Kersfees

Vir my is Kersfees ‘n tyd vir refleksie, ‘n tyd vir geboorte (meer as ‘n Nuwe Jaar), ‘n tyd vir saamwees en familie.  Hierdie jaar was moeilik, seker een van die moeilikstes in my lewe.  Dit was ‘n jaar van weer-gebore word as single, ‘n jaar waarin ek myself moes leer ken en vind, ‘n jaar van groei.  Dit is ook die jaar waarin ek 2 kleinkinders ryker geword het.  Geboorte

Ek kan nie help om in hierdie tyd te wonder of dinge anders sou gewees het nie.  Die “As ek maar liewer…” vrae te vra nie, maar dan besef ek net weer dat alles uiteindelik gebeur soos dit moet.  Die mens wik, maar God beskik.

Met groot dankbaarheid in my hart, kan ek hierdie Feestyd ingaan en regtig fees vier.  Fees vier oor my kinders, wat oulik uitgedraai het ten spyte van my.  Fees vier oor 2 gesonde, pragtige dogtertjie-babas se eerste Kersfees.  Fees vier oor die onverwagse liefde wat ek gevind het.  Fees vier oor die werk wat ek nog het (al is ek partykeer verbaas hulle betaal my nog, na die jaar se onproduktiwiteit).  Fees vier oor gesondheid.  Fees vier oor die grootse Geskenk aan ons gegee en dat Hy my geskenk ook is.

En dan luister ek weer na my gusteling – Laurika, natuurlik Somer Kersfees, maar hierdie een van haar laat my dink aan die pyn van grootword, maar ook die suiwer genot van grootword.  Kersfees, ‘n tyd om te dink, ‘n tyd om te droom, ‘n tyd om dankie te sê

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=752602

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements

9 thoughts on “Kersfees

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s