Nuwe begin

Eintlik word mens mos elke dag ouer, maar vandag is dit my verjaarsdag, so ek is ‘n hele jaar ouer.  Eerste keer sedert my 21st wat ek nie getroud is op my bday nie.  Nogal vreemd om alleen te wees, maar ook exciting.

En gister het ek en die eks besluit om op te hou weer probeer.  Ek het dit begin, want ek voel skuldig oor Vrydag se soen vanaf ‘n ander ou en Saterdag, Sondag, Maandag se drinks ensovoorts met dieselfde ander ou.  Dit is gesê (deur myself aan myself) Ek is ‘n slet.  Besig om weer te probeer met die eks, maar nog steeds neuk ek rond met iemand anders.  Maar hoekom?

Dit het sekerlik iets te doen met die einste eks wat my op 1 Januarie 2016 vertel het hy is biseksueel.  Dit het my geskok tot in my tone.  My laat vra of ek dan nie genoeg van ‘n vrou is nie.  Never mind dat die seks tussen ons great was, hy het nog steeds gefantaseer oor ander mans.  Volgens hom het hy nie daarop ge-act nie, maar hy het wel probeer aan ander mans vat.  Dis mos ook verneuk?  Dit was die laagste lae hou wat hy my kon gee.  Ek wou weg, ek wou uit, ek wou vlug.

En toe kalmeer ek, gaan lees na oor die biseksuele ding op die internet, kom terug en sê ons kan dit maak werk.  Het selfs aangebied dat ons ‘n oop verhouding het.  Maar hy was jaloers en wou nie hê ek moet iemand anders sien nie.  So toe besluit hy dat die oop verhouding ding nie vir hom is nie.  Ons sou net so af en toe gay porn kyk.

Dinge was daarna net nooit weer dieselfde nie.  Meer daaroor op ‘n ander dag

So bdays is werk.  Jy moet foon antwoord, facebook messages like, op whatsapps reply en heel tyd happy klink.  Waar is die dae van persoonlike drukkies en soentjies op verjaarsdae?  OK so laat ek gou nog ‘n paar likes doen

En dan speel die song nou.   How long will I love you

Ek is nog lief vir jou, ek sal altyd lief bly vir jou.  Jy weet dit.  Maar ons kan net nie regkry om saam te leef nie.  Ek is sad oor die verloop van ons lewens, maar ek moet aangaan, weer probeer

 

 

Begin

En daar’s hy nou.  Nadat ek so paar van hierdie blog goeters gelees het, het ek gedink kom ons probeer daai ding dan nou maar self.  Dalk kan ek ook sò van ‘n paar frustrasies ontslae raak.

Wie is ek?  ‘n Vraag wat ek myself al honderde kere afgevra het en steeds nie lekker weet nie.  Die maklike goed:  Ek is amper (lees oor 2 dae) 45 en ‘n vrou.  Gebore lank terug en in ‘n klein plattelandse dorpie groot geword.  Normaal was ek nog nooit nie en oor gevoelens praat ek nie sommer nie.  Was 2 keer getroud en het 2 kinders en ook al amper 2 kleinkinders (lees oor 3 dae kom nommer 2).  So mens sou dink ek weet iets van iets af, maar ek besef al hoe meer dat ek niks weet van niks af nie.

So hier kan ek praat oor die goed wat my pla, bly maak en sommer net elke dag se dinge. Meestel met myself, om dinge vir myself uit te klaar.

So vandag is ek tranerig.  Dalk het dit te doen met die feit dat oor 2 dae ek vir die 1ste keer in my lewe gaan wakker word op my verjaarsdag, heeltemal alleen.  Dalk met die feit dat ek al weer nie veel geslaap het gisteraand nie, maar nog steeds moet funksioneer en ‘n “smile op my dial” moet wys vir die wêreld.  Dalk met die feit dat ek en eks weer probeer om die stukkies van ons laslappiekombers bymekaar te sit terwyl my eie lewe soos ‘n gebreekte pot voel.  Dis net skerwe en skerp kante waar jy kyk.  En hierdie skerp kante sny mense om my stukkend.

Ek weet nie meer nie, hoe speel jy wegkruipertjie met jouself.  Iemand moet tog wegkruip en iemand anders moet soek?  Maar voel asof niemand my wil soek nie.  Ek skree kliphard dat dit ok is om te begin, maar niemand luister nie.  Niemand kom nie.  En dan blok ek maar weer myself en begin van voor af.

Dalk is die oplossing om eerder na ander te soek, myself so te vind.  Maar elke keer as ek soek kry my potskerwe dit reg om seer te maak.  Hoe weet ‘n mens dat jy ok is?  Is daar iemand wat rêrig ok is?  Rêrig gelukkig of kruip almal weg van iets of iemand of meeste vir hulleself?