  Want ek het te vas gehou.  Almal sê jy moet val met ‘n bike en ek hoop van harte hierdie is my val, want ek is ‘n pissie vir pyn.  Nou is my linkerhand sonder velle en my ego is redelik broos, maar ek en die bike is darem ok.

Dit het my laat dink, waaraan hou mens te vas, watse goeters moes jy eintlik lankal gelos het, maar vir een of ander rede hou jy vas.

Die X is in 1 of ander Afrika land en ek het besluit om sy wense 100% te ignoreer en te gaan bike ry saam met die ou met wie ek hom verneuk het laas.  Slim?  Nee wat baie dom, want die bike ryery het in ‘n pub crawl ontaard en iemand het vir X gebel en gesê sy “vrou” hang uit saam met E.  Na ‘n hele klomp oproepe en baklei sê X toe ek moet kies, vriende met E of hy.  En ek wil altwee hê.  Stubborn soos ek is.

Maar dis meer as net hardkoppigheid, ek wil vashou aan die klein bietjie van my wat ek in die 4 maande sedert ons skeisaak bygekry het.  Ek sê altyd ek wil 1ste wees in iemand se lewe, maar hoe kan ek dit verwag wanneer ek myself altyd laaste stel, altyd reg om gebruik te word, die minste te wees.

Ek is na die hele ding eintlik baie trots op myself.  Ek kan actually vriende wees met iemand saam wie ek geslaap het.  Ek kan selfs klein bietjie te veel drink en nog steeds nie ‘n slet raak nie.

So in my 1ste post het ek gesê ek dink ek is ‘n slet, ek was verkeerd.  Ek was deurmekaar en het op daai stadium gedink die oplossing is iemand in my lewe.  En soos baie vrouens, gedink om iemand te kry en te hou moet ons saamslaap.  Nou weet ek dat ek ok sal wees sonder iemand in my lewe of in my bed.  So klein bietjie gegroei in 4 maande.  Nog te min, maar Rome is ook nie in 1 dag gebou nie.

Hou vas aan jouself.  Hou vas aan jou wense, hou vas die matras want de Vos is weer los.