About

Wegkruipertjie is ‘n kinderspeletjie wat baie pret verskaf het toe ons jonk was https://af.wikipedia.org/wiki/Wegkruipertjie

Maar noudat ons ouer is, speel ons dikwels nog steeds, net in ander maniere.  Partykeer kruip ons so weg dat ons onsself verloor.

Hier probeer ek om myself te vind te midde van elke dag se struggles (soos antie Stienie destyds so graag sou sê)

Meer oor my:  Ek is 45 jaar oud, geskei (2 keer) met 2 getroude kinders en 2 kleinkinders.  Ek is ‘n exec in die korporatiewe wêreld so skryf onder ‘n skuilnaam want meeste mense saam wie ek werk sal geskok wees as hulle weet wat rerig in my lewe en kop aangaan.

cropped-wegkruip.jpg

Advertisements