Selfoon kaskenades

Ek het so spesmaas die wag voor my mond en Poerdez s’n suip saam, elke dag heel dag.  As a matter of fact dink ek die tweetjies is volslae fokken alkoholiste.

Laas week op die laaste dag van die maand, terwyl ek eintlik moes besig wees met maand-einde, kry ek dit reg om uiteindelik die kinders se selfoon-kontrakte te gaan uitneem.  By die rooi maatskappy want ek is mos al jare by hulle met my ma se selfoon en die swart maatskappy is blykbaar nie goed genoeg vir die twee meisiekinders nie.  So vul ek al die vormpies in vir my ma se upgrade en die twee se porting, kies die fone en kontrakte, net om op die einde van die proses te hoor “Sorry ons het nie stock nie”.  Met ‘n belofte dat hulle sal bel sodra die fone arriver is ek daar uit.  Op pad terug dink ek so by myself dat ek nooit eers die outjie se naam of nommer neergeskryf het nie.

Volgende dag gaan ek terug mall toe om die naampie en nommertjie te kry want hulle het nog steeds nie voorraad nie.  Nog ‘n belofte om te bel wanneer dit kom word gemaak, natuurlik.

Gister moes ek weer mall toe om sleutels te laat sny.  Oppad soontoe dink ek by myself, laat ek gou bel en hoor of die fone nie dalk al gekom het nie.  Natuurlik kan ek nerens die naampie en nommertjie kry nie, so ek bel maar die shop self.  Ja daar is nou voorraad, is die antwoord.  Ek is oppad.

Centurion mall is fokken nog steeds besig om gerevamp te word, wat beteken parkering is min en jy moet tussen scaffolding deurloop en hoop en bid niks val op jou kop nie.  By die winkel aangekom, moet ek in die queue sit vir 20 minute, wat sommer klaar my moermeter laat styg.  Ek word uiteindelik geroep na ‘n toonbank.  Gee my id, net om te hoor die fokken klein bogsnuiter het absoluut fokkol op die rekenaar gelaai.  Nou dring ek aan om vir bestuurder te sien.  Aangestap kom nog ‘n outjie wat my seun kon wees.  Innige verskonings word gemaak en hy belowe hulle gaan dit dadelik uitsorteer.  ‘n Soektog van epiese proporsies lewer darem die ingevulde vorms op en perdjie begin die goed op die rekenaar laai.  Die kontrak wat op 31/01 359 pm gekos het, is nou R389 en R30 vir 3 kontrakte, oor 2 jaar is oor die R2000.  En dit oor klein fokkertjie nie sy werk kon doen nie.

Bestuurder het lankal iemand anders gaan help, so ek vra dat perdjie hom maar weer moet roep.  Ondertussen het my dogter daar aangekom en sy moet maar gaan sleutels sny vir my, siende dat ons nou al ‘n uur besig is en nog niks kon regkry nie.  Sy moet ook Telkom toe gaan vir ‘n Wi-Fi kontrak vir die salon.  Ek sien perdjie is besig besig op sy foon en toe ek hom vra wat aangaan, sê hy dat Vodacom my aansoek vir 2 addisionele kontrakte decline het.  Die fok weet, toe gaan haal ek maar vir bestuurder aan sy kraag voor die ander customers weg, met die woorde “Jy beter kom help, want vandag bliksem ek iemand, ek weet nog net nie wie nie”  Groot oë van al die ander mense in die shop (ek het seker klein bietjie hard gepraat)

Ting-ting kom ‘n WhatsApp deur van die dogter in Telkom.  Dieselfde foon met ‘n beter kontrak by Telkom R289 per maand.  Die kliënte se oë (wat reeds so onderlangs op my gerig was), het nog groter gerek toe ek die ongelaaide kontrakte gryp by verdwaasde perd en opskeur, daarna luidkeels verkondig dat die swak diens en die incompetence van die staf, die rooi mpy nou net 3 kontrakte en bowenal ‘n lewenslange kliënt gekos het.

 

Advertisements

21 thoughts on “Selfoon kaskenades

  1. Weet jy nê, ek dink dis die rede hoekom my man al die dinge doen. Want ek verloor my shit. GEREELD. en dan is daar geen keer.

    Ek sweer ek sal met my kar in hulle winkel injaag, en dan nog ‘n vuurhoutjie in die kar gooi net voordat ek die manager bykom. Ek kan dit nie hanteer nie.

    En noudat my man ook in sy 40’s is, raak hy net so donners dikbek en onbeskof as dit by swak diens kom.

    Liked by 2 people

  2. ‘n Vrou so na my hart. Ek dog dis net ek wat altyd so onbeskof raak en die mense skok. Ek weer, het vrede met my pay as you go selfoon (hy woon in my laai), maar het al epiese gevegte gehad met Telkom oor my ADSL lyn.

    Liked by 1 person

Leave a Reply to travel460 Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s