Grou ‘n gat

Iets wat hierdie citygirl nie sommer doen nie, is manual labour.  Sy verdien mos haar brood met haar brein, hoekom haar hande dan vuilmaak.  Nou moet my nie misverstaan nie, ek love dit om goeters te plant, self te plant met my lang naels in die grond (Ek dink hoeka daar is nog ‘n nael in een van die potte), maar gate grou, nee wat did hopeloos te harde werk en gewoonlik die tuinjong se plig.

Die kopdokter het nou gesê ek moet begrafnis hou en siende dat dit my proses is, moet ek seker dan nou maar self die gat grou.  Nou eers is dit ‘n gesoek na die graaf, met dit eindelik opgespoor begin ek.  Die boonste lag is darem nie te hard nie, maar ons het nog nie behoorlik reên gehad nie, so 2cm in begin ek sukkel.  En selfs my gewigtige lyf bo-op graaf maak nie dat hy verdet indolwe nie.  Maar ek moet dan nou begrafnis hou?  So sukkel-sukkel met ‘n effense skelwoordjie so af en dan, kom die gat darem daar.  Ek kry nuwe respekte vir mense wat elke dag die tipe werk moet doen.

Moes ek dan nou so demn groot boks kies vir die fotos.  Ek onthou toe darem dat dit die laaste ding was wat X gekoop het, ‘n CD en kaartjie in die boks, die koebaai brief wat ek geskryf het en 4 fotos.  ‘n Troufoto, saam in Parys foto, oujaarsdag 2015(net voor die bisexual Nuwejaar) en die laaste keer wat ons saam weg was Oudtshoorn toe, einde 2016, net voor die “ek wil skei” kak begin het.  Die cd en kaartjie het x gekoop na die skeisaak en die kaartjie bevat sy laaste lieg “Ek wil jou hê, met jou kinders en jou familie.  Ek is lief vir jou” (week daarna vertel hy my ek moet Kenya saam met hom, weg van my kinders, huis en familie)

Waar was ek?  O ja.  Gat is net-net diep genoeg sodat boks darem nie heeltemal uitsteek nie.  Boks is in, gooi toe.  Lees hardop: “Ek kies vandag om die band met X te breek, die emosionele, geestelike en seksuele band wat daar tussen ons was”  Ek voeg by “Ek kies om van vandag af aan te gaan met my lewe, om die lesse wat ek geleer het te onthou, maar die dade wat aanleiding tot die lesse gegee het, te vergeet.  Ek is vry en X ook”

IMG_2733

Die graf is met opset in die middel van die wingerd geplant.  Die plantjies wat X geplant het en ek nie wou gehad het nie.  (Daai tuinjong beter die bossies seker uittrek)

9 thoughts on “Grou ‘n gat

  1. Ek weet hierdie is ‘n ernstige inskrywing, en ek is regtig bly dat jy besig is om vorentoe te beweeg. Well done!
    Ongelukkig kan ek myself nie help nie, en dit sal seker nog eendag my dood beteken.
    Hoekom is dit dat almal beweer (my van Helsdingen inkluis) dat julle nie die gate grou ding pleeg nie, maar dan het sy geen probleem om ‘n gat onder die wendyhuis se vloer te grawe om my verminkte lykie in weg te steek nie?

    Liked by 1 person

  2. Skies, nou smile ek, ek sou die doos “veras” het… en my verstaar het in die vlamme… gatgrou se gat, dis te harde werk vir n X. Met n brand sou dit 2 ticks wees en als is weg, dan kon jy die as erens gaan strooi. Dis maar net ek. Ek hou baie van hierdie simboliese “ding” om klaar te maak en aan te gaan – ek is trots op jou. You GO girl!
    Mag die doos in vrede rus!

    Liked by 2 people

Leave a comment