Intimiteit en liefde

So my berader het my huiswerk gegee – Skryf oor intimiteit en liefde.  Ek het gister al begin soek en toevallig het iemand vandag ‘n artikel in een van die singles groepe gepos wat baie nou by die tema aansluit:

Every man or woman you have sex with deposits and leaves a part of their soul in you. Most of us haven’t been properly educated about sex. It’s almost a taboo to discuss these things outside of private matters but the silence leads to lack of awareness of what it even is. I mean it is the most powerful force that creates life. Most see it as a physical experience but forget the bond, the connection, energy exchange and deep cellular one experiences with their partner. When a man or woman decides to have multiple sex partners it can send mixed emotional signals to the body’s vibration system. People must be careful of different energies and spiritual forces polluting their internal temple. Sex is referred to as sexual INTER-COURSE because it’s an internal course that unites man and woman, mind and mind, spirit and spirit. This is something that a condom can’t protect you against because energy is behind the elements of all flesh. On a physical level we have been educated to use “protection” but on an energy level nobody discusses the effects it creates on ones mind and soul. It’s too much of a taboo and hidden away to avoid. Be one aware of what’s going on, even if you’ve never heard before, just ponder on it.  (Oorspronklik geshare deur Ancestral Voices: Esoteric African Knowledge)

Ek het ook verder gelees http://pietergrdevilliers.blogspot.co.za/2014/03/seksualiteit-en-liefde.html en http://www.sarie.com/lewe-liefdes/verhoudings/soek-jy-n-meer-intieme-verhouding/

Hier is my opinie:

Intimiteit is nie seks nie, seks is seks en partykeer is ons lus en “meat is meat and a man must eat” en al daai.  Dit beteken nie dat ek sê dis reg om rond te slaap nie en one-night-stands is uit.  Kan mens seks hê sonder intimiteit – virseker.  Gee jy ‘n deel van jou siel weg – ek glo nie.  Liefde is nie intimiteit nie, daar is vele vorme van liefde en jy het nie nodig om intiem te wees vir almal nie.  Liefde vir jou ouers, jou kinders, jou diere ens.

OK, so kan jy lief wees vir jou maat sonder intimiteit?  Baie mense sê hulle is, maar ek dink daai soulmate (ware liefde) kan nie gebeur sonder intimiteit nie.  Ook die rede waarom baie mense net OK is, so baie mense skei, so baie single bly.

So wat is hierdie intimiteit ding?  Dit is vir jou om jou hart, jou kop, jou lewe, jou siel, jou gevoelens aan iemand anders te laat ontbloot en hom/haar genoeg te vertrou dat hy/sy jou nog steeds gaan aanvaar, nog steeds gaan liefhê.  Dit vereis absolute eerlikheid, absolute vertroue en absolute geloof.  Dit beteken ook dat jy moet “let go”.  Jy moet laat gaan jou idees dat jy nie goed genoeg is nie.  Jy moet laat gaan jou idees dat jy altyd in beheer moet wees.  Hierdie is nie iets wat sommer net oornag gebeur nie, dit vat tyd om iemand te leer ken, te vertrou en te weet dat hy/sy jou liefhet.

Nou interessant in die atikel deur Pieter de Villiers geblog, word die verhouding met God genoem as ‘n intieme verhouding And here I would like to quickly note that, from personal experience, such a dynamic may also lead to such a love of God “with all [your] heart and with all [your] soul and with all [your] strength” (Dt 6.5) Amper so iets dat as jou verhouding met die Here reg is, sal dit vir jou makliker wees om waarlik intiem met jou maat te kan wees.

Waar is ek in die hele spektrum?  Ek moes noodgedwonge vir myself afvra, was ek ooit regtig intiem met X?  En die antwoord is ja, hy het regtig alles van my af geweet, ek het hom toegelaat om in my siel in te kyk.  En ek dink dis hoekom ek so sukkel om die deur toe te maak.  Ek het al ‘n paar keer hard-op gesê dat ek nooit weer myself sal toelaat om so lief te wees vir iemand nie, eintlik moes ek sê, ek sal myself nooit weer toelaat om intiem te wees met iemand nie.  Dis die seerste seer wanneer dit nie beantwoord word nie, wanneer dit net eendag nie meer genoeg is nie.

En dis hoekom ek eers in myself gesond moet raak, voordat ek iemand anders in my lewe kan hê.  (Behalwe vir spanlede natuurlik)

 

Advertisements

Gebreekte snaar

Ketjiiing, die geluid wanneer ‘n snaar breek, amper soos geld, net baie skerper.  Wanneer jou kitaar ‘n gebreekte snaar het, kan hy nog steeds speel, die deuntjie is net nie heeltemal so mooi nie.  Vir die ongeoefende oor klink dit eintlik nog net dieselfde.  Maar die kitaarspeler weet iets is nie reg nie, iets is af.  Dit help ook nie om die snaar aanmekaar te knoop nie, die knoop gaan nooit hou nie en die geluide wat die kitaar maak gaan baie baie vals wees.  Jy kan die ding ook nie plak nie, geen gom is sterk genoeg nie.  Die enigste raad is om die snaar heeltemal uit te haal en ‘n nuwe in te sit.  En dan moet die hele kitaar weer ingestel (getune) word, sodat al die snare weer saam kan speel en musiek maak, wat reg sal klink.

broken-string

So is dit dan ook in elke mens se lewe.  Soms is daar ‘n snaar wat breek.  Aan die begin kom niemand dit agter nie, ons speel die note wat nie daai snaar nodig het nie.  Dan probeer ons die gebreekte snaar las en plak, maar helaas, ‘n gebreekte snaar sal net nooit weer in harmonie met die res saamspeel nie.  Die tyd kom aan om die snaar uit te haal en ‘n nuwe in sy plek te sit, selfs hierdie is nie so groot storie nie en vining het ons weer ‘n kitaar wat “reg lyk”.  Nou die tuning – daar is waar die tameletjie lê, daai snaar moet nou leer om met al die ander snare in ons kop saam te speel, dit moet getune word.  En al die ander snare moet ook getune word om die nuwe snaar te aanvaar.  Na ‘n bietjie van ‘n gesukkel, kan ons weer musiek maak.  Musiek wat nie net reg lyk nie, maar reg klink vir die kitaarspeler en almal om hom.  Musiek wat vir ander ook plesier kan verskaf.

Tot die volgende snaar breek.

 

 

Vakature

Nou ja, wat kan ek sê.  Hier’s ek weer, hier’s ek weer, met my rooi rok voor jou deur …… Ek wil jou hê…. En dan wanneer ek jou kry, dan hardloop ek so vining weg dat jy net ‘n kak stofstreep sien.  Ek het klaar besluit om die hele fokken storie van hierdie verhouding crap op excel te sit en dan te analiseer.  Ek is goed met excel en baie kak sleg met verhoudings.  Maar nog voor ek die excel resultate gesien het, het ek klaar besluit om te luister wanneer almal sê ek is nie reg vir ‘n verhouding nie.  Ek gaan nou ‘n span saamstel.

Lede van die span:

  1. Danser – Ek like dans en dan veral vasdans, maar nie net sommer so skoffel skoffel om die dansvloer nie, nee die perd moet moves hê.  Draai en spin, in en uit.  (Ek dink ek het die dude gevind vir die 1, hy het ‘n girl in die DRC, so geen verhouding kan vanuit die danser se kant be-oog word nie)
  2. Lover – Ek like seks (sorry tannies) maar dit bring gewoonlik gevoelens mee, so ek het ‘n dude nodig wat emotionally unavailable is en ek moet dit weet en ook emotionally uninvolved bly (Dink ek het die dude ook opgeline)
  3. Handyman – Nou ek het goeters om gedoen te kry in die huis en so lief soos ek vir powertools is, het ek nie altyd die tyd of kennis om alles self te doen nie.  Ek is dan ook nog by alles suinig, so ek moet behoorlike discount kry sonder om op ander maniere hoef te betaal.  Nou die perd moet weet hy is ‘n vriend en niks meer nie, maar nog steeds genoeg van my hou om die discount te gee. (Die een is ook reeds aangestel)
  4. Vriend – Vroumense het partykeer nodig om dinge uit ‘n man se perspektief te sien, so hier het ek iemand nodig om eerlik te wees met my.  Hy moet ook oor meer as net die weer kan praat (Lankal gesê beste vriend is manlik)
  5. Funksieman – Iemand wat kan saamgaan na funksies toe, so hy moet ‘n bietjie van ‘n looker wees, moet ook intelligent kan gesels met my en ander mense.  Bowenal moet hy bereid wees om my te vergesel sonder om my huis toe te wil sleep na die tyd, so hy kan nie te veel drink nie, net genoeg om sociable te wees.  Hy moet ook op kort kennisgewing beskikbaar en bereid wees.  Baie funksies is saam met die kinders, so hy moet my ouderdom wees. (Hierdie is my vakature, stuur CV’s met kwalifikasies en ondervinding ASAP)

Al 5 spanlede moet weet hulle is deel van ‘n span en sal nie alle bg. take by hulleself kan verrig nie

Alle spanlede moet verkieslik nie saam in dieselfde vertrek bymekaarkom nie, dan is die hel los

Belangrikste – Ek moet onthou ek het die span aangestel om verskillende funksies te verrig en nie deurmekaar raak met wie doen wat nie.

Gee en ontvang

My bydrae tot hierdie week se uitdaging vanaf Hester https://hesterleynel.wordpress.com/2017/08/31/le-jou-eier-gee-en-ontvang-2/

Ek het so ruk terug die boek “The 5 love languages” deur Gary Chapman gelees en alhoewel dit al in 1995 geskryf is, het dit waarhede in, wat op bykans elke verhouding betrekking het.  Ter opsomming, daar is 1 van 5 maniere waarop elke persoon liefgehê wil word (natuurlik kan dit ‘n kombinasie wees, maar daar is altyd 1 wat meer dominant as die ander is)  En as jy kan weet watter 1 jou maat/kind se liefdestaal is, maak dit die lewe baie makliker.

Die 5 liefdestale:

  • Geskenke
  • Kwaliteit tyd
  • Woorde van bevestiging
  • Dade van diens
  • Fisiese aanraking

Ek is iemand wat dade van diens die hoogste stel, as iemand vir my iets doen, sonder dat ek hoef te vra, is dit die ultimate.  Dit beteken dat jy vir my kan sê soveel jy wil dat jy lief is vir my, geskenke by dosyne kan aandra, diep in my oë kyk en gesels vir ure en my amper dood kan druk, ek sal nie glo jy is lief vir my totdat jy iets doen nie.  Meeste van ons gee dan ook eerder liefde in die manier wat jy liefgehê wil word, pleks van in die manier wat jou maat verkies.  En dan begin die probleme.

Gee vandag ‘n stukkie van jou tyd, vul die quiz in en kry jou maat om dieselfde te doen.  Jy sal soveel waarde ontvang daaruit.

book-stack

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.