Onthou jy toe….

Die vraag spook nou al ‘n paar dae by my:  Hoe gaan ek onthou?  Een van die goed wat die kopdokter wou gehad het ek moes doen en wat ek nooit kon regkry nie was om myself te onthou as kind.  Hoe was ek gewees, waaroor het ek gedroom, wie was ek voor my lewe begin het.  Ek is soos ek vandag is, blykbaar omdat ek ‘n masker vroeg al moes opsit om myself te beskerm.  Ek het geleer dat dit makliker is om braaf voor te kom, as om weerbaar te wees.  Toe ek klein was, was fotos nie ‘n ding wat elke dag gedoen is nie.  Verjaardae en spesiale geleenthede is afgeneem, maar nie soos vandag wat elke oomblik van elke dag op vuisboek gepost word nie, so daar is min fotos om my geheue te verfris.

Ek onthou wel een foto baie goed, ek staan met so gebreide hasie/hond in my hand, vir jare het ek oor hasie/hond gedroom want hy is vergeet toe ons getrek het, ek was seker vier jaar oud.  Iets anders wat ek onthou is dat my pa ‘n 7single plaat gekoop het en vir my gesê het, dis my liedjie.  Dit was nogal Afrikaans gewees, Sias Reyneke se Sproetjies, ek het nogal sproete oor my neus gehad.  Ek het ook gereeld in die lukwartboom agter ons huis ingeklim en daar gesit en dagdroom, waaroor presies weet ek nie.  En dis omtrent al wat ek kan onthou van die tyd voor my ma en pa geskei is.

Van my kinders is daar meer fotos, so al was ek baie kere ‘n afwesige ma, kan ek meer onthou van hulle.  Soos dat D ‘n vreeslike mooi bos hare gehad het en dat sy nie aartappel kon sê nie, dit het as appatappel uitgekom vir baie lank.  Z is gebore met ‘n willetjie van haar eie, soos ek, het sy sommer van kleintyd af al alles gesê wat by haar verstand ingegaan het.  Nog baie baie ander klein dingetjies van toe hulle klein was.

Ek was nog nooit iemand wat ‘n dagboek gehad het waarin ek goed neergeskryf het nie en dit lyk my al hoe meer dat my brein te vol ander goed is, so ek onthou nie goed nie.  Nou die een ding wat niemand vir jou sê wanneer jy skei nie, is dat jy die “Onthou jy toe….” van ‘n maat verloor.  Jy kan nie op jou oudag sit en mekaar herinner aan die goed wat met julle saam gebeur het nie, jy moet nou self.  Soos so baie ander dinge wat jy nou moet self.

Die eerste keer na my tweede egskeiding, wat ek regtig gehuil het, was op ‘n strand op Scottburgh, toe ek twee ou mense op ‘n bankie sien sit.  Hulle het hande vasgehou.  Ek was te ver om te hoor waaroor hulle praat, maar ek kon my goed verbeel dit was oor “Onthou jy toe’s”.  En daar het ek besef: daar mag dalk weer iemand anders wees, maar voor sy tyd se “Onthou jy toe’s”, is nou net myne.  Maak nie saak hoeveel julle praat oor jou herinneringe nie, dit sal nooit gedeelde “Onthou jy toe’s” wees nie.

Dalk is dit soos ‘n boom in ‘n woud wat val sonder iemand daar, dalk het dit nie regtig gebeur as dit nie gedeelde “Onthou jy toe’s” is nie.  Wie weet

Advertisements

6 thoughts on “Onthou jy toe….

  1. Ek onthou ook nie veel van my meisiekinders se kleintyd nie, want dit was ń tyd wat ek vir baie jare probeer vergeet het. Dit was die tyd voor my egskeiding. Vandag kan ek ure lank na hul fotos en videos kyk, sonder die sleg wat daarmee gepaard gegaan het. Maar dit is soos jy sê, wat as daar nie veel fotos geneem is nie. Jy loop hierdie pad saam met jou kopdokter so mooi, en soos ek al voorheen gesê het, ek is trots op jou.

    Like

  2. Ek het gister 44 geword. Ek maak al memories met dieselfde vrou sedert ek 17 jaar en 8 maande oud was. Want wanneer ons lewenskrag opraak is dit al wat ons gaan oorhê. Vanmore op die pad tuusen Memel en Vryheid strike dit my dat al daardie gedeelde ervarings in ‘n oogknip kan ophou bestaan. Toe slaan dit my soos n hamerhou dat my grootste vrees al die jare was om haar en ons gedeelde lewe te verloor, maar dat ek bitter amper dit van haar af weggevat het. I guess ek weet waaroor ek volgende week met my shrink wil praat.

    Liked by 3 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s