OK

Nav die blog van ekmyselff, ‘n verdere picture comment wat ek nie daar kan pos nie (Ek’s nog dom met die bloggery)  En in die openingswoorde van Karen Zoid se “Want as ek droom“:

As ek staan, staan ek alleen. Ek wonder weer … wat nou?  Ek wil meer as net oorleef. Die einde kom so gou. Elke keer, wat ek weer probeer. En oor begin, weet ek, ek sal moet. Elke maal, weer die prys betaal.

21105679_10212923707064226_301175115972977561_n

Vark steaks

Oh for fuck sakes, of soos X gesê het, oh vir vark steaks

Hoe is dit moontlik dat klein dingetjies ‘n hele dag kan opfok?  Soek gister iets op WhatsApp en sien toe X en GF het altwee hulle profile pics verander na ‘n foto van hulle saam, al laggend.  Fokkit, nou dwaal die gedagtes weer…. hoe lank gaan die ding nou al aan?  Want jy verander mos nie jou foto na die 1ste date nie, ook nie die 2de een nie, mens wag mos tot jy in ‘n serious verhouding is.  En as hulle in ‘n serious verhouding is, het hierdie ding definitief begin toe ons nog saam was.  Vir vark steaks

Nou is my kop seer vanoggend.  Na ‘n bottle whiskey en ‘n bietjie aaptwak, het ek darem uitgepass so rondom 9 uur en geslaap tot 3 uur.  So hulle het dit reggekry om 2 dae op te fok.  Vir vark steaks

En ek?  Nuwe man in my lewe is ‘n keeper.  Konsidererend, slim, lank, oulik, ag sommer al die byvoeglike naamwoorde.  En hy voel dieselfde, wat great is.  Ek dink ons kan die ding maak werk.  Hy is vrek snaaks, ek kry gereeld comments soos: Ek verwag iemand gaan uit ‘n bos uit spring en skree “You’re on candid camera”.  Sweet, hy moet net nie my blog lees en agterkom daai pedestal waarop hy my gesit het, is uit shit gemaak nie.  Of dalk moet hy, sodat hy my deurmekaar kop kan verstaan.  Vir vark steaks

Versigtig optimisties

Oftewel cautiously optimistic. Vir elkeen wat al ooit daai gebruik het, call ek bullshit. Soos in How to lose a guy in 10 days (my gunsteling movie), bullshit!!! Hoe kan ‘n mens optimisties en versigtig wees? Dis mos amper teenoorgesteld van mekaar?

Vandag is ek oorweldigend optimisties vlinders-in-die-pens opgewonde. Ek dink… ek het iemand ontmoet. Meer as ‘n speelding, vir langer termyn liefde. Early days, maar ek dink…..dalk

Pissie

Nou ja diè is sekerlik ‘n Engelse word, maar piepietjie klink net nie dieselfde in die sin: “Ek is ‘n pissie vir pyn” nie, so ons los dan nou maar die ou titeltjie.  Nou of hierdie ‘n idioom is, sal Hester maar moet oordeel, ek weet net ek gebruik dit gereeld

Vanoggend gou tandarts toe gewees, of nietewel mondhigiënis en ek haat dit.  Laas keer vir die man gesê ek gaan hom donner as hy my seermaak, sommerso nog voordat hy nog mooi die woorde, Ek is dokter so-en so, kon uitkry.  Lang storie kort, daai tandarts het my seker 20 keer ingespuit, my mond was vir 2 dae lam, ek het gelyk asof ek ‘n beroerte gehad het.  Koffie wat sommer oor my gesig loop en ‘n sigaret wat nou en dan uit my mond val, maar rook sal ons rook.  Waar was ek ……

So net voordat ek oorkant die pad is, wys die 1 girl wat saam met my werk vir my die kaaskoek wat sy spesiaal vir my gemaak het.  Nou kan ek maar eerlik wees, sedert my Spur dae soek ek nou al lank na ‘n ordentlike kaaskoek.  En hy moet gebak wees, ek hou nie van die yskasterterige kaaskoeke nie.  Nou girlie mag maar bak, sy love dit (Ek weet nie hoe lank sy nog saam my gaan werk voordat sy haar passion gaan volg nie, maar nou ja) en solank sy bak en nog hier werk, vra ek haar gereeld.  En ek is kinderlik opgewonde oor ‘n kaaskoek.

Die van julle wat al ‘n rukkie hier kuier, sal weet dat ek vir lank nie opgewonde was om eers op te staan in die oggend nie, nevermind enigeiets wat deur die dag gebeur het.  So dat ‘n kaaskoek my maag laat draai van opgewondenheid soos ‘n meisie wat na haar eerste kys kyk, het my ietwat verbaas.  Ek is ook skielik opgewonde oor die naweek, oor die werk, oor die lente, ag sommer als.

Snaaks, net gister het ek gevoel hoe die swart hond wat Poerdez so rukkie gelede gepos het, vir my ‘n werklikheid word en hoewel ek vir Storieklong in een van my comments gesê het ek is nie depressief nie, het ek gister wragtig getwyfel.  Mens kry mos sulke dae wat net verkeerd loop.

En vandag?  Vandag gaan ek kaaskoek eet sonder om kalorieë te tel, gaan ek die musiek hard luister, gaan ek bloeisels soek om af te neem met die kamera, gaan ek opgewonde wees oor als.

Lekker naweek!!

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.

Crutches and masks

I don’t know why most of my friends in front of who I can let my mask drop, are male.  I also don’t know why most of them are English, so this blog is for them.

Someone described his grandson the other day.  The boy broke his leg and after the cast came off and the crutches were thrown away, he still walked as though walking with crutches, hopping along and falling over more often than not.

crutch

(krŭch)

n.

1. A support used by an injured or disabled person, often in pairs, as an aid to walking, having a vertical shaft that is sometimes forked, a horizontal grip for the hand, and a crosspiece that is positioned under the armpit or a cuff that wraps around the forearm.
2. Something on which one depends, often excessively: a mnemonic crutch.
3. A forked support or part.
4. A forked leg rest on a sidesaddle.
5. Archaic The crotch of a person or animal.

Made me think, during my marriage, I was being used a crutch BUT I was also using the X as a crutch, much like two drunk people holding each other up to walk.  But as soon as one of them leave, the other either fall over or find a way to walk without his “crutch”.  That is also why the 2 times we’ve tried again didn’t work, he realised he still needed his crutch, but I started limping along all by myself.   So here I am, still limping, slowly learning to walk again.  And it really is the 1st time in my life I try walking without crutches.

Do I still have crutches?  things that temporarily help me to cope? Yes of course, this blog being one of those, the therapist another.  I admire people who can walk by themselves, without crutches, especially when they’ve overcome a huge bone breaking experience.

When temporary coping mechanisms become long term hiding places, that is when masks come in.  Not the ones we all wear to be acceptable in society, but the ones we hide our true selves behind.  Those are much harder to throw away.  But life has a way to make you come out behind your mask.  These uncontrollable crying I’ve been doing in public places, definitely forced me to show people I’m human behind the mask.  The mask I’m currently wearing slips down more and more.  The one where I’m ok, laughing, partying, still doing my job, just going on as if nothing happened, not true, only a mask.  And a mask I can’t wear forever, I’ll have to face the face behind the mask eventually and I’m not sure I will like it, not sure the rest of the world will either.  That’s why I’m glad for this hiding place and some friends, where I feel safe to let the mask drop, slowly but surely.  Testing the extent of just how much people (and myself) are ready to face the real me.

I want a life without crutches and masks.  A relationship where neither of us need a crutch, we can walk alone, but choose not to.  Someone strong enough to carry me when I need it and to be strong enough to carry the other person when they need it.  A safe place, where a mask is not needed and I’m loved even without it.

 

 

Total Eclipse

Vanoggend so stukkie in die nuus gehoor oor Trumpet se boo-boo gedurende die sonsverduistering.  Fassinerend dat so groot hooha hieroor gemaak word, wys net weer small things amuse small minds.

Hierdie eclipse woord is vir een of ander rede in my radar.  Saterdag stop ek om gou “net bacon” te koop (R2000 later) en Bonnie Tyler se Total Eclipse of the heart speel op die radio (wat ek amper nooit meer aansit nie).  Ek sit toe maar my sigaret en klaar rook, sit die radio kliphard reg voor die shop en sing uit volle bors saam.  Gelukkig dat ek nie om my gekyk het nie, want wie weet wie almal het seker met oop monde gestaar na die mal antie.

Nou na vanoggend se storie, gaan kyk ek gou op google (my beste vriend) wat is ‘n eclipse nou eintlik.  Daar is allerhande moerse scientific goeters wat ek nie rerig lekker verstaan nie, maar basies skuif die maan voor die son in.  Nou eintlik is die maan mos vreeslik kleiner as die son, so die maan moet op presies die regte afstand vanaf die aarde wees en in die regte posisie voor die son, sodat dit groter as die son vertoon en die magtige son dus heeltemal “uitskakel”

En Total Eclipse of the Heart?  Hoe gebeur dit?  Seker maar op dieselfde manier.  Iemand wat jou hart verduister, iemand wat in jou pad inskuif en maak dat jy minder van jouself en eie begeertes raaksien en jou hele bestaan inneem.  Regte tyd, regte afstand, regte posisie.

“Once upon a time I was falling in love, But now I’m only falling apart”

Ek is……

……nog hier en dan seker vir ‘n rede?

Ek luister nourie dag ‘n ding raak op ‘n cd: “Waar jy nou ookal jouself bevind in die lewe, moet jy weet dat wanneer jy terugkyk en daaroor praat, later, hierdie net 1 sin gaan uitmaak uit jou totale bestaan.”  En dan gebruik hulle die voorbeeld van iemand wat sukkel op skool, elke dag ‘n struggle, elke toets en eksamen ‘n groot berg om uit te klim.  Maar wanneer hy/sy ‘n grootmens is, 1 sin, “Ek het gesukkel op skool, maar het op ‘n manier daar deurgekom”

Nou ek kan myself nogal voorstel hoe hierdie tyd in my lewe as 1 sin sal lyk, ietsie soos: “2017 is die jaar toe ek geskei is van die man wat ek met my hele hart liefgehad het, dit was moeilik maar ek is nou ok en beter af”

As ek terugkyk na die sinne wat my lewe uitmaak, sien ek ‘n paar wat uitstaan:

  • Ek was 10 toe my eie ouers geskei is, dit was ‘n gatslag en het gelei tot ‘n pa wat nooit teenwoordig was nie, vandag nog as ek sê “Ek is lief vir jou, pa” bedoel ek dit nie rerig nie
  • My hoërskool-loopbaan was 1 groot pretensie, ek het goed gedoen op skool en was mooierig, maar ek moes kwaai voorgee om deel van die “In-crowd” te wees, was nooit heeltemal deel van hulle nie, het te veel vir myself gedink
  • Ek het nog nooit ‘n filter gehad nie, dit wat in my brein is, spoel by my mond uit.  Ek het al baie kere in die moeilikheid gekom hieroor.  Soos mens ouer word en meer mense aan jou rapporteer, aanvaar ander dit meer, beteken nie noodwendig hulle hou daarvan nie.
  • My eerste huwelik van 17 jaar is ‘n blip, 2 great kinders, maar ek was so besig om die corporate ladder te klim en te vlug vanaf ‘n liefdelose huwelik, dat ek my kinders “gemis” het.  Dankie tog ons sien mekaar nog en dat hulle nie te sleg uitgedraai het nie.
  • My tweede huwelik van 6 jaar, fok ek wil nie daaroor praat nie

Ek is nog hier, moet net uitvind wat die rede is