Polities (on)korrek

Dankie Hester weer-eens ‘n lekker eier-lê uitdaging wat jy uitgedink het (ek het gedog ons gaan oor vakansie skryf, maar helaas)

Met die onlangse t-hempie krisis en al die grappie-meme’s daarna, is dit nou hoogmode om na niks meer as swart en wit te verwys nie.  Die woorde bobbejaan en aap is ook nou total onvanpas.  Silwer randjie dat shop-soiled specials by alle H&M takke aangebied word na die EFF die winkels geplunder het en die polisie net toegekyk het.

Met my groot mond en gee-nie-‘n-f-om persoonlikheid, het ek ook al ‘n paar keer in die sop beland.  Jare gelede by my vorige maatskappy, het hulle ‘n proeflopie EE-taakspan bymekaargesit om te kyk of die verskillende rasse en kulture mekaar beter kon verstaan.  Nou ek was die verteenwoordiger van die Afrikaanse vroue (net daar moes hulle al geweet het hkgk) en die een swartman wou toe van my weet of my dogter (16) met sy seun (18) mag uitgaan.  Die skok het sy oë groot getrek toe ek pront-uit sê “Hel, nee”  Reaksies van “Dis rassisties” het die eksterne konsultant na sy beste metode-boeke laat gryp en hy het gevra ek moet verduidelik.  Nou dit was maklik, ek wil vir my kind net die beste hê (en almal het saamgestem), twee mense wat ewe oud is, dieselfde taal praat en na dieselfde kerk toe gaan, het al klaar aanpassingsprobleme wanneer hulle trou (weer stem almal saam).  So as sy met ‘n Ingelse laaitie by die huis aankom weet ek mos dat die kulture en opvoedings gaan verskil.  Nogtemeer as sy met iemand van ‘n ander kleur daar opdaag, van binne en buite die familie gaan hulle teenkanting kry en dis mos nie wat ek vir haar wil hê nie?  As dit nou gebeur dat dit gebeur (of dat sy gay is of wat ook al), sal ek nog steeds vir haar lief wees, maar as dit MY keuse is?  Nee

‘n Jaar of wat later vat ek die span vir ‘n Krismis-ete vir ‘n bootvaart op die Vaalrivier.  ‘n Klomp van ons sit-lê, na ‘n paar drankies, op stoele op die dak van die boot.  Die son brand lekker warm en ek sien my wit velletjie verkleur na so pienkerig toe.  Nou natuurlik moet ek vir een van die swart dames vra:  “Swart klere wat in die son hang verbleik mos, so wanneer jy in die son lê, word jy witter of swarter?”  Eers rek so paar oë weer, maar hulle sien toe ek is regtig nuuskierig hier-oor en antwoord “Swarter, het jy nog nie gesien hoe lyk die Nigeriërs nie?”

Polities-onkorrek en vrek nuuskierig werk nie lekker saam nie.

WhatsApp Image 2018-01-20 at 8.57.12 AM

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=762615

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

22 thoughts on “Polities (on)korrek

  1. Ek sit net vanoggend in die verkeer so en dink: Die dat hulle my forseer om met ander mense oor die weg te kom is net verkeerd.
    Ons het ons eie kultuur, ons eie smaak, ons eie wense in die lewe.
    Ek wil daagliks my buurman vermoor. Nie omdat jy swart is nie, maar omdat hy so damn loud is dag in en dag uit is. Sy musiek is bra twak. En as hy en sy maters eers so begin skree na ‘n paar bottels brouersgis gedrink is, maak my die hel in.
    Sal hy dit like as ek my heavy metal heel dag en al dag in sy ore blaas? Nee. En dis okay. Ek gaan nie rassisme skree as hy nie van my Leon Schuster of Cupido like nie.

    Liked by 2 people

  2. Ja wat sal die ou tante hierdiekant van die aarde nou hierop sê. Jy maak my gladnie terug verlang n SA nie. Het self ook n paar lekker geleenthede beleef waar die lyn na die verkeerde kant getrek moet word. My voet gelukkig neergesit en 24 uur kennis gegee! Jul gesels was nou heerlik hier.

    Like

Leave a comment