Oumas

Het die rol van ouma-wees verander?  My eie oumas onthou ek as net maar vaag bekende persone wat geen werklike rol in my kinderlewe gespeel het nie.  My Afrikaanse ouma (my ma se ma) is vroeg reeds oorlede en ek kan haar omtrent glad nei onthou nie.  My Hollandse ouma is eers so 10 jaar terug oorlede, maar sy het sedert my oupa se dood in 1980, weer in Nederland gebly.  Met die gevolg dat ons haar so een keer elke tweede jaar of so vir ‘n week gesien het.  Dit het natuurlik ook nie gehelp dat my ma en pa geskei was nie.  Ek onthou wel dat sy glad nie Engels kon praat nie, so die tv moes altyd op Afrikaanse kanale wees, sy het ook geglo dat tv sleg was vir kinders, so ons mag net nuus + een program per dag gekyk het, tydens haar kuiers.  Ons het so Siamese kat gehad op daai stadium (Musti) en soos katte nou maar is, het sy presies geweet dat my ouma haar nie kon verdra nie, so ons gewoonlik afsydige kat, het geskuur en geprrr vir ‘n vale teen ouma.

My eie kinders het ‘n total ander belewenis van hulle oumas gehad.  Omdat ons almal in Klerksdorp gebly het toe hulle heel klein was, het hulle baie gereeld altwee hulle oumas gesien.  Oumas het meer tyd en geduld gehad, so hulle band is baie heg.  Vandag nog steeds, al is hulle altwee getroud en het hulle eie dogtertjies.

En dan ek.  Ek kan nie wag dat die twee ‘n klein bietjie groter word nie.  Die oudste enetjie lag en gesels (we brabbel) al klaar en die jongste is ‘n klein soenertjie op 6 maande.  Hulle word so vining groot.  Het al klaar elkeen hulle eie persoonlikheid.  Z (nou 8.5 maande), leopard-crawl die hele plek vol, ek is seker did omdat haar lyfie te swaar is vir haar armpies.  M (nou 6 maande), rol te oulik om vanaf haar magie.  Sy is gebore met ‘n hele bos haartjies en het al die eerste haarsny gehad.  Ag did wonderlik hoe die klein mensies so diep-diep in mens se hart kom nes maak.  ‘n Heeltemal ander liefde as wat jy vir jou eie kinders het.

 

Advertisements

5 thoughts on “Oumas

  1. Cute! Die lewe is ‘n fees ouma. Ons enigste kleinkind woon in die Kaap (ons in KZN) en ons het elke dag kontak met die ouers, maar sy sal ons nog moet leer ken. Ek moet erken – ja, iemand gaan my stenig – dat ek nie werklik goeie ouma-materiaal is nie. Ek vrek oor tieners, maar rondom kleintjies is ek ‘n bietjie onbeholpe.

    Liked by 1 person

  2. Ek dink elke ouma besluit self oor haar rol. Ek was geseen met 2 dierbares. Hulle hey verskil maar elkeen sy eie uniekheid gehad.
    Ma ma en my kids se ander ouma verskil werelde. My ma doen dinge saam hulle en vat hulle saam elis ophoogte en bly betrokke… die ander ouma…. nay wat… als is moeite.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s