Die pad

Selfverkenningstogte is nie lekker nie.  Uit my vorige blogs weet ek dat ek op ‘n pad is en nie weet wat my bestemming is nie.  Maar…….ek leer myself ken, miskien vir die eerste keer in my lewe.  Die een ding wat ek wel kan agterkom is dat ek al hoe meer besef dat ek dit nie alleen kan doen nie.

Vir ander mense (wel so lyk dit vir my) is dit maklik om te besluit, ek glo of ek glo nie.  En dan leef hulle dit so uit.  Vir my was kerk toe gaan nog altyd meer plig as plesier.  Dit het ook nie regtig gehelp dat XX (1ste man), nou vreeslik vroom met die Bybel onder die arm loop, maar nog nooit erken het dat hy regtig nie so ‘n goeie mens was nie.  Ek het ‘n kleintjie dood aan pretend, wees eerder die boelie wat jy is, of vra om verskoning (ten minste aan jou kinders) en wees dan vroom.  So ek kon nog nooit lekker vat kry aan kerk nie.  Die hedendaagse tendens waar daar meer oor geld as oor God gepraat word, het ook nie veel gedoen om my te oortuig nie.  So ek gaan nie kerk toe nie.  Maar ek glo in God, ek glo dat Sy Seun vir my gesterf het.  Ek het die laaste jare in my 2de huwelik nie genoeg Bybel gelees en gebid nie, maar deesdae vind ek al hoe meer dat in my soeke na myself, ek vir God raakloop.

Snaakse goed, klein toevallighede.  Soos liedjies wat speel.  Ek sit eergister die radio aan in die kar vir die eerste keer in weke.  Op Jakaranda (ek het net nie krag om na ‘n beter kanaal te soek nie, so ek luister steeds) speel Touch of Class se laaste paar note van hulle weergawe van Sounds of Silence, ek hou van die liedjie, sit harder.  Direk daarna speel hulle nuwe liedjie, Val op jou knieë.  Regtig?  ‘n Christelike liedjie op Jakaranda?

Zeesbees like my blog Bang, ek gaan kyk weer na die comments en sien vir die 1ste keer Abrie het ‘n link gepos na een van sy blogs oor ‘n spesifieke Laurika Rauch song https://abriejoubert.wordpress.com/2016/04/28/thermopylae-hot-gates/ en ek gaan lees dit, vreeslik interresant, maar meer nog as dit.  Abrie praat van sy persoonlike ervaring “In Christus is my lewe nie probleemloos of sondeloos nie, maar ek weet ek kan dit na Hom toe vat.”  Abrie lyk vir my na ‘n slim man, wel slimmer as ek in elk geval, so as hy so opelik kan skryf oor Christus, wat is verkeerd met my?  En nou net gaan lees ek nog ‘n link in sy blog al geskryf in 2013: https://abriejoubert.wordpress.com/2013/02/15/ewigheidsperspektief/  Ek is so 4 jaar agter jou Abrie, maar agteros kom ook in die kraal.

En dan aan die ander kant, is hier ander mense wat my inspireer om beter te leef, inderdaad dat daar ‘n regte lewe is selfs al is jy ‘n Christen.  Una wat my nog nooit geoordeel het nie, wat my inspireer.  Danie wat Christendinge vir my verstaanbaar maak.  Elane, Lekkervurigeaffere en nog soveel meer.  Dankie julle, elke dag kan ek iets raaklees wat vir my ‘n klein bietjie meer lig op die paadjie skyn.

Die pad is vol kronkels, vol draaie, sonder bestemming, met baie valle, maar ook baie opstaan.  Dankie dat ek die pad kan loop, dankie dat daar mense in my lewe is wat saam met my stap.  Partkeer net ‘n paar tree, ander kere kilometers.  Dankie dat my Here altyd saamstap, selfs wanneer ek Hom nie sien nie (of nie wil raaksien nie), help Hy my elke keer terug en op wanneer ek val.

 

 

 

 

Advertisements

12 thoughts on “Die pad

  1. uit my perspektief weet ek so bietjie hoe jy voel…mens kan tog nooit heeltemal in iemand anders se skoene voel. Ons gaan ook nie kerk nie. Lang storie – maar ons leer, prys en bid …net nie vanuit ‘n instansie. Hoe kosbaar is mense wat nie oordeel….dit alleen is vreemd, nuut, en flippen awesome. Ek geniet jou blog…dankie vir die deel

    Liked by 1 person

  2. Wekkruipertjie ek is dankbaar dat dit wat ek geskryf het kan bydrae tot hierdie pad waarop jy is. Kan ek jou vta om nog een post te gaan lees want in my opinie bevat dit die kern van die evangelie. Vir my is dit ‘n troos en iets om opgewonde oor te raak

    Liked by 1 person

  3. Fall down seven times. Get up 8 (toegeskryf aan die Japanese mitologie)
    My persoonlike motto. The accumulation of one (Geplagieer vanaf Bryce Courtenay se power of one). Een minuut, een dag, een maand, een taak, een lewe op ‘n slag.
    Jy weet dit dalk nog nie, but you got this.

    Liked by 1 person

  4. Snaaks hoe die ou lewe met mens werk en hoe daar n GroterHand van leiding en beskerming agter dit sit…… Ek is bly dinge werk uit vir jou. Jy verdien dit, jy is n awesome mens en doen so baie vir ander. Dankkie vir jou en alles wat jy altyd doen en vir die mensdom beteken.

    Liked by 1 person

  5. Liewe mens, ek is self nie wys nie, maar ek het al iets geleer. Die pad is gemáák om gestap te word. Soms is dit opdraende en seer bene; soms kan jy op jou boude afgly en “weeeee” gil in die wind in. Maar stilstaan? Die oomblik wat jy dít doen, dán moet jy weer dink. So stap die pad… en weet asseblief dat jy nié alleen is nie. Want eintlik is ‘n mens nooit alleen nie. Ons voel net soms so.

    Liked by 1 person

  6. Pingback: Wegkruipertjie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s