Val-in-die-tuin

Ek het nou net wakker geword, langs Toweropstal.  Die laaste wat ek onthou is dat ek geduik het in die huis in.  Selfs met ‘n skerp lig het ek na ‘n wyle nie meer geweet waar bo en waar onder is nie.  Volgende oomblik word ek wakker op Maputu se strand.  Enigeiemand weet dat dit onmoontlik is, maar ek was daar.  Dit beteken daar moet een of ander tonnel wees van onder die Toweropstal to by Maputu.  En as ek nou nie vir my misgis nie is dit mos waarheen Paul Kruger gevlug het voordat hy na Nederland gevaar het?

In elk geval, blykbaar maak die klomp goud van die Kruger miljoene mens mal in die kop (dit kan ook dalk die baie spinasietert wees), seker die dat ek ‘n week na Val-in-die-tuin-dag wakker word en al wat ek hoor is iets van ‘n kat wat weg is, luidkeels gesing in Hollands en dan nog iets van CR Swart, blykbaar het ons nou weer vir CR en hy’s ook swart.  Dit maak geen sin nie, niks, nikkies, amper sê ek fokkol.

En dan skryf Una ‘n brief waar ‘n Storieklong beweer om saam met mnr Abrie een van die good guys te wees.  Nou vir my lyk dit daar is net 2 guys en nie een van hulle is good nie.  Dalk is my kop nog net deurmekaar, het hulle ons sterre gered?  Ek dink ek het borrelsiekte van die lank duik en min suurstof.  Kan iemand help asseblief.

In elk geval, ek het wakker geword hier langs Toweropstal en ek het een enkelte ene van die goed in my hand.  Ek weet nie of ek dit hier of in Lorenzo Marques gekry het nie.  Ek weet nie of daar nog is nie.  Ek weet nie of die 2 guys dit net laat val het nie.  Waar is julle almal?  Alweer besig om spinasietert te eet?

kruger

Nou ja Scrapy, siende dat ek ongenooid ingeval het met die goeie/slegte nuus, kan jy dan nou maar aangaan

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

47 thoughts on “Val-in-die-tuin

  1. Waar WAS jy? En jy’s nie ongenooid nie, ék het jou getag, maar Wegkruipertjie het só weggekruip, dat Kameel toe maar solank die stokkie gevat het. Hester, hierdie storie, lyk dit my, is nie ‘n boek nie, eerder ‘n ensiklopedie. 😂

    Liked by 1 person

  2. Ek loer vanaand net gou in vanaf my pakansie hier in Ballito. Ek het duidelik al die aksie gemis sedert Vrydag… Sal maar opvang wanneer ek terug is by die huis. Julle hou hierdie ding opwindend hier op Toweropstal! 😄

    Liked by 2 people

Leave a comment