Weg

Met die klanke van die Tiramishoeshoe wat op ons oordromme speel en die trippel D’s wat oral rondlê, besluit Kammel, Una en Toorts dat dit veiliger is om eerder met ‘n fiets teruf te ry na die kluis.  Soos blits pluk Toorts ekstra kopdoeke uit haar sak en klim, op die handlebars, Una klim agter-op en arme Kameel moet trap.  Wheeee

3 bike v2

Tussen al die poeding vind Wegkruipertjie ‘n pragtige blonde pruik en Rooi Stiletto-skoene, sy kry ook ‘n noodhulpkissie.  Pleks van medisyne is daar die pragtigste nurse-uitrustig weggesteek.  Dit pas so perfek by die stilettos en pruik dat sy nie kan wag om die outfit aan te pas nie, siedaar ‘n nurse wat saggies fluister in sersant Gigaba se 2nd-in-charge:  “Boom, boom, boom, boom, I want you in my room…..”

naughty nurse 2polieste

In ‘n beswyming volg hy haar na die kluis.  Daar gekom vind hulle vir Hester, wat besig is om aandagtig ‘n groot joernaal te lees, pleks van om geld te tel.  Die 3 fietsryers het ook geland met ‘n bang en Toorts rol so rond in die geld dat net haar rooi kopdoek en ‘n stukkie van haar gesig sigbaar is.  Mens kan sommer die genieting duidelik sien.

face-money-picture-toorts

Van die bye is daar geen teken nie, hulle het so baie soet Tiramashoeshoe geniet dat hulle dronk by die kluisdeur uit is om Frangelico gegeurde heuning te gaan maak.  Abrie steier ook in, êrens in die tonnels het ‘n ou-omie spook aan sy boud gevat.  Hy is so verontreg daaaroor dat hy skoon nugter is en gretig om die spulletjie aan die gang te kry.

Nurse Hipnotiseerster beduie aan die polieste om die Bali-pênties aan mekaar vas te knoop en vol te stop met geld, diamante en alles van waarde.  Totaal betower begin hulle uitdra, reguit na die Lekker-lorrietjie wat staan en wag.  Lekkervurig beduie aan hulle waar om die buit te pak.  Soos miere stap hulle terug om die volgende lot in die Bali-pênties te laai.

Tjoef -tjaf is die lekker-lorrie volgelaai, 5 ton note, diamante en nog vele ander blink buit lê die lorrietjie vol.  Die polieste het per ongeluk vir Toorts saam met die geld ingelaai, maar vir die ander towerinne is daar geen plek in die lorrietjie nie.  Gelukkig kom Perdebytjie tot die redding met die Boom-away.  Die Towerinne en Abrie bondel almal in die wa in en op die maat van Ekmyself se CD, volg hulle die lekker-lorrietjie.  Party van hulle sing vals saam met Tina Turner se “Simply the best”, nurse  Hipnotiseerster lag saggies vir die enkele Krugermunt agtergelos in die bankkluis en die Latynse poliesman staar die lorrietjie na, met die toweropstal in die agtergrond.

Tower2v2

Abrie sal verder vertel oor die wegkom

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

97 thoughts on “Weg

  1. Jy het my nou vreeslik lekker laat lag…. dankie vir ons fietsry foto…. en Toortsie in die geld is hillarious 😀😀😀😀 Ons sal moet teruggaan…. daardie Latynse offisier moet saam met die buit weggery word… al moet ek hom weer boei.

    Liked by 4 people

  2. Hierdie sms kom van Hester af: Waddehel gaan aan? Waar is almal? Ek het nounet voertuie hier hoor weg spin en hier sit ek alleen in die kluis met ń klomp bye wat om my kop rond-zoem. Sersant Gigaba is besig om met ń fiets te ry in die banksaal. Wat maak die polisie nog hier? Sê vir Abrie hy beter my hier uitkry! Hoor jy my Una? UNAaaa!!! Julle moet my kom haal!

    Liked by 2 people

  3. Kyk, my dag is holderstebolder – alleen innie Lekker winkel en ookaan die kunsmis smous. Die epos vertel daar is iets nuut. Wegkrupertjie se foto relaas. Ek lag my morsdood. Die drie oppie fiets, die nuwe werk vir die pruik en die stilletoes, die dronk bye, Toortsie wat in geld rol, en dan daai arme Latyn in blou wat ons agterna staar. Ek sit en skater, Abrie ek hoop jy en Hester weet waarom en waarheen met die Towerinne.

    Liked by 3 people

  4. Hierdie is so oulik gedoen, Wegkruipertjie!! Ek is mal oor jou foto’s, veral Toortsie wat in die geld rol en die drie op die fiets! Die Latynsevoorkomskonstabeltjie is ‘n “dish”…njammies!!

    Liked by 2 people

  5. Joe! Maar nou raak hierdie partie vir jou lekker! Dankie dat jy tot ons redding gekom het, die tonnels sou nie nog ‘n jeer gewerk het nie. En die lorries! Wat ‘n blink plan. Dubbel D’s sou net nie genoeg gewees het nie.

    Liked by 2 people

  6. Ek het nou bietjie ingezoem op die kortbroekkonstabeltjie. Is dit sleutels vir boeie of vir ‘n tronksel, wat daar aan sy belt hang? Mensig maar hy het ‘n houdinkie. Nurse Wegkruipertjie kan hom present kry.

    Liked by 1 person

  7. Ek hou my eenkant, julle moet ophou so oor die mans te kere gaan, ons geld en diamante is nou op die spel – focus, girls. Ons kan nie nou toegesluit word nie, ek het planne vir n bosveld plasie.

    Liked by 2 people

  8. Ekmyselff, dink ons moet laat Toorts poeding by die bure ruil vir room – hier is ‘n paar katjies wat kalmeer moet word. Hehehe! G’n wonder Abrie sluip oral ontsteld rond nie. Reken hy wonder waar hy en Hester met ons opleiding fouteer het. Ons verbeeldingsreis is soos ‘n sirkusdier wat sopas in die veld vrygelaat is.Die wêreld vol. Bwahaha! Wed julle ons volgende projek is beperk tot die eerste tien woorde in die woordeboek en niks anders nie!

    Liked by 2 people

  9. Dit was ‘n lekker storie Wegkruipertjie en die fotos is pure genius. Ek lag nou te lekker vir al die kommentaar. Jammer ek kon nie vanoggend kommentaar lewer nie, maar my probleem is nou reggestel.

    Liked by 3 people

  10. Nou wil ek graag weet hoe Abrie hierdie ontsnapping gaan afsluit met so ‘n klomp malkopvrouens en waar ons gaan beland? Hopelik nie nie in die tronk nie. Abrie, jy beter sorg dat ons veilig hier uitkom (KOM HAAL MY – ek gaan g’n fiets ry nie). Ek moet sê, ek sal wat wil gee om ‘n vlieg teen die muur te wees wanneer daai bank môre-oggend oopmaak.

    Liked by 4 people

  11. ! Hester daar is ‘n vierwiel motorfiets agter Toweropstal onder ‘n seil versteek – ek het nog buit daar opgepak – sit die helmet op en kom, hierdie konvooi kannie omdraai nie.

    Ek sit hier en lees en die volgende beeld kom by my op :Abrie is nou soos daai outjie wat die lekke in ‘n dyk met sy vingers probeer toestop. Te veel lekpleke en te min vingers. Allesbeste Abrie, allesbeste. Jinne ons klomp Towerinne is onhebbelik. Bwahaha

    Liked by 5 people

  12. Ek pleit die afwesigheid van bedroom eyes en onbeholpenheid. Ek dink nie my vemoëns kan tred hou met die dames (en die spoke) se hormone nie! Ek is onseker wat nou eintlik geag te word die (s)kat te wees. En moet ons nou regtig onsself in gevaar stel om Hester te gaan red wat Meester oorsee ranking het. Askies Hester ? Non comprehendo. Ich verstehen nicht. I far stand not

    Liked by 5 people

  13. Pingback: Gegroet Toweropstal – Abrie dink hardop

Comments are closed.