Met die klanke van die Tiramishoeshoe wat op ons oordromme speel en die trippel D’s wat oral rondlê, besluit Kammel, Una en Toorts dat dit veiliger is om eerder met ‘n fiets teruf te ry na die kluis. Soos blits pluk Toorts ekstra kopdoeke uit haar sak en klim, op die handlebars, Una klim agter-op en arme Kameel moet trap. Wheeee
Tussen al die poeding vind Wegkruipertjie ‘n pragtige blonde pruik en Rooi Stiletto-skoene, sy kry ook ‘n noodhulpkissie. Pleks van medisyne is daar die pragtigste nurse-uitrustig weggesteek. Dit pas so perfek by die stilettos en pruik dat sy nie kan wag om die outfit aan te pas nie, siedaar ‘n nurse wat saggies fluister in sersant Gigaba se 2nd-in-charge: “Boom, boom, boom, boom, I want you in my room…..”
In ‘n beswyming volg hy haar na die kluis. Daar gekom vind hulle vir Hester, wat besig is om aandagtig ‘n groot joernaal te lees, pleks van om geld te tel. Die 3 fietsryers het ook geland met ‘n bang en Toorts rol so rond in die geld dat net haar rooi kopdoek en ‘n stukkie van haar gesig sigbaar is. Mens kan sommer die genieting duidelik sien.
Van die bye is daar geen teken nie, hulle het so baie soet Tiramashoeshoe geniet dat hulle dronk by die kluisdeur uit is om Frangelico gegeurde heuning te gaan maak. Abrie steier ook in, êrens in die tonnels het ‘n ou-omie spook aan sy boud gevat. Hy is so verontreg daaaroor dat hy skoon nugter is en gretig om die spulletjie aan die gang te kry.
Nurse Hipnotiseerster beduie aan die polieste om die Bali-pênties aan mekaar vas te knoop en vol te stop met geld, diamante en alles van waarde. Totaal betower begin hulle uitdra, reguit na die Lekker-lorrietjie wat staan en wag. Lekkervurig beduie aan hulle waar om die buit te pak. Soos miere stap hulle terug om die volgende lot in die Bali-pênties te laai.
Tjoef -tjaf is die lekker-lorrie volgelaai, 5 ton note, diamante en nog vele ander blink buit lê die lorrietjie vol. Die polieste het per ongeluk vir Toorts saam met die geld ingelaai, maar vir die ander towerinne is daar geen plek in die lorrietjie nie. Gelukkig kom Perdebytjie tot die redding met die Boom-away. Die Towerinne en Abrie bondel almal in die wa in en op die maat van Ekmyself se CD, volg hulle die lekker-lorrietjie. Party van hulle sing vals saam met Tina Turner se “Simply the best”, nurse Hipnotiseerster lag saggies vir die enkele Krugermunt agtergelos in die bankkluis en die Latynse poliesman staar die lorrietjie na, met die toweropstal in die agtergrond.
Abrie sal verder vertel oor die wegkom
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Jy het my nou vreeslik lekker laat lag…. dankie vir ons fietsry foto…. en Toortsie in die geld is hillarious 😀😀😀😀 Ons sal moet teruggaan…. daardie Latynse offisier moet saam met die buit weggery word… al moet ek hom weer boei.
LikeLiked by 4 people
Daai poliestman is yummy vir seker. Skuus ek het jou pruik en skoene gesteel
LikeLiked by 2 people
Alles in die haak… die nursie lyk toe so mooi… en kry die werk so gehoorsaam gedoen (soos miere wat vir hulle koningin werk stap die polieste op en af in die tonnel en laai die buit) dat ek net te dankbaar is.
LikeLiked by 2 people
Hoe lekker toor jy nou met die prentjies, ek is sooo bly jy het uit jou wegkruipplek gekom! Kan net dink dat Abrie erg verontreg voel!
LikeLiked by 2 people
Abrie se boud is die enigste waaraan nog nie gevat is nie. Haha, nou moet hy al verontreg verder vertel
LikeLiked by 3 people
En hy is so preuts! Dis tyd dat hy ook bietjie loslit raak saam met die Towerinne. Ek dink dis daai volgestopte monnikmantel en die Balie blou bal-en-klou tafelpoot wat hom so strem.
LikeLiked by 2 people
😂😂😂
LikeLiked by 2 people
Hierdie sms kom van Hester af: Waddehel gaan aan? Waar is almal? Ek het nounet voertuie hier hoor weg spin en hier sit ek alleen in die kluis met ń klomp bye wat om my kop rond-zoem. Sersant Gigaba is besig om met ń fiets te ry in die banksaal. Wat maak die polisie nog hier? Sê vir Abrie hy beter my hier uitkry! Hoor jy my Una? UNAaaa!!! Julle moet my kom haal!
LikeLiked by 2 people
Oops Hester het so verdiep geraak in die joernaal dat sy nie agtergekom het almal is weg nie
LikeLiked by 1 person
O vaderland Hester nou lê ek kliphard en lag 😂😂😂😂😃 Ons sal moet teruggaan… ons het vergeet om die Latynse offisier te laai!!! Ry bietjie vir ontspanning op die fiets rond…. anders kan Sersant Gigaba jou lift.
LikeLiked by 3 people
Onthou om die joernaal saam te bring, hierdie klomp Towerinne kan dalk nog so los ietsie kry om te gaan vind
LikeLike
Dankie vir die uithelp Una – Akismet het my mond oopgezip en nou kan ek weer kommentaar lewer.
LikeLiked by 2 people
Plesier Hester. Ek dans rond van opwinding, my container stop oor 15min hier.☺☺
LikeLiked by 4 people
Fotos nè?
LikeLiked by 2 people
Defnitief.
LikeLiked by 2 people
Ek gaan kom kuier
LikeLiked by 3 people
Sal vir jou fotos van die ligte aanstuur.🌸
LikeLiked by 3 people
Ons is so nuuskierig oor jou container. 😝
LikeLiked by 3 people
Als het goed gegaan, ek werk my alie af om uit te pak en pryse op te kry. Sal môre bietjie skryf.🌹🌹
LikeLiked by 4 people
❤️
LikeLiked by 3 people
Kyk, my dag is holderstebolder – alleen innie Lekker winkel en ookaan die kunsmis smous. Die epos vertel daar is iets nuut. Wegkrupertjie se foto relaas. Ek lag my morsdood. Die drie oppie fiets, die nuwe werk vir die pruik en die stilletoes, die dronk bye, Toortsie wat in geld rol, en dan daai arme Latyn in blou wat ons agterna staar. Ek sit en skater, Abrie ek hoop jy en Hester weet waarom en waarheen met die Towerinne.
LikeLiked by 3 people
Hierdie is so oulik gedoen, Wegkruipertjie!! Ek is mal oor jou foto’s, veral Toortsie wat in die geld rol en die drie op die fiets! Die Latynsevoorkomskonstabeltjie is ‘n “dish”…njammies!!
LikeLiked by 2 people
Die tweede in bevel, se kortbroek doen dit nie vir my nie🤣🤣
LikeLiked by 2 people
Dis daai stywe kortbroek van hom wat hom so maklik gemaak het om te verlei
LikeLiked by 1 person
Dalk gee dit hom hoofpyn.
LikeLiked by 1 person
Oooh eh eh, of kopseer?
LikeLiked by 1 person
Stywe broekies…
LikeLiked by 1 person
Hands off van die Latynse offisier perdebytjie!!! Jy kan die tweede in bevel kry 😀😀😀😀😀 kort broek en al!!
LikeLiked by 3 people
En so dog ek ons gaan oor die geld stry, nou stry ons oor die polieste. Tipies
LikeLiked by 4 people
😀😀😀😀😀 Ooo ek geniet dit gate uit!!! My Maandagoggend is die ene lag.
LikeLiked by 2 people
Op die end gaan ons toutrek oor daai offisier. Ek gaan jou uitslaan met een van jou rooi stilettos!
LikeLiked by 2 people
😲 Jy het blykbaar van Camilla se ankle grinder vergeet!!!!
LikeLiked by 2 people
Die angle grinder is poer toe, tydens die ontploffing.
LikeLiked by 2 people
Nope, iemand het myne mos lankal vasgelê…. op vuurpyl…. ek bedoel lekkervurig se aanbeveling… so het ‘n voëltjie vir my gefluister. Maaaaar sy het een op haar lorretjie gehad wat nog heel bruikbaar is.
LikeLiked by 2 people
Gelukkig gaan dit nou nie meer nodig wees dat jy my “grind” nie, want ek het mos nou die mooie mannetjie aan jou oorgegee. Jy moet seblief net mooi na hom kyk en oppas vir Wegkruipertjie met haar verleidelike nurse soeitjie!
LikeLiked by 2 people
Ek sal doen wat Hester gedoen het en hom aan my vasboei 😊
LikeLiked by 3 people
En daar gaan ons, almal saam in die Boomaway! Toortsie is voor ons, en Hester en die sersantjie het agter gebly… wat is ons plan van aksie? Ons moet Hester gaan haal!!!
LikeLiked by 2 people
Hoekom is Hester heeltyd waar die manne is, eers was dit Pablo en jou neef, nou die sersantjie?? Iets is nie pluis nie
LikeLiked by 3 people
Dis wat ek ook wil weet.
LikeLike
Sowaar!!!! Ons sal moet omdraai…. of ek ryloop terug en gaan kyk wat gaan daar by Toweropstal aan.
LikeLike
Is jy nou weer jaloers? Haha.
LikeLike
Ek? Nooit. Nurse what-shall-we-call-her, miskien sy
LikeLiked by 1 person
Kameel, jy MOET nou eers ophou lag en help dink! Perdebytjie, kan ons omdraai?
LikeLiked by 2 people
Laat ek en perdebytjie eers klaar baklei!!!
LikeLiked by 1 person
Ek het besluit jy kan hom maar kry, Kameel. Ek hou nie van sy borshare nie. Jy het in elk geval so lekker snot en trane daarin gehuil. Jy verdien hom.
LikeLiked by 3 people
Ek is bly julle twee het julle baklei nou klaar baklei. Perdebytjie, sien jy nog die lekker-lorrietjie? Al ons geld (en Toortsie) is daarin
LikeLiked by 2 people
Hulle staan langs die pad met ‘n pap wiel. Ek sien Toortsie is besig om die band op te stop met banknote, want soos gewoonlik het iemand opgeslip en vergeet om te sorg vir ‘n spaarwiel!
LikeLiked by 2 people
🤣🙈
LikeLiked by 1 person
Kan hulle nie met die fiets kom nie? Dis gevaarlik om nou om te draai!
LikeLiked by 3 people
Toortsie, het jy gesien hoe kwaai is Hester op haar sms? Ek gaan nie die een wees wat sê sy moet fiets ry nie!
LikeLiked by 1 person
Maar ek is nie bang nie, ek kom mos gereeld in die moeilikheid. Hester, Hester, kom in. Grypasb die fiets en maak dat jy hier kom. Ons kan nie omdraai nie, dis te gevaarlik. Komhier, ons het ‘n pap wiel, jy moet asb kom help!
LikeLiked by 3 people
WordPress het ‘n pleister oor HEster se mond geplak…..as sy eers weer kan saampraat gaan sy ons foeter!
LikeLiked by 2 people
Shuut julle, sy’s terug
LikeLike
O eh,eh.
LikeLike
Hie bang is ek nou!
LikeLiked by 2 people
Het ek al gesê hoe mal ek oor die foto’s is?
LikeLiked by 3 people
Dankie, ek is sleg met fotos edit, maar kon nie weerstaan om ‘n paar te doen nie
LikeLiked by 1 person
Kry vir Scrapy met die Elon Muskaat om hule op te pik….
LikeLiked by 1 person
Scrapy se Porkie-uil hou haar voltyds besig. Die dingetjie is nog erg getraumatiseerd en laat haar nie vir ‘n sekonde uit die oog nie. Ek glo nie sy sal kan help nie.
LikeLiked by 1 person
Joe! Maar nou raak hierdie partie vir jou lekker! Dankie dat jy tot ons redding gekom het, die tonnels sou nie nog ‘n jeer gewerk het nie. En die lorries! Wat ‘n blink plan. Dubbel D’s sou net nie genoeg gewees het nie.
LikeLiked by 2 people
Toortsie ek sien jy stop die pap wiel met banknote. Miskien moet jy liewer dubbel D’s gebruik.
LikeLiked by 2 people
Gelukkig s ek ‘n plaaskind. My pa het my al toeka se dae geleer wiel omruil.
LikeLiked by 2 people
Ja maar daar is nie ‘n spaarwiel nie!
LikeLiked by 1 person
Jajaaa ek besef dit! 🧐
LikeLiked by 2 people
Ek het so maats gemaak met die melkerybure. Ek wonder of hulle my nie sal kan kom help nie?
LikeLiked by 2 people
Nee, nee Toorts! Hulle gaan lont ruik en dan is ons almal daarmee heen. Ek hou juis nie van daardie kortbroekkonstabel-met-die-sleutels-aan-sy-belt se houding nie.
LikeLiked by 3 people
Toemaar. Ek dink ek het nou genoeg geld ingestop. Ons kan maar ry.
LikeLiked by 2 people
Vra, belowe hulle n heerlike poeding en se ek sal vir hulle n paar CDs maak met rustige (voeltjie en viooltjie) musiek wat hulle vir hulle koeie in die stal kan speel.
LikeLiked by 3 people
Ek dink die wiel is nou okay. Ek het ‘n paar bra’s omgebind dat die geld bie verloor nie.
LikeLiked by 1 person
Nou wie het die anklegrinder en die spaarwiel laat afgooi om plek vir nog buit te maak. Jinne Toorts jy is slim om die stukkende band op te stop! Duuuursame band daai.
LikeLiked by 2 people
Boerkind, jong, en soos jy weet, maak ‘n boer ‘n plan.
LikeLiked by 4 people
Ek het nou bietjie ingezoem op die kortbroekkonstabeltjie. Is dit sleutels vir boeie of vir ‘n tronksel, wat daar aan sy belt hang? Mensig maar hy het ‘n houdinkie. Nurse Wegkruipertjie kan hom present kry.
LikeLiked by 1 person
Nou hoekom sal jy nou wil inzoem? Nuuskierig oor daai stywe broekie? En dan noem jy sleutels. Nee wat die nursie kan beter doen
LikeLiked by 1 person
Daai broekie is ‘n regte liesknyper en dis hoekom dit lyk of die man ‘n kopseer het.
LikeLiked by 1 person
Haha, dis mos warm daar in die Karoo, so hy moet so kort broekie dra
LikeLiked by 1 person
Jimmel, maar is dit nodig om sooo kort te wees?
LikeLike
Dis wat bye en perdebye doen… hulle zoem.
LikeLiked by 2 people
Ek hou my eenkant, julle moet ophou so oor die mans te kere gaan, ons geld en diamante is nou op die spel – focus, girls. Ons kan nie nou toegesluit word nie, ek het planne vir n bosveld plasie.
LikeLiked by 2 people
Dinge ruk weer handuit, moes die sexy ene en die kortbroek nie in die kluis toegesluit gewees het nie?
LikeLiked by 2 people
Dinge ruk altyd handuit waar die b(l)oggers betrokke is
LikeLike
Sy houding wys hy laat hom nie maklik toesluit nie.
LikeLiked by 2 people
Ekmyselff, dink ons moet laat Toorts poeding by die bure ruil vir room – hier is ‘n paar katjies wat kalmeer moet word. Hehehe! G’n wonder Abrie sluip oral ontsteld rond nie. Reken hy wonder waar hy en Hester met ons opleiding fouteer het. Ons verbeeldingsreis is soos ‘n sirkusdier wat sopas in die veld vrygelaat is.Die wêreld vol. Bwahaha! Wed julle ons volgende projek is beperk tot die eerste tien woorde in die woordeboek en niks anders nie!
LikeLiked by 2 people
😀😀😀😀 Lekkervurig!!! Dink jy iemand gaan dit weer waag om ons te nader om ‘n vervolgverhaal te skryf? We’ve blown it girl… we’ve blown it.
LikeLiked by 4 people
Nee ou katta Kameel, ons vang soveel nonsens aan dat die helde (Hester en Abrie) hulle baie skills moet uithaal en wys om ons te red. Dis soos ou Harrison Ford en sy sweep – daar was duisend stories! Hehee!
LikeLiked by 3 people
Ons gaan nog beroemd raak met ons vervolgverhale, ek is net bevrees dit sal nie regtig op gesinsradio uitgesaai kan word nie.
LikeLiked by 4 people
What happens in Blogland, stays in Blogland…..
LikeLiked by 2 people
Dit was ‘n lekker storie Wegkruipertjie en die fotos is pure genius. Ek lag nou te lekker vir al die kommentaar. Jammer ek kon nie vanoggend kommentaar lewer nie, maar my probleem is nou reggestel.
LikeLiked by 3 people
Nou wil ek graag weet hoe Abrie hierdie ontsnapping gaan afsluit met so ‘n klomp malkopvrouens en waar ons gaan beland? Hopelik nie nie in die tronk nie. Abrie, jy beter sorg dat ons veilig hier uitkom (KOM HAAL MY – ek gaan g’n fiets ry nie). Ek moet sê, ek sal wat wil gee om ‘n vlieg teen die muur te wees wanneer daai bank môre-oggend oopmaak.
LikeLiked by 4 people
! Hester daar is ‘n vierwiel motorfiets agter Toweropstal onder ‘n seil versteek – ek het nog buit daar opgepak – sit die helmet op en kom, hierdie konvooi kannie omdraai nie.
Ek sit hier en lees en die volgende beeld kom by my op :Abrie is nou soos daai outjie wat die lekke in ‘n dyk met sy vingers probeer toestop. Te veel lekpleke en te min vingers. Allesbeste Abrie, allesbeste. Jinne ons klomp Towerinne is onhebbelik. Bwahaha
LikeLiked by 5 people
Waaaaarvoor het Abrie hom ingelaat?
LikeLiked by 4 people
Hehehehe julle is darem ‘n vindingryke klomp!
LikeLiked by 3 people
Ek pleit die afwesigheid van bedroom eyes en onbeholpenheid. Ek dink nie my vemoëns kan tred hou met die dames (en die spoke) se hormone nie! Ek is onseker wat nou eintlik geag te word die (s)kat te wees. En moet ons nou regtig onsself in gevaar stel om Hester te gaan red wat Meester oorsee ranking het. Askies Hester ? Non comprehendo. Ich verstehen nicht. I far stand not
LikeLiked by 5 people
🙂 Verbeel ek my of dra Una stukkende klere? lol?
LikeLiked by 3 people
Sy wou nog altyd
LikeLiked by 3 people
Wat!!! Julle skinder mos nou oor my!!! Is dit my outfit op die fiets, want dit sal die Toortsie ontploffing se skuld wees. En ek het sowaar die blonde pruik ook op my kop.😂
LikeLiked by 4 people
Lyk my almal het blonde pruike gekry. Toweropstal voorwaar
LikeLiked by 4 people
Pingback: Gegroet Toweropstal – Abrie dink hardop