Naweek kapperjolle

Dagboek:     Vrydag 16h00-19h00 - Singles drinks na werk, 19h00 - Date1
                    Saterdag 08h00 – Ontbyt bike-ry Date2, 18h00 – Singles kuier
                    Sondag 08h30 – Ontbyt bike-ry Date3

(3 dates en 2 funksies in 2.5 dae, ai die single lewe)

Date1 het ek op Tinder “ontmoet”, hy was ok, kan lekker dans

Date2 ook op Tinder “ontmoet”, hy ry bike, het my na ‘n ordentlike plek gevat vir brekfis, maar hy lyk soos Bill Gates en is redelik vervelig

Date3 score sover die hoogste van almal wat ek soort van gelike het of ‘n verhouding mee gehad het in die laaste 9 maande (en dit sluit X in).

Ek is senuweeagtig, ons praat nou al 2 weke op WhatsApp en ek hou van wat hy sê, het selfs die stalker-ding op vuisboek gaan doen om uit te probeer uitvind of hy langer is as ek (ek het mos ‘n problem met kortmannetjie-sindroom) en dit lyk darem so.  Ons ontmoet mekaar op die bikes by ‘n vulstasie en ek laat amper weer die bike omkantel.  Veronderstel om vir my gunsteling-maaltyd (brekfis), Bronkies se kant toe te ry.  Die eerste woorde by my mond uit na hallo, is “Ek is nervous”.  Hy kalmeer my, sê ek kan eers rook en omtrent dadelik begin ons land en sand gesels, sommer daar by die vulstasie.  Ons val so 08h30 in die pad, ek voor en hy skuins agter my, sy woorde:  “Dit is my werk om na jou om te sien, so ek sal sorg dat die karre nie te naby jou kom nie”.

Twee keer laat ek die bike vrek in die verkeer, nerves wil maar net nie gaan lê nie.  Dit gaan beter toe ons eers al die verkeer agterlaat, uit met die Lynwood-pad, op ‘n stadium waai hy, om te sê ek moet stop.  Toe moet hy eers vir selfoon raadpleeg, want hy dink ons het verdwaal.  In my kop sê ek hardop YES, want nou kan hy my nie uitlag oor die bike-vrekkery nie.  Daar aangekom, gesels ons so, dat ons amper vergeet om brekfis te bestel.  Hy is 53, so 8 jaar ouer as ek en het 3 volwasse kinders, ek 2.  Hy vertel my van al die bike-trips wat hy al deur Afrika gedoen het.  Op ‘n stadium werk ons uit dat hy en ek presies dieselfde verdien (groot pluspunt dat hy op date1 nie skaam is om dit te sê nie).  Ons lag vir dieselfde goed.

Elektrisiteit is definitief tasbaar tussen ons, maar hy het vooraf al gesê dat hy nie in verhoudings inspring nie.  En ekke is so ongeduldig, soos altyd.  Hy vat darem my hand.  Gunsteling liedjie, die Touch of Class weergawe van “Sound of silence” wat ek toevallig??? in ‘n vorige blog ingesit het, toe ek nie die link kon kry vir die liedjie waaroor ek actually geskryf het nie.

Wolke steek op en ons val eindelik na 15h00 in die pad.  Ure het verbygevlieg sonder dat een van ons regtig notisie geneem het.  Dit begin omtrent dadelik reën en ons ry.  Op die laaste stukkie van die N1 reën dit so dat ek amper niks kan sien nie, maar ons kom so 16h00 aan by dieselfde vulstasie van vanoggend.  Besluit om gou koffie te drink, terwyl ons wag vir die reën om te bedaar sodat hy kan huistoe ry.  Nog ‘n uur gesels ons om.  Die reën het êrens tussen-deur gestop en dit word tyd vir koebaai.  Piksoen is al wat ek kry.

By die huis gekom kan ek nie uitgepraat raak oor G nie (die kinders was daar), moet vir myself kort-kort sê Despacito (stadig).  Ek het G gesels nog steeds op WA.  Vanoggend skraaf ek moed bymekaar en maak ‘n confession “Ek wou so graag hê jy moes my soen, maar ek is so bly jy het nie”, want ek is, ek wil nie weer in ‘n verhouding inval en nie weet hoe om daar uit te kom nie en ‘n vulstasie is nie die beste plek vir ‘n eerste soen nie.  Sy reply “Dalk Oujaarsdag-aand, om 2018 in te sien”  WAAAATTT?  Ek moet 2 maande wag vir ‘n soen?  Gelukkig vertel hy my (na 3 ure eers) dat hy my net opwen, want hy kan.  En ek hou daarvan ook, want hy vat nie my kak nie, hy bekyk eers die kat uit die boom, hy laat hom nie voorskryf nie.

Vir nou is ons vriende, maar ek wil niemand date voordat ek nie weet waarheen hierdie gaan nie.  Hopelik, hopelik, hopelik………….

NS – Ons sien mekaar Vrydag, Saterdag gaan hy op ‘n bike-trip Lindley toe (wat de fok gaan in Lindley aan?), dis amper 300km en ek sien definitief nog nie daarvoor kans nie, my gat was seer na 40km gister, selfs al het hy my saamgevra.  So Saterdag en Sondag vat ek dit rustig, baie rustig, maar moet vir Una gaan hallo sê

Scientific dating 101, spreadsheet lyk so:

Naam Intelligent Eerlik Fun Salaris op dieselfde vlak as myne Langer as ek en semi-aantreklik Nie geintimideerd deur sterk vrouens nie Kinders of ten minste weet van kinders Lief vir honde Moenie te ver van my af bly nie Hou van dans Totaal
A 7 6 7 4 5 6 3 8 4 5 55%
K 8 8 8 6 6 7 5 8 9 2 67%
J 9 9 9 5 5 7 0 6 6 0 56%
B 9 9 9 8 8 8 0 5 2 9 67%
A 9 9 8 8 8 8 8 8 7 5 78%
E 9 8 7 5 8 8 4 8 9 2 68%
F 9 9 8 8 8 8 8 8 7 5 78%
E 7 9 7 4 7 7 7 7 7 5 67%
M 9 7 9 8 9 8 4 8 7 8 77%
B 9 9 8 2 4 8 5 7 6 0 58%
M 8 9 8 6 7 5 6 8 6 6 69%
G 9 8 8 9 7 9 9 8 8 7 82%

5 thoughts on “Naweek kapperjolle

  1. Jare jare terug het Lindley DIE dansbaan gehad…wonder of dit nogsteeds staan… So binne ‘n oop gat in ‘n koppie, met die perfekte akoestiek… Was ‘n army base ook vir ‘n rukkie – langs ‘n rivier en wilger bome… Dit is die trip die moeite werd. Sommer opgewonde vir jou…x (geeepers – hoop nie ek het d suprise gespoil)

    Like

  2. Pingback: My wish – Positief

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s