Bang

As ek die vraag Wat maak jou bang? net ‘n jaar terug moes antwoord, sou ek baie eerlik kon antwoord “Nie veel nie”, ek gril vir spinnekoppe en slange en rotte en muise, maar ek is nie bang vir hulle nie.  Ek skree soos ‘n tienerdogtertjie wanneer ‘n vlermuis in die kamer vlieg, maar ek het hom al geslaan met ‘n rakket.  Ek het gesukkel met die duikkursus omdat ek erge engte- en hoogtevrees het, en die kursus-tenk was 4m in die lug op en net 3*3m breed en diep, maar ek het die kursus gedoen en geslaag.  Ek was op ‘n stadium bang om voor mense te praat, maar het dit ook al gedoen (in Ingels), so ek kon regtigwaar sê dat nie veel dinge my bangmaak nie.

Nou is dit ‘n jaar later en nog steeds is ek nie ‘n bang mens nie, maar die gebeure van die afgelope tyd het my meer laat dink.  Veral oor myself.  So as ek vandag moet sê wat maak my bang, is dit hierdie onbekende selfverkennings-reis waarop ek is.  Die onsekerheid oor waar dit gaan eindig.  En wie ek gaan wees wanneer ek klaar gegroei het.

Gaan ek alleen wees?  Gaan ek alleen oudword?  Gaan ek van myself hou wanneer die groeiproses oor is?  Gaan dit ooit oor wees?  Ek kan nie enige langtermyn besluite maak nie, want ek is bang ek neem emosionele besluite.  Ek kan ook nie niks besluit nie, want wat dan.  Ek haat onsekerheid en dit is presies wat my lewe vandag is, onseker.  Nou vat ons dit maar dag-tot-dag, lewe vir die nou en die hier en vandag is die môre waaroor ons gister bekommer.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

8 thoughts on “Bang

  1. Ek wonder of dit ‘n tendens is onder mense wat professionele hulp inwin om geraamtes uit kaste te ruk en in die helder lig van dag te disekteer? Skielik bevraagteken ek ook elke gedagte en elke aksie waar en voorheen eenvoudig (vreesloos?) sou voortgeploeg het.

    Like

    • Ek weet nie of dit iets te doen het met die kopdokters, ouderdom of intelligensie nie, maar ek dink deesdae veel meer as voorheen. En wanneer ek besluit om iets te doen, wonder ek ook vele kere of dit nou die regte besluit was. Toe ek jonger was het ek eers gedoen / gepraat en dan gedink. Oudword is nie vir sissies nie

      Liked by 1 person

  2. Mmmm ek het deesdae ook die gewoonte om elke besluit te herkou of om soos die rugby-manne die hele wedstryd agterna weer oor te speel. Ek dink hierdie geneigdheid ontstaan vanself as ‘n mens so ‘n paar keer jou vingers verbrand het, selfs al was jy nie die een wat die vuur aangesteek het nie. Akismet laat my nou weer toe om kommentaar te lewer, so ek wou net gou kom dankie sê vir die bydrae.

    Liked by 1 person

  3. Dankie ek het die lied van Laurika geniet. Ek is bang vir my wat ek beleef my onvermoe in vergelyking met mense met soortgelyke gawes as ek. Maar ek het nie daaroor geskryf in my bang storie wat ek hierdie keer ligtelik geskryf het. Ek het ‘n April verlede jaar besluit om gereeld blogs te skryf en die eerste een wat ek geskryf het was oor die lied Hot Gates van Laurika in die post Thermopylae https://abriejoubert.wordpress.com/2016/04/28/thermopylae-hot-gates/

    Liked by 1 person

  4. Pingback: Die pad | Wegkruipertjie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s