Grou ‘n gat

Iets wat hierdie citygirl nie sommer doen nie, is manual labour.  Sy verdien mos haar brood met haar brein, hoekom haar hande dan vuilmaak.  Nou moet my nie misverstaan nie, ek love dit om goeters te plant, self te plant met my lang naels in die grond (Ek dink hoeka daar is nog ‘n nael in een van die potte), maar gate grou, nee wat did hopeloos te harde werk en gewoonlik die tuinjong se plig.

Die kopdokter het nou gesê ek moet begrafnis hou en siende dat dit my proses is, moet ek seker dan nou maar self die gat grou.  Nou eers is dit ‘n gesoek na die graaf, met dit eindelik opgespoor begin ek.  Die boonste lag is darem nie te hard nie, maar ons het nog nie behoorlik reên gehad nie, so 2cm in begin ek sukkel.  En selfs my gewigtige lyf bo-op graaf maak nie dat hy verdet indolwe nie.  Maar ek moet dan nou begrafnis hou?  So sukkel-sukkel met ‘n effense skelwoordjie so af en dan, kom die gat darem daar.  Ek kry nuwe respekte vir mense wat elke dag die tipe werk moet doen.

Moes ek dan nou so demn groot boks kies vir die fotos.  Ek onthou toe darem dat dit die laaste ding was wat X gekoop het, ‘n CD en kaartjie in die boks, die koebaai brief wat ek geskryf het en 4 fotos.  ‘n Troufoto, saam in Parys foto, oujaarsdag 2015(net voor die bisexual Nuwejaar) en die laaste keer wat ons saam weg was Oudtshoorn toe, einde 2016, net voor die “ek wil skei” kak begin het.  Die cd en kaartjie het x gekoop na die skeisaak en die kaartjie bevat sy laaste lieg “Ek wil jou hê, met jou kinders en jou familie.  Ek is lief vir jou” (week daarna vertel hy my ek moet Kenya saam met hom, weg van my kinders, huis en familie)

Waar was ek?  O ja.  Gat is net-net diep genoeg sodat boks darem nie heeltemal uitsteek nie.  Boks is in, gooi toe.  Lees hardop: “Ek kies vandag om die band met X te breek, die emosionele, geestelike en seksuele band wat daar tussen ons was”  Ek voeg by “Ek kies om van vandag af aan te gaan met my lewe, om die lesse wat ek geleer het te onthou, maar die dade wat aanleiding tot die lesse gegee het, te vergeet.  Ek is vry en X ook”

IMG_2733

Die graf is met opset in die middel van die wingerd geplant.  Die plantjies wat X geplant het en ek nie wou gehad het nie.  (Daai tuinjong beter die bossies seker uittrek)

Advertisements

Koebaai

Nog huiswerk vanaf die berader.  Ek het nou 2 weke uitgestel en hier is dit nou, die brief aan die X

Liewe X

Ek skryf vir jou ‘n brief wat ek nooit sal pos nie, ‘n brief om die deur toe te maak, ‘n brief waarin ek koebaai sê aan jou en aan die lewe wat was saam met jou.

Ek wil begin deur dankie te sê.  Dankie vir al die eerstes.  Dankie dat jy my geleer het om meer te leef en minder daaroor te dink.  Dankie vir al die goeie tye saam, maar ook dankie vir al die slegte tye, want dis die kere wat ek myself moes leer ken, beter as in my hele lewe voor jou.  Voor jou het ek bestaan, saam jou het ek geleef.

Dan wil ek vir jou sê dat ek jou vergewe.  Ek vergeef jou vir al die trane wat ek oor jou gehuil het.  Vergifnis is so ‘n mooi word en ‘n Bybelse begrip, waarsonder ons as mense nie kan klaarkom nie.  Ek vergewe jou vir die kere wat jy my laat klein voel het, wat jy my laat voel het ek is nie genoeg nie.  Nie genoeg vrou nie, nie genoeg mens nie en spesifiek die keer wat ek weg geloop het by die viswaters.  Ek vergewe jou vir die te veel drink en kuier wat my altyd laat voel het ek is laaste op jou lys van prioriteite.  Ek vergewe jou vir die geld wat ek verloor het, aardse goed is in elk geval so min werd.

Vandag spreek ek myself vry.  Vry van die eed om nooit weer te vra vir seks nie.  Ek is genoeg, ek is net myself en kan niemand anders wees nie.  En ek kan vra as ek iets nodig het, of dit seks, tyd of liefde is, ek kan vra.

Al is hierdie ‘n koebaai brief, sal ek jou nooit vergeet nie.  Ek kan wel al die slegte goed vergeet, maar mag ek altyd dit wat ek geleer het, onthou.  Sodat ek nie weer dieselfde foute maak nie, of ten minste net dit vroeg genoeg raaksien, sodat ek iets daaraan kan doen.  Ek weet ek het jou nie genoeg gerespekteer nie en ek is waarlik jammer daaroor.  Vandag besef ek dat ek baie dinge anders kon doen.

Al verstaan ek nog steeds nie presies waarom ons juis moes skei net toe alles lyk asof dit gaan regkom nie, het ek geleer (dankie berader) dat ‘n mens nie alles in die lewe hoef te verstaan nie, dat ek net moet leer om saam te leef met goed wat onduidelik is.  Eendag sal dit wel duidelik word.  So dankie daarvoor ook.  Dankie dat ons paadjies geskei het.  Vandag is ek ‘n sterker mens juis as gevolg daarvan.

Ek sê nie totsiens nie, ek sê nie vaarwel nie, ek sê koebaai.  Ek hoop dit gaan goed met jou.  Ek hoop jy kry alles waarna jy so soek.  Ek hoop jy vind / het iemand in jou lewe wat jou aanvul en inspireer.  Ek is nog steeds lief vir jou en sal seker altyd wees, maar vandag sê ek koebaai aan jou en ons lewe saam, wat nooit weer kan wees nie.  Koebaai

Neem my saam

Siende dat almal so lekker kroek met hierdie week se https://hesterleynel.wordpress.com/2017/09/21/le-jou-eier-wat-sal-ek-saamvat/ uitdaging, het ek besluit om aan te gaan in die tradisie.  So die ding wat ek saamvat is my telepatiese vermoë om vir julle te kom kuier.

Toorts op haar eiland waar sy met positiwiteit en geloof haar Rooi handsak oopmaak.  Mag daar asseblief so tussen die lipstiek en selfone ‘n bottle rooi wyn wees?  Vir Lewies wil ek graag sien met daai bloomer so skuins oor sy kop getrek, ek sal lag tot ek lê.  Scrapy wil ek eers besoek nadat daai 5 skryfblokke vol geskryf is, ek dink ek sal ure kan lees en leer hoe om op ‘n eiland te oorleef.

Hester se blou baadjie gaan voos gedra wees teen die tyd wat ek daar by haar inpop en Trommeltjie sal daai trommeltjie van haar lekker oopmaak en saam sal ons lag en huil vir haar herrineringe.  Daarna sal ek vir Una besoek, hopelik het haar 1 plantjie nou al baie maatjies, dan kan ons hoog in die takke verkeer en sommer net kakpraat.  Storieklong sal daarna aan die beurt kom, hy het teen daai tyd al ‘n spog-mansion gebou met al die goeters uit ma-se-handsak.  Laaste gaan ek vir Christa soek en met haar kryt van La Linea kan sy vir ons ‘n lekker passasiersskip teken waarmee ons kan terugkeer vanaf Lala-land.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

tele

Ek weet

Vuisboek hou daarvan om die onthoukis se deksel elke dag oop te maak en vandag is geen uitsondering nie.  Daar is ‘n foto wat ek 5 jaar terug geneem het toe ons in Nigerie was op vuisboek en ek onthou…

Vier van ons het gevlieg soontoe om te gaan kyk wat by die plant aangaan en dan ook met die konsultante te gaan kennis maak wat SAP vir die hele groep implimenteer.  Ons kom so net na 10 daai aand in die Noorde van Afrika aan.  Nou enige-iemand wat dink ons land het kak, moet net bietjie dieper in Afrika gaan reis om weer ons land te waardeer.  Nietemin, daar aangekom wag ons vir die hotel se bussie om ons op te pik by die lughawe, daars moer baie bussies, maar nie 1 van hulle is vir ons nie.  Ons probeer die nommer te bel op die hotel se site, maar helaas geen antwoord (Ons sou later uitvind dat landlyne in Lagos 95 % van die tyd nie werk nie)  Gelukkig is daar 1 ander persoon wat ook hier van die Suide is, wat gesien het hoe paniekerig ons gelyk het en wat ons gehelp het.  Dankie barmhartige samaritaan.

Volgende dag moet ons vlieg vanaf Lagos na Abudja.  Ons kom(weer) by die lughawe, honderde mense storm op ons af om vir ons te queue (natuurlik teen ‘n fooi), maar ons is gewaarsku om nie ons paspoorte uit ons hand te laat gaan nie.  Nog ander wil ons tasse vat, so ons moet baklei vir al wat ons werd is om bymekaar te bly, tasse self te sleep-dra en paspoorte vir onsself te hou.  Waar is die domestic terminaal?  Dis toe so wit bedoein tent affêre want hulle bou of breek of herbou of iets.  Daar gekom is daar duisende mense, geen rye en ‘n gestamp en gestoot vanuit ‘n ander wêreld.  Twee van ons gaan een kant toe en die ander twee ander kant toe om te probeer om iets uitgerig te kry.  Nadat helfte van ons in ‘n ry gestaan het wat by ‘n onbemande tafel uitgekom het, het die ander twee darem reggekry om boarding passes te kry vir die lot.  Na nog ‘n gestamp en gestoot, is ons uiteindelik voor die counter waar bagasie ingegee moet word.  Die dame agter die counter vat opelik bribes en ek moes my stem dik maak anders het ons seker nou nog daar gestaan.  Dis toe ook al verby die tyd wat die vlug moes opstyg, maar niemand is vreeslik haastig nie.  Tasse word sommer so op ‘n trollie-skaal gegooi, geen labels of iets nie.  Ek het toe al vrede gemaak met die feit dat ek vir ‘n week dieselfde klere en onderklere sou dra.  Ons is die enigste bleek mense en ook die enigstes wat hardloop tot by die vliegtuig.  Daar gekom, moes ons elkeen eers sy tas uitwys, voor ons kon opklim.

Aangekom in Abudja, terwyl ons wag vir die mpy-voertuig, eet ons toe maar iets.  G’n fokken mens weet wat dit was nie.  Nog twee mense wat in Lagos werk by hoofkantoor het ons groepie gejoin.  Uiteindelik kom die 4×4 waarmee ons die laaste +/-60km sou ry daar aan.  Tot ons groot verbasing word ander mense opgelaai en daar wag ons maar weer. T (so groot man wat by hoofkantoor werk) spring op die foon om te bel.  Hy het ook al die bribes op pad na die plant betaal.

Die week het vining verby gesnel.  Tussen die vreemde kos wat saam op ‘n bord voor ons verskyn het, die hitte wat net nie wou ophou nie en die akkomodasie wat bra karig was, kon ons nie wag om huis toe te gaan nie.  Eindelik breek Vrydag-oggend aan.  Nou moet ons net weer terugvlieg Lagos toe en betyds wees vir ons vlug vannaand.  Rondom die ontbyt-tafel moet ons toe uitvind dat die lugredery waarmee ons sou vlieg Lagos toe, staak en dat niemand weet hoe lank die staking sou duur nie.  Al die ander binnelandse vlugte is vol, so ons moet nog ‘n naweek daar bly.  Nou nie iets waarna ons uitsien nie.  Nou beraam ons planne.  Abudja is mos net 750km vanaf Lagos, wat beteken as ons dadelik ry, sal ons betyds wees vir ons 23h00 vlug.  Nou moet ons net ‘n voertuig kry.  Helaas alle 4×4 voertuie is besig (Later sou ons uitvind dat die managers die voertuie vir provaat doeleindes gebruik oor naweke)  Maar T maak ‘n plan en daar kom toe so minibus daar aan wat net soos Suid-Afrika se taxis lyk.  Beggars can’t be choosers, so die 6 van ons klim in en daar gaat ons.

Nou van karre weet die girl minder as fokkol niks, maar selfs ek kon hoor dat iets nie heeltemal 10-4 met die taxi was nie.  Iets maak so snaakse klak-klak geluid elke keer as ons om die geringste draai gaan.  En die klak-klak word ‘n moerse gebrom en gedreun op die pad, wanneer ons deur ‘n pothole gaan.  In Suid-Afrika is die minister van paaie mos Pothole Slagate, maar daai kant is die gate groter en dieper as die pad, dan kies almal maar koers deur die bosse.  Die eerste 50km van ons onbeplande roadtrip, het ons net so onder 2 ure geneem, met die taxi-bestuurder wat non-stop op sy foon praat (natuurlik sonder enige hands-free kit).  Ons het ‘n paar noue ontkomings gehad met groot lorries wat dieselfde bos as ons op dieselfde tyd gekies het, maar nou ja, mnr taxi-bestuurder het ons verseker ons gaan nou op die nuutgeteerde teerpad klim.

So net voor die befaamde teerpad is daar darem ‘n dorpie (wat eintlik net uit gehuggies bestaan) waar ons kan petrol ingooi.  Nou blykbaar mag mens nie naby die petrol rook nie, so die uwe vat toe maar haar sigrets en gaan staan so amper in die straat.  Met die, kom daar ‘n vrou met ‘n lewendige hoender verby.  Nou in die geweste is daar nie eintlik elektrisiteit nie en ‘n tv is nie iets wat dag-tot-dag bestaners al ooit gesien het nie, so hierdie wit vrou met die kort blou hare was vir die vrou met die hoender 1 te veel.  Sy het 1 keer verby gestap, omgedraai en agteruit gestap, toe besluit sy gaan terugstap en aan die blou hare kom vat.  Needless to say ek het die sigret ge-doubleclutch en teruggespring in ons taxi.

Dis een-uur in die middag en ons het nog 700km om te gaan.  Elke keer wanneer ons die taxi-bestuurder vra of ons teen 8 uur daar gaan wees, verseker hy ons dat ons dit wel gaan maak.  Eindelik is ons op die teerpad, nou moet ons klou, die drywer is gedetermineerd om ons daar te kry, come hell or high water.  En dit begin reën en mnr taxi-bestuurder gee vet om die draaie.  Toe ons weer sien begin ons in die rondte tol.  Nou ek het al gehoor van jou lewe wat verbyflits, maar ek sweer daar was nie tyd daarvoor met al die bome wat verbyflits nie.  En ons land teen ‘n boom, strompel uit die taxi uit.  Nou hierdie was die laaste boom vir die volgende 500m en reg langs boom is ‘n ravine.  En toe bel jy my uit Suid-Afrika uit, omdat jy kon voel iets is verkeerd.

Daar tussen niks en nêrens wemel dit skielik van mense.  Weer-eens klou ons aan ons tasse, terwyl ‘n babelse gebrabbel uitbreek.  Gelukkig praat T die taal.  Niemand se fone werk nie, dis een moerse fokop van formaat.  Lang storie kort, van die padbouers het daar verby gekom, gesien wat aangaan en hulle het ‘n nuwe voertuig gereël.  Ons het daai aand 12 uur in Lagos aangekom, toe maar die volgende dag gevlieg en die grond gesoen (letterlik) toe ons in Suid-Afrika land.

Ek weet ‘n paar goed:

  • Ek gaan nooit weer terug Nigerië toe nie, behalwe in ‘n privaat vliegtuig
  • Ek is baie gelukkig om nog te leef, het daai dag ‘n hele klomp goed aan my Maker belowe.  Dis tyd om weer af te stof
  • Daar was ‘n band tussen ons gewees wat niemand kan beskryf nie en dis hoekom ek nog steeds sukkel (2 sekondes nadat ek hierdie blog begin skryf het, het jy my vir die 1ste keer in 3 weke ge-epos)

 

Casper Rasper

skorsie

In my dae, vanmelee se dae, het ons ons groentekies so bietjie gerasper om dit in ‘n slaaitjie te gooi.  Dan vat ons die slaatjie en gooi dit in die asblik.  En dan braai ons ‘n vleisiekie.  Want bees eet mos gras en mielies, mielies is ‘n groentekie, so die beesvleisiekie is al wat nodig is om al ons groetekies in ons mage te kry.  Hehehehe

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

Hallo, wie praat?

Na gister se huiswerk-opdrag, ry ek huis toe.  Ek snik en huil so dat ek skaars die pad kan sien.  YouTube is op my foon en kies sommer so sy eie liedjies.  Ek ken nie vir Joshua na die reën so goed nie, maar die liedjie speel sommer so vanself.

https://youtu.be/lPm-EoBpZLY

Die woorde:

Laat Die Wind My Neem

Joshua Na Die Reën


Blind, is my oë dan blind

Dit wat ek hoop in myself, kon ek nêrens vind

Lees, in ‘n hart wat breek

Is dit wat ek wys, wat ek werklik wil wees?

 

Breek my hart oop, laat dit reën

Soms moet mens eers sterf om werklik te kan leef

Strooi my vrees dan oor die see

Laat die wind my neem, laat die wind my neem

 

Soms wil ek net loop

Waar die velde in my groen is die lig vol hoop

Maar om die droogte, in die oë te kyk

Oh, leer my die kuns om te staan deur tyd

 

Breek my hart oop, laat dit reën

Soms moet mens eers sterf om werklik te kan leef

Strooi my vrees dan oor die see

Laat die wind my neem, laat die wind my neem

 

Deel van my sal kyk

En dit wat ek sien en vergeet, dit vergaan in tyd

En dan kom die stilte, wat my deurgaans volg

Dit wat my terughou, sal ek moet agterlos

 

Breek my hart oop, laat dit reën

Soms moet mens eers sterf om werklik te kan leef

Strooi my as dan oor die see

Laat die wind my neem, laat die wind my neem

 

Nou wonder ek:  Wie praat?

Kopdokter toe gaan is harde werk

Toe ek begin het om die berader te sien het ek vir haar gesê ek wil praktiese oplossings hê.  Be careful what you wish for….. Toe kry ek huiswerk, baie daarvan en moeilik om te doen.  Hierdie 1 se naam is “Revisit the pain”

Ek moet skryf oor situasies in my huwelik wat ek sukkel om te verwerk.  Nou ek het eers gedink daai 1 Januarie 2016, toe hy my vertel het dat hy nie gay is nie, net bisexual, is nog nie verwerk nie.  Maar ek dink dit is, deur toe, klaar gelag (en gehuil) oor daai een.

Hulle was seker so twee maande getroud, die twee mense wat eintlik glad nie vir mekaar bedoel was nie.  Hy 12 jaar ouer as sy.  Hy engels, sy afrikaans.  Hulle was werkskollegas, saam gewerk aan ‘n projek, waar hy aan haar rapporteer het.  Sy het nog steeds nie lekker verstaan waarom hy haar gevra het om te trou nie, maar nou ja, dit was so, hulle is getroud.

Hy kom by die huis en opgewonde sê hy: “Ons gaan visvang die naweek, saam R en sy vrou”.  Bietjie verbaas vra sy vir hom van waar die skielike belangstelling in visvang en waar die monumentale okkasie dan sal plaasvind.  Antwoord hy dat dit net so anderkant Parys is, hulle gaan oorslaap, sommer so agter in die SUV en dat hy lanklaas vir R gesien het en graag sal wil kuier.  Nou R en sy vroutjie is so oud soos hy en het 2 klein kindertjies.  R en hy het vir ‘n jaar saam in Engeland gebly, net na skool, in ‘n klein flatjie en hulle het alles saamgedoen daai jaar.

Die vorige keer toe hulle saam vir R en sy vrou gesien het was ‘n braaitjie by R se huis, wat in ‘n fantasmagoriese fokop van weed en fights uitgedraai het, daar in die Vuildriehoek.  Glad nie verbasend dat sy skepties was om weer saam die mense te kuier nie, maar 2 maande is nog eintlik honeymoonphase, so visstokke word geleen, goeters word gepak, honde word gegroet en daar trek hulle.  Op ‘n Saterdag-oggend, twee maande na die troue.

Eers gaan dit honkie-dorie, garmin ken mos alle paaie, maar toe hulle deur die tweede plaashek karring, dring sy aan daarop dat hy vir R bel en seker maak.  Hierdie is dan nou 10km grondpad met erge rotse in en geen rivier, dam of waterplas in sig nie.  Nee-nee julle is op die regte pad sê R, hou nog so 2km aan.  SUV se tyres het so nou en dan geklink asof dit gaan ontplof, maar eindelik kom hulle aan langs die viswater.

Die res van die partytjie is toe al goed op dreef, hy dra net die koelboks uit en daar gaat hy (moet darem opvang op die drinkery).  Sy haal haar eie stoel uit die kar en gaan sit daar by die res van die vrouens (wat almal so oud soos haar dogters is)  Hulle gesels oor babas, nuutste modes en mense wat sy nie ken nie.  Sy drink toe ook maar so 1 of 2, net om nie op die stoel aan die slaap te raak nie.

Opgewonde kom van die mans terug van die klein kafee/restaurant af en deel almal mee dat daar vannaand groot makietie in die saal gehou gaan word, dans en al.  Almal moet net sorg dat hulle genoeg drink voor die tyd, want drank word nie ingelaat nie en kroegkoop is duur.  Dadelik word aan die werk gespring om te sorg dat so min as moontlik geld uitgegee word vannaand.  Sy hou van dans en dink by haarself dat dit ten minste die verveling sal ophef, niemand het steeds twee woorde met haar gepraat nie en van haar honeymoonphase man het sy ook nog niks gesien of gehoor nie.  Eet is ook blykbaar uit soos laasmaand se pay, meng blykbaar te veel in met geld spaar.

Hulle klim toe almal op 2 bakkies (met paar koelerbokse, net so vir die wis en die onwis) en ry die entjie na makietiesaal.  Hulle aankoms word luidkeels aan die wêreld verkondig, terwyl sy met haar ouer bene sukkel om van die bakkie te kom.  Makietie is lekker, almal dans met almal, behalwe met haar en elke nou en dan gaan kyk iemand of die bakkie en die koelerboks darem nog okey is.  Blykbaar het die danslesse voor die troue twee maande terug nie die hoeveelheid geld-spaar in ag geneem nie, so na twee danse gaan sit sy liewer weer, voor haar tone af is.

Teen een-uur is die kroeg toe en die koelerbokse leeg, so almal val klim in die bakkies en daar word die jollifikasie teruggevat kamp toe.  Shhh shhh word so hard gesê dat die bure wakker word.  Niemand drink meer te lank nie, visvang, son en laatnag dans het sy tol geeis.

Die twee pasgetroudes gaan klim toe ook maar in die SUV, maar siendegesetsynde hulle nog in die honeymoonphase is en so bietjie baie te veel gedrink het, trek sy vir klere uit en fluister soet woorde in sy oor (met so bietjie geknibbel by vir effek).  Hy draai na haar en fluister terug dat hulle die mense gaan wakker maak en dan tog eerder moet slaap, hy is in elk geval te dronk vir enige sekskepades.  Toe word die hele dag se ignorer word, die tonetrappery en bakkie vallery net te veel vir haar en sy dring aan.  Hy fluister nou ook nie meer nie en kort daarna word die hele kamp wakker geraas, nie deur vurige romanse nie, maar ‘n geskree en gevloek.  Kaalgat klim sy uit die SUV, gryp haar handsak en daar gaat sy.  Wegstap as sy kwaad word, was nog altyd haar manier.  En toe sy eers begin stap, hou sy aan.  Kaalgat tussen die daisies het nie ‘n patch op haar nie.

Die kampterrein se hek was nog oop, siende dat die laaste mense nog besig was om die makietie te verlaat (hulle koelerbokse was seker groter).  Die geneuk was net om uit die karligte te bly.  Daar is sekerlik nog steeds ‘n paar mense wat dink die spook van Uniondale het Parys toe getrek en haar klere in Uniondale gelos.  En toe begin die klippad, sy het in haar haas natuurlik haar skoene daar langs die SUV gelos, maar darem vir handsak onthou.  En sy stap.

Elke keer wat nog ‘n makietiebywoner se karligte haar inhaal, kruip sy weg in die bosse langs die pad en wanneer hulle vortry, stap sy weer.  Toe sy eindelik haar woede uitgehuil het en weer kon praat, soek sy vir selfoon in die handsak en wonder bo wonder is hy daar, 10% krag en al.  Bel toe maar die dogter se boyfriend om haar te kom haal (en bring asseblief toggie ‘n kombers saam, dis koud en ek is kaal), stuur location en toe het foontjie 5% krag.  En sy stap.  Naderhand bloei haar voete, maar terug is net so ver soos vorentoe en sy is te skaam om terug te gaan.

By teerpad aangekom, is bosse langs die pad (om in weg te kruip) minder en dit lyk asof dit begin lig word.  Laaste 2% op foon word gebruik vir nog ‘n location stuur en sms aan dogter se BF Hoe ver is jy?   Sy het net die reply gekry dat hy nog 10km weg is, toe die foon finaal moed opgee.  Sy het toe maar ook moed opgegee en langs die pad gaan sit (agter ‘n bos) en wag.  Groter verligting het sy nog nooit gevoel toe sy die BF se kar herken nie.  Groter skaamte het BF nog nooit gevoel toe hy sy girl se ma so kaalgat sien nie.

Tuis gekom het sy die foon op charge gesit en toe eers al die boodskappe gelees vanaf haar man, ook die foto wat hy vir haar gestuur het van sy arm waarin sy ‘n hele gat gebyt het.  Vir die eerste keer het sy in die spieël gaan kyk en die merke op haar bo-arms en keel gesien waar hy probeer het om haar vas te hou toe sy soos ‘n besetene aangegaan het.  Sy het haar voete verbind en in die bed gaan klim, na sy ‘n slaappil gesluk het.  Om te slaap en om te vergeet van die skaamte, die vernedering, die seer en die wonder hoekom hy met haar getrou het.  Net so voor sy aan die slap geraak het, het sy besluit sy sal nooit ooit weer baklei vir seks nie.  En so 5 jaar later op 1 Januarie 2016 het sy uitgevind wat hy bedoel het toe hy gesê het hy en R het alles saamgedoen in Engeland.

 

 

 

 

9-11

Amerika is in rep en roer met die herdenking van die dag en dan wil die natuur ook nog hulle uitwis met ‘n orkaan, maar lank voor 9-11 bekend geword het, was dit my troudag met XX.

Ek dink daar moet ‘n wet ingestel word teen vroeg trou.  Hoe kan jy op 22 al weet wat jy in die lewe wil hê?  Hoe kan jy weet wat dit is om saam sakke sout op te eet en ander kant uit te kom, met ‘n sterker band.  Sout is per definisie mos iets wat afbreek.

Ek onthou nog dat ‘n week voor ons troue, het ons ‘n vreeslike fight gehad, ek kan nie meer onthou waaroor nie, net dat hy op een of ander manier uit die kar geval het, nie seker of hy gespring het en of ek hom gestamp het nie.  Needless to say – op al die fotos het hy ‘n lelike roof op sy voorkop gehad.  Dit was die storm en drang jare.

Ek onthou dat Jennifer Rush – The Power of love ons trouliedjie was en dat hy my rok ‘n paar kere vasgetrap het.  Van die seremonie self onthou ek nie veel nie.  Die jare (17 van hulle), het gekom en gegaan.

Toe stap hy eendag in die badkamer in terwyl ek bad en vra: “Sien jy ons twee saam oud word?”  En ek kon nie, ek kon net nie.  Die kinders was groot genoeg om te kon sien dat nie een van ons regtig gelukkig was nie, dat ons elkeen ons eie dinge gedoen het en vrek eensaam was, al was ons getroud.  So toe word 9-11 ‘n dag soos al die ander.

Ek dink darem elke jaar op die datum aan hoeveel anders dit kon gewees het.

Tadaaa….

Hierdie nuwe uitdaging van Hester…..Al wat ek kan sê is Eish.  Want wie wil nou dink aan grafskrifte, dis morbied man!  Eers was ek glad nie lus om by te dra nie, maar ek dink nou al ‘n paar dae oor hierdie onderwerp, so hier’s hy nou.

Die afgelope tyd wonder ek nogal oor wie en wat ek nou eintlik is.  Wat my lewe op aarde beteken, vir myself, my kinders en ander mense.  Aan die een kant is ek ‘n diep mens en aan die ander kant die lewe van enige partie.  Soveel verskillende fasette in 1 skil dat ek nie met net een sin opgesom kan word nie.

Hier lê……………………..: (siende dat almal skynbaar veras wil word, sal ek maar die lê-ding doen, al wil ek ook maar eintlik veras word)

  • Stukkie van der Merwe, sy het haar poedels pink gedye en lekker gedans
  • Geliefde moeder en ouma, sy het so baie liefde gegee
  • Geliefde vrou (siende dat ek nooit weer trou nie, baie onwaarskyklik)
  • Harde werker (Fok met die hoeveelheid werk wat ek deesdae doen, sal dit eerder lyf-wegsteek werker wees)

Ek het nog altyd gedink, as ek kon kies hoe om dood te gaan, sal ek wil verdrink.  Ek het mos al een keer verdrink en dit was die saligste gevoel.  Hopelik is dit in die see en ek wil ook nie gekry word nie.  Dan hoef niemand te worry oor begrawe of veras in elk geval nie.

Ek sal dan baie graag ‘n bankie langs die see wil hê, met ‘n ou plaatjie op.  Waar mense kan sit en rus en net rustig na die nimmereindegende gedruis van die see luister.  Kan sien hoe die branders breek en terugtrek, maak nie saak wat op die strand aangaan nie.  Kan weet dat daar Iets groter as ons is, dat ons maar eintlik net stardust is, vlietend hier en vining weg.  Amper so iets (Foto gekry vanaf google)

images

Met ‘n inskrywing:

pic

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.