Date

Nou hoekom hulle dit in Engels ‘n date noem weet ek nie, ek gaan mos nie op ‘n datum nie, eerder op ‘n afspraak, maar appointment klink of mens dokter toe gaan, so date is wat ek vannaand doen.

My vriend B het hierdie Tinder ding die anner dag genoem.  Nou die verhouding tussen my en B is so bietjie weird.  Hy word darem 30 die jaar en is die X se kleinneef, maar die slimste outjie wat ek ken, so dit was nog altyd ek en hy wat tot laatnag gekuier het, oor boeke en flieks en politiek en sommer als kan praat.  Nou’s ek van my storie af.

So Tinder – weet ook nie lekker hoe hulle by diè naam uitgekom het nie, die logo is ‘n vlammetjie, maar dan kon hulle dit mos flames genoem het, of burn of so iets.  Online dating site, waar jy na regs swipe wanneer jy iets sien waarvan jy hou en links as die looks jou nie geval nie.  En as julle altwee regs geswipe het, dan’s dit nou ‘n match en kan julle vir mekaar boodskappe stuur.

Harde werk hierdie online dating, veral as jou naels lank is en jy nie so lekker op die foontjie tik om mee te begin nie.  Nou B mag slim wees, maar hy’s ‘n ginger kind en het so 5 mense mee gepraat in die 6 maande wat hy besig is.  Ek het vinnig vinnig 50 regs-swipes gemaak en blykbaar hulle ook, so toe begin ons chat.  Nou is dit maar die gewone vrae, geskei, kinders, werk, ouderdom en en en

Nou ja gisteraand so 10 uur kry ek die “Hi” boodskap van iemand af, nie te onaardig nie, so ek hi terug.  En toe raak die gesprek wild, vinnig wild.  Ek het nie eers geweet wat al die goed beteken nie, moes maar vir google nadertrek.  Toe blok en delete ek maar die gesprek en die perd.  Sjoe

So omdat ek nie so lekker tik nie, is dit vir my makliker om iemand maar net erens te ontmoet.  Nou die 1 ou het my seker 100 keer gevra of ek soos my foto lyk, ander perd wou my lengte en gewig weet.  Nou ek weet nie so mooi nie, maar as die idee is om mense te ontmoet (dis nou fisies ontmoet), waarom op dees aarde sal jy nou lieg of jou fotos dokter?  Ek kry dit nie lekker klein nie.  Ok so in elk geval, ek gaan vannaand dan nou die ou ontmoet.  Ek’s senuweeagtig soos ‘n kind, kan nie onthou wanneer laas ek op ‘n date was nie.  Ek was mos maar my hele lewe, eers met die 1 man en toe met die ander 1 getroud.  Nou draai my maag lekker en ek hoop nie die ou is soos gisteraand se wilde 1 nie.

Sal môre van my datum vertel

One thought on “Date

Leave a comment