Wanneer

Wanneer die hartseer oor jou wange op die keyboard drup sommerso in jou kantoor, sodat jy jou deur moet toemaak, dan weet jy dis alweer sulke tyd.  Tyd om jou baas te bel en te vra vir nog ‘n personal day, jou goed te pak en liewer by die huis verder te gaan tjank.

Ek wil rerig graag ok wees.  In die oggend wakkerword en eerder die voëltjies hoor sing as om die duvet oor my kop te trek.  In die aande huis toe gaan met die blye verwagting om in iemand se arms vasgehou te word en die dag se moeilikheid by die voordeur te kan los, eerder as om ‘n klompie drinks te drink by die local pub.  Weer te kan begin uitsien na naweke, eerder as om te wonder wat om te doen om besig te bly.

Ek is nie ‘n alleenmens nie, hou daarvan om te kuier en te lag, te gesels oor belangrike en onbelangrike goeters.  Goeters te doen soos ski, scuba en met die Harley te ry.  Soms op die bank te lê en tv te kyk of te lees.  Ek mis dit om Sondag-oggend wakker te word en ons besluit om net die kamerdeur toe te maak, tv te kyk en heeldag liefde te maak.  Ek dink nie ek mis die X meer so baie nie, wel die lekker van goed saam doen, net onsself wees, daai saam lê in die bad met ‘n glas rooiwyn en gesels.

Ongeduldig is ek ook.  Wanneer gaan ek weer soos myself voel?  Wanneer gaan my hart ophou seer wees?  Wanneer gaan ek oor hierdie fokop kom?

Fokkit, darem gaan ek volgende week uiteindelik die berader sien, miskien kan hy my sê.

Advertisements

Blok, delete

Is daar iets wat my meer irriteer as fake?  Fake mense, fake goeters, tot musiek wat deur iemand gesing word wat nie original is nie.  Ek dink nie so nie.

Nou facebook is fake, daar sien mens net hoe lief mense vir mekaar is, terwyl jy weet dat hulle soos kat en hond baklei.  Daar sien jy hoe mense allerhande shit kan pos en as hulle genoeg likes kry, dit actually begin glo.  Tot die fotos is fake (meestal).  Nou is daar hierdie 1 vrou wat besluit het dat sy net verhewe bo die res is en kan comment wat sy wil op almal se posts.  En dan self sulke neerhalende ou spreekwoordjies en stuff kan post.  Fokkit dit irriteer my.  Blok, delete

Ek wens partykeer dit was so maklik om mense in die regte lewe ook te blok en delete.  Daai mense wat so goed prober doen, die shit wat hulle vra: “Het jy nou al ‘n boyfriend?”  NEE fok, ek soek nie ‘n boyfriend nie, hulle is werk.  Of “Is jy olraait?”  NEE, ek is nie, my x is half-gay en ek is wragtig nog steeds lief vir hom.  Maar mens kan seker nie die waarheid praat nie, nes op facebook, Hoe gaan dit? was nog altyd ‘n retoriese vraag waarvan niemand regtig die antwoord wil hoor nie.  Gevra uit ordentlikheid.  En wat as ek hulle eendag die waarheid vertel?  Dan blok en delete hulle my.

Onthoukis

Ek sien Cat Stevens kom Suid-Afrika toe. Nou gaan die onthoukis oop:

Ek het vroeg-vroeg in my lewe al by die Spur in Klerksdorp begin werk, gelieg oor my ouderdom van 14 en ‘n waiter geword. Nou my ma en pa is geskei toe ek so 10 was en sy skamele onderhoud en haar karige salaris het net-net gesorg vir kos en ‘n dak, so geld vir luxuries was daar net nooit gewees nie. Nuwe klere het ons 2 keer ‘n jaar gekry en dan ook net die allernodigste. En dit is net nooit goed genoeg vir ‘n modebewuste standerd sewetjie nie, so ek het toe begin werk oor naweke. Vrydae-aande, Saterdae-aande en Sondae na kerk. Dit het toe darem betaal vir die klere wat ek wou hê en later my eie hi-fi.

Nou Sondae na die ergste rush, so 3 uur se kant, was lekker stil in die Spur. Dan het almal hulle klaar trommeldik geëet en hulle gaan vang ‘n middagslapie. Ons moes natuurlik wag totdat ons skof verby is, voordat ons kon huis toe. Dan het die bestuurder, EJ, altyd vir Kat Stefaans se tape ingesit en wanneer die een kant klaar is, hom omgedraai en die ander kant gespeel. Oor en oor en elke Sondag. En die sewe soorte hel was los as daai tape nie daar is nie (gewoonlik weggesteek deur 1 van ons). Mettertyd het ou Kat Stefaans op my begin groei, en ek dink seriously om na die konsert te gaan.

1 van EJ se favourites

 

Hooked

Ek het lank gewik en geweeg of ek diè moet pos, of liewerste net moet stilbly sodat almal dink ek is mooi soet.  Gelukkig ken mense nie my regte naam nie, so ek kan seker pos wat ek wil.  Nou so neuk ek en E al ‘n rukkie aan, maar dit voel asof hy in die vrindskaprigting gaan en ek in die verliefdheidsrigting en sowaar die vet weet, ek kan nie my hart gebreek kry 2 keer in 1 jaar nie.  So ekke moes besluit om te begin date (vandaar die Tinder ding), maar soos baie duidelik uit my blogs gesien kan word sukkel ek blykbaar vreeslik.  En ek was nog altyd iemand wat gesê het ek doen nie seks op ‘n eerste date nie, ook nie ‘n 2de of derde een nie.  Vir my moet daar liefde wees.

Die probleem hiermee is, dat ek en die X nooit ‘n probleem in die bed gehad het nie.  En dat ek geleer het dat seks vrek lekker is, maar my ou beginsels keer my.  Ek het ook nog nooit ‘n “one-night-stand” gehad nie.  So wat nou gemaak?  Ek is ‘n bietjie van ‘n addict en die wikkelwurm is maar net nie dieselfde nie.

Die 1ste keer toe ek by ‘n paar fb singles groepe aangesluit het, het ek vir J raakgeloop. Nou J is 28 jaar oud, maar glad nie skaam om te sê hy is heeltemal bereid om hook-ups te doen nie.  Nou ek moes weereens bietjie Google oor die ding.  Blykbaar is dit seks sonder emotional attachment vanaf enige van die partye.  En toe ek net geskei is, het ek dit toe probeer.  En dit was regtig goed.  Hierdie laaitie gaan eendag ‘n vrou VERY gelukkig maak.  Daar is min wat so omgee oor presies wat die ander party wil hê en nodig het as hy.

Toe ek en die X weer bymekaar uitkom het ek en J mekaar nie meer gesien nie.  Maar soos genoem was die seks nooit ‘n probleem met X nie.  Nou is dit meer as ‘n maand van droogte.  Intense droogte en as ek daarby sit die hele storie met E (ek wil net weet hoe slaap ‘n man langs ‘n vrou en raak net glad nie jags nie??  Fokkit), het ek besluit om maar weer vir J te kontak.

Man o man, blykbaar is dit soos fietsry.

Toggie

Laas week was mos Vrouedag, met die het ek toe nou maar Donderdag en Vrydag ook af gevat.  Die idee was om op die bike te klim en net te ry.  Dalk ‘n paar fotos te neem om bokant my bed te hang (die depressing spasie waar die troufoto’s was raak nou te veel) So vra ek vir E om saam te ry, ek is mos nog ‘n beginner biker en voel nie heeltemal gemaklik om alleen te ry nie, dit sou ook die 1ste keer wees op die N1.  En hy het allerhande stories.

Sidetrack – E is die ou waarmee ek die X verneuk het gedurende die 1ste opmaakslag (1 van my 1ste blogs) en ons is nou vriende.  Eintlik bietjie meer…  Maar hy is ‘n geswore bachelor, met sy eie dinge wat my gewoonlik nie insluit nie.  Eintlik het hy nie tyd of lus vir ‘n girl in sy lewe nie.  So ons doen goeters saam wanneer hy so voel en goeters alleen wanneer hy so voel.

Nietemin, hy was nie lus nie.  So toe vererg ek vir my en klim op die bike.  Eers so bietjie geprokrastineer want ek is eintlik skuitbang vir die ding, maar eindelik opgeklim, met 1 van my stemmetjies wat sê: ‘Ry net tot by die brekfisplek en kyk dan of jy op die highway wil klim”  Ek ry toe met rugsak agter opgestrap en my handsak op my rug.  Omdat ek so lank gevat het om op te klim was brekfistyd toe ook al verby en ek klim toe nou maar op die N1 Noord, Warmbad se kant toe.  Daar is seker niks so lekker nie, maar niemand het my vertel hoe styf ek gaan moet vasklou sodat die wind my nie afwaai nie en dat dit gaan voel asof ‘n properse ruk-en-pluk dokter my nek beet het nie.

Toe ek so naby Zambesi afrit kom, is my gat al lekker seer en ek is vrek lus vir rook.  Toe word Warmbad-planne, Cullinan-planne.  Nou ek was al naby Cullinan, maar nog nooit daar nie.  Nou moet ek deur tolhek.  Daar gekom laat ek summier vir bike vrek (en die karre dam agter my op), toe sukkel ek om die handsak van die rug af te kry en moes die tolbooth lady maar self vir beursie uithaal (meer karre agter my).  Eindelik het ons vir kaart uit beursie uit en handsak terug op rug.  Vrek en toe moet ons iets met kaart doen.  Tolbooth lady moes toe maar deur die venster leun om te help om kaart in baadjie sak in te kry.  Met ‘n vriendelike “Happy Woman’s day” van haar af, het ek uiteindelik die bike aan die gang en daar gaat ons weer.

Happy belated Woman’s day

Bloggers en blogging

Eerste wil ek net sê dat ek absoluut fokkol weet van blogging, die bietjie wat ek weet, het ek maar so opgetel deur te lees wat ander mense skryf en hoe hulle skryf.  Ek het begin blog na ek so paar van Strooimeisie se goed gelees het en besef het dat ek hier uiting kan gee aan wat ek voel, sonder om my eie naam bekend te maak.  Ek het nie veel vriendinne nie en vinnig het ek agtergekom dat hierso ‘n klompie van “my” mense skryf oor enigeiets en alles.  Van heel ernstig, tot grappies post of net saamgesels.  Dankie daarvoor.

So behalwe dat ek tuis voel hier tussen “my” mense, het ek ook agtergekom dat ‘n klomp van die skrywers issues het, baie van dit groter as my issues.  Dit het my laat besef dat ons almal maar ‘n masker ophet wat ons aan die wêreld tentoonstel.  Maar ook die ouens met groot issues, sien ‘n berader.  Nou ja – ‘n berader of sielkundige is vir my ‘n volksvreemde ding.  Om my diepste gedagtes met iemand anders te deel (behalwe hierso) was nog altyd vir my ietwat van ‘n challenge, maar die ouens hier wat moedig voortveg om hulle issues te oorkom, het my laat besluit om iemand te bel.  Vandag nog. En ‘n afspraak te maak.  En daarby te hou.  Dankie daarvoor ook.

Ek dink dit sal great wees om iemand anders se perspektief te hoor oor al die goed wat in my kop aangaan.  En hopelik ‘n klein bietjie clarity daaroor te kry.  Sodat ek kan aangaan met my lewe.  Want ek wil regtig aangaan, maar ek dink ek het die truth en reconciliation committee nodig om al my verskillende stemme vir eens met mekaar te laat praat.  En te besluit watter 1 van hulle ek nou eintlik is.

My lysie van stemme op die oomblik:

  • Bright-eyed dromer
  • Realis
  • Slet
  • Ma van 2 kinders
  • Flirt
  • Besigheidsvrou
  • Manager van ‘n span mense (ma van nog kinders)
  • Bitch
  • Lover

Beste beskrywing van my:

I hate the world today
You’re so good to me
I know but I can’t change
Tried to tell you
But you look at me like maybe
I’m an angel underneath
Innocent and sweet
Yesterday I cried
Must have been relieved to see
The softer side
I can understand how you’d be so confused
I don’t envy you
I’m a little bit of everything
All rolled into one
I’m a bitch, I’m a lover
I’m a child, I’m a mother
I’m a sinner, I’m a saint
I do not feel ashamed
I’m your hell, I’m your dream
I’m nothing in between
You know you wouldn’t want it any other way
So take me as I am
This may mean
You’ll have to be a stronger man
Rest assured that
When I start to make you nervous
And I’m going to extremes
Tomorrow I will change
And today won’t mean a thing
I’m a bitch, I’m a lover
I’m a child, I’m a mother
I’m… Full lyrics on Google Play Music

 

X’s en O’s

X het ‘n girl, nogal iemand wat haarself een van my vriende genoem het vir ‘n rukkie. Nou as ek wou nasty wees, het ek vir hom ‘n whatsapp of epos geskryf en ek moet my vingertjies behoorlik in toom hou om dit nie te doen nie.  Hier is hoe dit sou lyk:  “Ek is bly vir jou en GF, nou ‘n beursie kan seker lyk soos ‘n lamppaal, dit moet seker net effektief kan betaal (het jy al begin om haar te maak betaal vir alles?)  En anal is seker beter as die girl nie tiete het nie, dan vergeet jy makliker dat jy nie besig om ‘n man te spyker nie

Vieslik?  Ek weet.  Nasty?  Ek weet.  En dis hoekom ek dit nie gaan stuur nie.  Hulle moet maar hulle eie heil uitwerk, ek is net bly dat ek nou eventually finaal moet besef presies hoe stupid ek vir 7 jaar lank was, hoeveel jy my gebruik het tot daar niks van my oor was nie en dat jy dit weer sou doen as ek jou sou toelaat.  Ek voel jammer vir haar, baie jammer, maar miskien sal sy gelukkig wees daarmee om jou beursie te wees en jou substitute vir ‘n gay verhouding, net omdat jy skaamkry vir die stigma, nie omdat dit nie is wat jy eintlik wil hê nie.

Nou moet ek net beheer kry van die uncontrollable crying wat my so elke nou en dan beetpak en sommer net aan die huil laat gaan.  Dit gebeur dan ook gewoonlik in openbare plekke soos restaurante en pubs.  Saam met uncontrollable crying, gaan roekelose gedrag soos karaoke, dans op tafels of hang aan vreemde mans.

Fokkit

Date2

Effens siek (en nie net in die kop nie) besluit ek toe om op baie kort kennisgewing vir J te ontmoet by ‘n kuierplek.  Nou J is ‘n ou wat nogal status in die lewe het(of veronderstel is om te hê), siende dat hy ‘n investment banker is.  Daar aangekom is J so 2cm korter as ek (lees moed sak al klaar in my skoene), hy koop vir my ‘n drankie, ons gesels so bietjie en toe sê hy ek moet hom gou verskoon.

Nou gewoonlik beteken dit iemand wil badkamer toe gaan, nie die keer nie.  Ek staan by die bar alleen en elke ou dink by homself “nou is die tyd”.  Na so 20 minute, begin ek rondkyk wat dan nou van J geword het.  Hy kom daar aan net toe so ander perd dink hy moet nou ook maar ‘n geselsie aanknoop, J gryp sy drank en verdwyn weer.  10 minute later daag hy weer op en ek vra waarheen hy verdwyn het.  Die antwoord – hy het gaan pool speel want hy’t gesien ek is besig.  Toe dans ons 1 dans en hy sê daarna, sal ek hom weer verskoon.  Toe is hy weer weg, waarna ek my handsak gryp en in my kar spring en huis toe jaag.

Die dating ding gaan duidelik nie te goed nie.  Ek is seker J was op 2 dates en die ander girl was net so verbaas wanneer hy elke nou en dan verdwyn.

Date1

F is ‘n oulike ou, my ouderdom, stabiele werk,  2 seuns (nogal ‘n tweeling).  Toe ek hom sien, toe dink ek, nie bad nie.  Ons het lekker gesels ook, tot ons by die vraag kom: Wat doen jy vir fun?  En sy antwoord – kyk tv.  Aai.  Boring.  Hy’t dit seker in my gesig gesien, so die date was daarna gou verby.

En nou mis ek vir x alweer.  Gisteraand het ek vir F vertel dat jy my lewe gered het.  Ons het gaan duik en die regulator het gefail, 40m onder water.  Eers het ek gepanic, maar daarna was dit net saligheid, lig en borrels.  Toe ek wakker word was ek op die boot al en jy het my vertel hoe jy my weer laat asemhaal het, my hart aan die gang gekry het.  Ek kan nie verstaan hoekom nie, hoekom my lewe red en my hart daarna doodmaak?

Fokkit

 

Date

Nou hoekom hulle dit in Engels ‘n date noem weet ek nie, ek gaan mos nie op ‘n datum nie, eerder op ‘n afspraak, maar appointment klink of mens dokter toe gaan, so date is wat ek vannaand doen.

My vriend B het hierdie Tinder ding die anner dag genoem.  Nou die verhouding tussen my en B is so bietjie weird.  Hy word darem 30 die jaar en is die X se kleinneef, maar die slimste outjie wat ek ken, so dit was nog altyd ek en hy wat tot laatnag gekuier het, oor boeke en flieks en politiek en sommer als kan praat.  Nou’s ek van my storie af.

So Tinder – weet ook nie lekker hoe hulle by diè naam uitgekom het nie, die logo is ‘n vlammetjie, maar dan kon hulle dit mos flames genoem het, of burn of so iets.  Online dating site, waar jy na regs swipe wanneer jy iets sien waarvan jy hou en links as die looks jou nie geval nie.  En as julle altwee regs geswipe het, dan’s dit nou ‘n match en kan julle vir mekaar boodskappe stuur.

Harde werk hierdie online dating, veral as jou naels lank is en jy nie so lekker op die foontjie tik om mee te begin nie.  Nou B mag slim wees, maar hy’s ‘n ginger kind en het so 5 mense mee gepraat in die 6 maande wat hy besig is.  Ek het vinnig vinnig 50 regs-swipes gemaak en blykbaar hulle ook, so toe begin ons chat.  Nou is dit maar die gewone vrae, geskei, kinders, werk, ouderdom en en en

Nou ja gisteraand so 10 uur kry ek die “Hi” boodskap van iemand af, nie te onaardig nie, so ek hi terug.  En toe raak die gesprek wild, vinnig wild.  Ek het nie eers geweet wat al die goed beteken nie, moes maar vir google nadertrek.  Toe blok en delete ek maar die gesprek en die perd.  Sjoe

So omdat ek nie so lekker tik nie, is dit vir my makliker om iemand maar net erens te ontmoet.  Nou die 1 ou het my seker 100 keer gevra of ek soos my foto lyk, ander perd wou my lengte en gewig weet.  Nou ek weet nie so mooi nie, maar as die idee is om mense te ontmoet (dis nou fisies ontmoet), waarom op dees aarde sal jy nou lieg of jou fotos dokter?  Ek kry dit nie lekker klein nie.  Ok so in elk geval, ek gaan vannaand dan nou die ou ontmoet.  Ek’s senuweeagtig soos ‘n kind, kan nie onthou wanneer laas ek op ‘n date was nie.  Ek was mos maar my hele lewe, eers met die 1 man en toe met die ander 1 getroud.  Nou draai my maag lekker en ek hoop nie die ou is soos gisteraand se wilde 1 nie.

Sal môre van my datum vertel