Mag ik een poepje laten?

Ek het gister my pa gesien, eerste keer in lank.  En eerste keer in lank wat ons actually kuier.  Met die jare saam het hy definitief versag, hy is nie meer so erg “my way or the highway” nie.  Ek hoop ek raak ook sagter met ouderdom saam.

In elk geval, my pa is in Nederland gebore en ek het nog steeds familie daar.  Die familie het kom kuier hier in Suid-Afrika baie baie lank gelede.  So staan ons in die kombuis en my niggie (seker toe so 10 jaar oud), vra “Mag ik een poepje laten?”  En al drie ons kinders kyk haar geskok aan en sê uit een mond “NEE”.  Ek is nie seker of sy het of nie, maar omdat ek van Suid-Afrika af kom, vra ek nie, ek doen net.

Hierdie hele dra swart dag het nou regtig in ‘n media-sirkus ontaard.  Vanoggend 1ste ding sien ek die herrie oor Heinz Winckler se video van Donderdag, en kort terug ook die ongeluk waar die vragmotor in betogers vasgery het.  En alles moet alewig gaan oor wit en swart.  Die fok alleen weet, ek is oor dit.  Ons praat Vrydag oor presies hierdie, daar is sleg witmense, bruinmense, swartmene.  Daar is sleg mense. punt. Stop.  En die vet weet as jy moor en steel is jy nie noodwendig swart nie.  Nou kom Sunette Bridges en moet natuurlik comment en ietsie sê oor die swartmense wat so moor en steel.  Fok fok fok.

Ek is wit, ek is Afrikaans.  Aan nie 1 van daai twee goed kan ek iets doen nie.  Aan my mentaliteit in die algemeen kan ek wel iets doen.  Aan my invloed op my medemens kan ek wel iets doen.  So ek dra swart vandag want ek is saam met baie ander mense van baie ander rasse gatvol vir die misdaad in hierdie land.  Meer nog is ek gatvol dat misdaad nie gestraf word nie.  Alle misdaad.  So of jy nou die pirate DVD op die hoek koop, geld verduister of iemand vermoor.  Dis tyd dat straf terugkom.  Dis tyd dat ek (want dis die enigste persoon aan wie ek kan verander) iets doen om my mentaliteit en my toe oë te verander.

Daar’s my poepie vir die dag.  Hy stink so bietjie, maar nou ja

 

8 thoughts on “Mag ik een poepje laten?

  1. Ek het laasweek opleiding gegee in Howick. Drie manne van die Ladismith tak het my gevra of hulle ‘n lift kan kry tot by die Ladismith afrit op die N3, want hulle is angewese op taxi’s ens.
    Ons was een whitey, een indier en twee zulus in die bakkie. Ons het onsself papgelag vir mekaar se grappe. Ras is nie ons land se probleem nie. Dis scary fucknuts soos Bles se dogter en daai doos van Black Land First wat ons probleem is. Jammer die oorgrote meerderheid Suid Afrikaners (swart en wit) is te donnners onnosel om dit agter te kom, en neem al te lekker deel aan die one en hulle speletjie.
    Een laaste ding. Ons boikot reeds vir Spur, Meatworld, Kakaranda en nou vir Heinz Winckler ook. As een ou sy bek rek oor KWV immigreer ek!

    Daarshy, Ek sien jou poepje en raise jou ‘n briekmerk. Ek gaan nou seker oor hierdie comment ook fanmail ontvang.

    Liked by 2 people

  2. 🎵 Almal van ons weet hoe vry is die windjie
    As hy waai wil hy waai
    As hy draai wil hy draai
    Die windjie
    Oral om ons die gesuis van die windjie
    En hy dra aan ons oor
    Die gevoel om weer vry te wees

    Ruiter van die windjie wil ek bly … 🎵

    En verder stem ek saam met alles wat jy sê.

    Liked by 2 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s