Weg

Met die klanke van die Tiramishoeshoe wat op ons oordromme speel en die trippel D’s wat oral rondlê, besluit Kammel, Una en Toorts dat dit veiliger is om eerder met ‘n fiets teruf te ry na die kluis.  Soos blits pluk Toorts ekstra kopdoeke uit haar sak en klim, op die handlebars, Una klim agter-op en arme Kameel moet trap.  Wheeee

3 bike v2

Tussen al die poeding vind Wegkruipertjie ‘n pragtige blonde pruik en Rooi Stiletto-skoene, sy kry ook ‘n noodhulpkissie.  Pleks van medisyne is daar die pragtigste nurse-uitrustig weggesteek.  Dit pas so perfek by die stilettos en pruik dat sy nie kan wag om die outfit aan te pas nie, siedaar ‘n nurse wat saggies fluister in sersant Gigaba se 2nd-in-charge:  “Boom, boom, boom, boom, I want you in my room…..”

naughty nurse 2polieste

In ‘n beswyming volg hy haar na die kluis.  Daar gekom vind hulle vir Hester, wat besig is om aandagtig ‘n groot joernaal te lees, pleks van om geld te tel.  Die 3 fietsryers het ook geland met ‘n bang en Toorts rol so rond in die geld dat net haar rooi kopdoek en ‘n stukkie van haar gesig sigbaar is.  Mens kan sommer die genieting duidelik sien.

face-money-picture-toorts

Van die bye is daar geen teken nie, hulle het so baie soet Tiramashoeshoe geniet dat hulle dronk by die kluisdeur uit is om Frangelico gegeurde heuning te gaan maak.  Abrie steier ook in, êrens in die tonnels het ‘n ou-omie spook aan sy boud gevat.  Hy is so verontreg daaaroor dat hy skoon nugter is en gretig om die spulletjie aan die gang te kry.

Nurse Hipnotiseerster beduie aan die polieste om die Bali-pênties aan mekaar vas te knoop en vol te stop met geld, diamante en alles van waarde.  Totaal betower begin hulle uitdra, reguit na die Lekker-lorrietjie wat staan en wag.  Lekkervurig beduie aan hulle waar om die buit te pak.  Soos miere stap hulle terug om die volgende lot in die Bali-pênties te laai.

Tjoef -tjaf is die lekker-lorrie volgelaai, 5 ton note, diamante en nog vele ander blink buit lê die lorrietjie vol.  Die polieste het per ongeluk vir Toorts saam met die geld ingelaai, maar vir die ander towerinne is daar geen plek in die lorrietjie nie.  Gelukkig kom Perdebytjie tot die redding met die Boom-away.  Die Towerinne en Abrie bondel almal in die wa in en op die maat van Ekmyself se CD, volg hulle die lekker-lorrietjie.  Party van hulle sing vals saam met Tina Turner se “Simply the best”, nurse  Hipnotiseerster lag saggies vir die enkele Krugermunt agtergelos in die bankkluis en die Latynse poliesman staar die lorrietjie na, met die toweropstal in die agtergrond.

Tower2v2

Abrie sal verder vertel oor die wegkom

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

Val-in-die-tuin

Ek het nou net wakker geword, langs Toweropstal.  Die laaste wat ek onthou is dat ek geduik het in die huis in.  Selfs met ‘n skerp lig het ek na ‘n wyle nie meer geweet waar bo en waar onder is nie.  Volgende oomblik word ek wakker op Maputu se strand.  Enigeiemand weet dat dit onmoontlik is, maar ek was daar.  Dit beteken daar moet een of ander tonnel wees van onder die Toweropstal to by Maputu.  En as ek nou nie vir my misgis nie is dit mos waarheen Paul Kruger gevlug het voordat hy na Nederland gevaar het?

In elk geval, blykbaar maak die klomp goud van die Kruger miljoene mens mal in die kop (dit kan ook dalk die baie spinasietert wees), seker die dat ek ‘n week na Val-in-die-tuin-dag wakker word en al wat ek hoor is iets van ‘n kat wat weg is, luidkeels gesing in Hollands en dan nog iets van CR Swart, blykbaar het ons nou weer vir CR en hy’s ook swart.  Dit maak geen sin nie, niks, nikkies, amper sê ek fokkol.

En dan skryf Una ‘n brief waar ‘n Storieklong beweer om saam met mnr Abrie een van die good guys te wees.  Nou vir my lyk dit daar is net 2 guys en nie een van hulle is good nie.  Dalk is my kop nog net deurmekaar, het hulle ons sterre gered?  Ek dink ek het borrelsiekte van die lank duik en min suurstof.  Kan iemand help asseblief.

In elk geval, ek het wakker geword hier langs Toweropstal en ek het een enkelte ene van die goed in my hand.  Ek weet nie of ek dit hier of in Lorenzo Marques gekry het nie.  Ek weet nie of daar nog is nie.  Ek weet nie of die 2 guys dit net laat val het nie.  Waar is julle almal?  Alweer besig om spinasietert te eet?

kruger

Nou ja Scrapy, siende dat ek ongenooid ingeval het met die goeie/slegte nuus, kan jy dan nou maar aangaan

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

Skuus

Ek het julle vreeslik in die steek gelaat, was veronderstel om goud te vind, maar het besig geraak daar in Mozambique met ander dinge.  Groter dinge as goud, want goud is nie alles nie.  Vandag terug in SA, met ‘n seer bors waar hulle my hart weer probeer aan die gang kry het en bronchitis sodat ek amper nie kan praat nie.  Wel ek kon in elk geval niks sê wat ‘n verskil sou maak nie.  Die dokters, susters en pasiente praat net Portugees, ek kon nie eers uitfigure in waste dorp ek is nie.

Grim moes die slegte pad terug aandurf om sy diabetes medikasie te gaan kry, so ek was alleen.  Die onbeskryflike paniek-gevoel het my seer bors met ‘n beklemming gevul wat my laat hiper-ventileer het, meer as een keer.  Elke keer as ek probeer vra het waar ek is, was die antwoord “Eu não falo inglês” en dan het die paniek my weer omsingel.  Die gedagtes wat deur my kop gegaan het, sê nou hy kry nie weer die hospitaaltjie nie, sê nou hy het in ‘n diabetesie koma gegaan omdat hy vir 24 uur geen medikasie kon neem nie, sê nou hy het besluit om my daar te los.  Met geen selfoon by my nie, en die enigste wit gesig vir myle, kon ek nie anders as om op die warm bed te lê en te bid dat Grim sal terugkom nie.  Ek het darem uiteindelik my dogter in Suid-Afrika kon bel en sy het gesê dat hy op pad is.

Die 8 ure gister op pad terug was amper te veel, maar ek was so bly om my eie huis te sien, en my honed, ek het nie eers omgegee dat hulle al ses op my seer lyf spring nie.  Vandag was ek dokter toe en sy het gesê did net bronchitis, so ek sal weer beter voel, hopenlik gou.  Ek wil nie nou hier praat oor wat gebeur het nie, wil net sê skuus ek het die goud gemis.

Paradys

Met die see se gedruis as agtergrondmusiek en die son wat bak op my lyf, is daar niks in die wêreld wat pla nie. Aap se kind het sommer so uit die swembad water gedrink, ook glad nie gepla nie. Min mense hier in Sodwana die tyd van die jaar.

Paradys

Lekker

Nou hier gaat ons, naweek-kapperjolle en ‘n hele salige week van nie werk nie.  So vinnige draai by Sudwana en dan vir 5 dae Mozambique toe.  Grim, ek en my lilo (dankie Una, ek het mooi geleer by jou), geniet die misdade die naweek en hou daai paartie aan die gang.  Ek sien julle volgende week weer.

Lekker

Urgh

Nou ja ek het deesdae blou hare en is so klein bietjie weird, so wie is ek om te praat.  So paar dae terug het Liewe Persoon ‘n blog gepos oor die nuwe modegier om neushare soos wimpers te plak https://wordpress.com/read/feeds/48249398/posts/1756446139 en vandag sien ek die op vuisboek.  Nou ek hou van interessante naels, maar stel jouself voor dat jy jou neus (met die aangeplakte neushare) met hierdie moet krap.  Ek sien die prentjie al, daai hare gaan mos nou lekker deurmekaar raak.  En vir my wat ‘n ou skaaptjoppie sommer so met die hande eet?  Kan jy jou voorstel as ek die hare om my naels moet raakbyt.  Ag nee daar gooi ek nou net so bietjie in my keel op.  Waar gaan die k@k eindig?

Selfoon kaskenades

Ek het so spesmaas die wag voor my mond en Poerdez s’n suip saam, elke dag heel dag.  As a matter of fact dink ek die tweetjies is volslae fokken alkoholiste.

Laas week op die laaste dag van die maand, terwyl ek eintlik moes besig wees met maand-einde, kry ek dit reg om uiteindelik die kinders se selfoon-kontrakte te gaan uitneem.  By die rooi maatskappy want ek is mos al jare by hulle met my ma se selfoon en die swart maatskappy is blykbaar nie goed genoeg vir die twee meisiekinders nie.  So vul ek al die vormpies in vir my ma se upgrade en die twee se porting, kies die fone en kontrakte, net om op die einde van die proses te hoor “Sorry ons het nie stock nie”.  Met ‘n belofte dat hulle sal bel sodra die fone arriver is ek daar uit.  Op pad terug dink ek so by myself dat ek nooit eers die outjie se naam of nommer neergeskryf het nie.

Volgende dag gaan ek terug mall toe om die naampie en nommertjie te kry want hulle het nog steeds nie voorraad nie.  Nog ‘n belofte om te bel wanneer dit kom word gemaak, natuurlik.

Gister moes ek weer mall toe om sleutels te laat sny.  Oppad soontoe dink ek by myself, laat ek gou bel en hoor of die fone nie dalk al gekom het nie.  Natuurlik kan ek nerens die naampie en nommertjie kry nie, so ek bel maar die shop self.  Ja daar is nou voorraad, is die antwoord.  Ek is oppad.

Centurion mall is fokken nog steeds besig om gerevamp te word, wat beteken parkering is min en jy moet tussen scaffolding deurloop en hoop en bid niks val op jou kop nie.  By die winkel aangekom, moet ek in die queue sit vir 20 minute, wat sommer klaar my moermeter laat styg.  Ek word uiteindelik geroep na ‘n toonbank.  Gee my id, net om te hoor die fokken klein bogsnuiter het absoluut fokkol op die rekenaar gelaai.  Nou dring ek aan om vir bestuurder te sien.  Aangestap kom nog ‘n outjie wat my seun kon wees.  Innige verskonings word gemaak en hy belowe hulle gaan dit dadelik uitsorteer.  ‘n Soektog van epiese proporsies lewer darem die ingevulde vorms op en perdjie begin die goed op die rekenaar laai.  Die kontrak wat op 31/01 359 pm gekos het, is nou R389 en R30 vir 3 kontrakte, oor 2 jaar is oor die R2000.  En dit oor klein fokkertjie nie sy werk kon doen nie.

Bestuurder het lankal iemand anders gaan help, so ek vra dat perdjie hom maar weer moet roep.  Ondertussen het my dogter daar aangekom en sy moet maar gaan sleutels sny vir my, siende dat ons nou al ‘n uur besig is en nog niks kon regkry nie.  Sy moet ook Telkom toe gaan vir ‘n Wi-Fi kontrak vir die salon.  Ek sien perdjie is besig besig op sy foon en toe ek hom vra wat aangaan, sê hy dat Vodacom my aansoek vir 2 addisionele kontrakte decline het.  Die fok weet, toe gaan haal ek maar vir bestuurder aan sy kraag voor die ander customers weg, met die woorde “Jy beter kom help, want vandag bliksem ek iemand, ek weet nog net nie wie nie”  Groot oë van al die ander mense in die shop (ek het seker klein bietjie hard gepraat)

Ting-ting kom ‘n WhatsApp deur van die dogter in Telkom.  Dieselfde foon met ‘n beter kontrak by Telkom R289 per maand.  Die kliënte se oë (wat reeds so onderlangs op my gerig was), het nog groter gerek toe ek die ongelaaide kontrakte gryp by verdwaasde perd en opskeur, daarna luidkeels verkondig dat die swak diens en die incompetence van die staf, die rooi mpy nou net 3 kontrakte en bowenal ‘n lewenslange kliënt gekos het.

 

Do You Know Your Shadow Side? — MakeItUltra™

Ken jou donkerkant, verstaan jouself?  Ek moes hierdie net reblog

By Dr. Perry, PhD “Hello darkness, my old friend I’ve come to talk with you again Because a vision softly creeping Left its seeds while I was sleeping And the vision that was planted in my brain Still remains Within the sound of silence” ~Simon & Garfunkel Like Dr. Jekyll and his evil shadow Mr. […]

via Do You Know Your Shadow Side? — MakeItUltra™

Dag 82

Lank lank gelede, presies 82 dae vantevoor het Grim gesê dat ek op dag 82 publiek mag sê of hy ‘n Koos met ‘n D is.  So vroegdag al het ek ‘n vuisboek pos gedoen, net Dag 82 is hier en wat dit beteken.  Nou wag hy en die res van die wêreld om te hoor of hy ‘n Koos is al dan nie.  Serves him right vir al die kere wat hy my opgewen het.  Al daai Op dag 392 mag ons soen en op dag 175 mag ons hande vashou.  Al daai dae het toe uiteindelik niks beteken nie, maar dag 82?  Dag 82 hou ons by, ‘n deal is mos ‘n deal.

Grim is die mees konsiderende mens wat ek ken, selfs in hierdie laaste week waar sy focus op die trekkery was en minder op my, het hy nog steeds probeer.  Sy blou oë raak blouer wanneer hy kwaad raak, maar did die enigste uitwendige teken dat hy so voel.  Nooit ‘n harde word nie, nooit ‘n wegstap en sulk nie.  Hy is die verste van ‘n Koos af wat ek aan kan dink.  Ek sien vir ewig saam hom en wanneer hy eendag terugkom na sy bikerit, gaan ons begin beplan aand ons Karoo-droom.

En nou is dit tyd om vuisboek te gaan update en vir die hele wêreld te sê dat Grim nie ‘n Koos is nie.

Geniet julle naweek.

Vir my is dit kaste regpak-tyd, lees tyd, hare kleur tyd, maar eers vannaand bietjie kuier-tyd saam die girls.

Dankie Zeesbees vir vroeg-oggend se dans-ding wat jy in my kop ingeplant het.  Hier is die link weer.  Sorry neh vir die taal, maar ons weet mos nou almal hoe polities (on)korrek ek is

Dag 82

Lank lank gelede, presies 82 dae vantevoor het Grim gesê dat ek op dag 82 publiek mag sê of hy ‘n Koos met ‘n D is.  So vroegdag al het ek ‘n vuisboek pos gedoen, net Dag 82 is hier en wat dit beteken.  Nou wag hy en die res van die wêreld om te hoor of hy ‘n Koos is al dan nie.  Serves him right vir al die kere wat hy my opgewen het.  Al daai Op dag 392 mag ons soen en op dag 175 mag ons hande vashou.  Al daai dae het toe uiteindelik niks beteken nie, maar dag 82?  Dag 82 hou ons by, ‘n deal is mos ‘n deal.

Grim is die mees konsiderende mens wat ek ken, selfs in hierdie laaste week waar sy focus op die trekkery was en minder op my, het hy nog steeds probeer.  Sy blou oë raak blouer wanneer hy kwaad raak, maar did die enigste uitwendige teken dat hy so voel.  Nooit ‘n harde word nie, nooit ‘n wegstap en sulk nie.  Hy is die verste van ‘n Koos af wat ek aan kan dink.  Ek sien vir ewig saam hom en wanneer hy eendag terugkom na sy bikerit, gaan ons begin beplan aand ons Karoo-droom.

En nou is dit tyd om vuisboek te gaan update en vir die hele wêreld te sê dat Grim nie ‘n Koos is nie.

Geniet julle naweek.

Vir my is dit kaste regpak-tyd, lees tyd, hare kleur tyd, maar eers vannaand bietjie kuier-tyd saam die girls.

Dankie Zeesbees vir vroeg-oggend se dans-ding wat jy in my kop ingeplant het.  Hier is die link weer.  Sorry neh vir die taal, maar ons weet mos nou almal hoe polities (on)korrek ek is