Speelgoed

Eendag lank lank gelede, nee eendag nie so lank gelede, toe ek vir E ontmoet het, het ek vir hom gesê dat ek niemand se speelgoed is nie.  En toe kom X weer in my lewe en ek smyt E weg soos ou speelgoed wat nie meer interessant is nie.  Snaaks hoe die lewe draaie loop.  Vir lank was ek X se speelgoed (of so het dit gevoel), voor dit was XX my speelgoed en dit het ook nie reg gevoel nie.

Toe ontmoet ek vir M so 2 maande gelede en van die begin af was dit duidelik dat die lewe / iemand hom gebreek het.  Tog het ons ‘n verhouding begin.  Na omtrent ‘n week het ek al geweet dat hy te sag is vir my, te goed vir my, dat ek nie reg is nie (al het ek so gedink).  Hy het my oorreed om nog te probeer.  En ek het regtig probeer.

Dalk het ek gedink met tyd sou ek hom kon oortuig dat hy wel genoeg is.  Sy selfvertroue weer kon herbou, hom kon wys dat hy wel iets is, iets het om te bied.  Maar helaas, ek is te gebreek om iemand anders te prober heelmaak.  In die proses het ek al meer begin voel ek gebruik hom, het sy “jammer ek leef” houding my meer en meer begin irriteer.  Dis nie reg dat ons in ‘n verhouding bly waar dit vir seker in disaster gaan opeindig nie.  Gister vir hom gesê dis verby.  Eerder nou as oor nog 6 maande, of 6 jare.

Hy pyn en so graag soos wat ek dit wil beter maak kan ek nie.  Ek kan nie eers myself beter maaak nie.

Kan iemand hom sê, want hy wil dit nie van my af hoor nie.  Dis beter as speelgoed weggegooi word, terwyl dit nog bruikbaar is vir iemand anders.  Anders word jy die ashoop koningin (soos ek)

Die Lappop

Iemand het ‘n lappop op ‘n ashoop weggegooi,
sy was gedaan en stukkend,
verbleik en nie meer mooi nie.
Op die ashoop hoor sy stemme praat
en die verwelkom haar.
Maar o, ellende, toe sy kyk,
wat sien die lappop daar.

KOOR:
net ‘n vrot pampoen en ‘n stukkend skoen,
‘n grammefoonplaat en ‘n kous sonder maat,
net ‘n leë bottel bier en verlepte angelier,
‘n gelapte binneband en ‘n ou koerant.

Ag hoe droewig voel die lappop,
toe sy alleen daar le,
want sy weet dat niemand ooit vir haar
vir lappop weer wil he nie.
‘n Traan loop oor haar lappop wang
want dit begin te reen
en daar lê sy, sy ou lappoppie
op die ashoop so alleen.

(KOOR)

Ag nee wat sê die lappop,
ek soek ‘n ander oord.
Wat sal die wêreld van my dink,
want soort jy weet, soek soort.
Ag almal wil vir lappop troos
en soebat sy moet bly,
hulle sê dis die mooiste ashoop die
wat ‘n mens nog ooit kan kry.

(KOOR)

Al die goeters op die ashoop hou gou vergadering
en besluit om lappop te bekroon,
as die ashoop koningin.
Van toe af bly die lappoppie so trots tevrede daar
en al haar onderdane bedien getrou vir haar.

ja …….

8 thoughts on “Speelgoed

  1. Eina!
    Hy sal dit nie nou wil hoor nie, dit help nie iemand sê hom nie.
    Jy wil dit ook nie nou hoor nie, maar ek gaan jou anyway sê, want ek is ‘n A-klas dwis.
    Hurt people hurts people. Jy weet dit. Om hom te laat gaan het jy opgehou om mense seer te maak as gevolg van jou seer. Dis ‘n moerse groot ding. Dit voel nie nou so nie, maar dit is iets om op trots te wees.

    Liked by 2 people

  2. Dankie A-klas dwis. Ek weet. Iemand het vantevore gesê ek gebruik mans en hy was reg. Ek kan nie dit doen nie, dis nie wie ek is of wil wees nie. ‘n Verhouding bestaan uit 2 mense wat gee en neem. Een kan nie net altyd vat nie, vroeër of later gaan die pawpaw die fan strike.
    En ek moet myself tyd gee om volkome “reg” te kom, voor ek weer in enige tipe verhouding kan wees.

    Liked by 2 people

  3. Miskien moet jy fokus op jou en jou regkry. Vir al wat jy weet is M dalk n sterker mens by die tyd wat jy beter is. As hy regtig lief is vir jou sal hy alles drop wanneer jy reg is en homself aan jou bewys. Hy is dalk seergemaak maar hy het jou dalk al klaar vergewe aangesien hy presies weet hoe X jou opgevoeter het en hou allerhande kak laat glo oor jouself. Moenie moed verloor nie. As dit so bedoel is sal jy M kontak wanneer jy beter of reg is en hy sal dalk instem om jou half pad te ontmoet en julle mekaar herbou. Dit klink vir my M kort net n kans……..

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s